Bekroonde aktrise neem eie lewe

Die bekroonde aktrise Shoki Mokgapa het Dinsdagaand haar stryd teen kliniese depressie en angs verloor. Foto: Facebook

Die aktrise Shoki Mokgapa, wat bekend was vir haar rol in die trefferfliek Sink, het Dinsdagaand haar jare lange stryd teen depressie en angs verloor toe sy haar eie lewe geneem het.

Die fliek Sink het Donderdagmiddag die aankondiging op sy Facebook-blad gedoen. Mokgapa, wat in 2015 as beste aktrise op die kykNET Silwerskermfees aangewys is vir haar rol as Rachel in die rolprent, was 34.

Op dieselfde fees is Sink vir nege pryse benoem, waarvan hy vyf gewen het.

“Sy was ʼn dapper vrou wat hulp gesoek het,” lui die aankondiging, “maar dit blyk die siekte was sterker as sy.”

Volgens die blad is haar naasbestaandes tans saam waar hulle oor haar rou en haar begrafnis beplan. “Hulle vier hul dogter en waardeer die liefde wat haar aanhangers en tydgenote aan haar betoon het.”

Vanessa Morey en Shoki Mokgapa by Maroela Media se Buitebioskoop in 2015. Foto: Maroela Media

Mokgapa het haar debuut tien jaar gelede as ʼn persoonlike assistent in die reeks The Lab gemaak, maar haar loopbaan het sedertdien die hoogtes ingeskiet, het Nashoba Billy van haar bestuursagentskap, MLA Talent Agency, gesê.

Mokgapa het ook onder meer ʼn Safta vir haar vertolking van die rol van die huishulp in Sink gewen.

’n Gedenkdiens word vir Dinsdag 2 Oktober beplan. Die plek is nog nie bekend gemaak nie.

Huldeblyke stroom sedertdien in op sosiale media. Clive Morris Productions skryf: “Ons is uiters hartseer om te verneem van die heengaan van Shoki Mokgapa. Almal by CMP was mal daaroor om saam met haar te werk en ons gaan haar baie mis.”

Die aktrise Tiffany Barbuzano het getwiet: “Jy was van sterre gemaak, liewe @ShokiMokgapa. Rus in vrede; wees vry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johann cb ·

Ek ly 59 jaar aan depressie! Dit is nie nodig om jou lewe te neem nie! Daar is baie wat bereid is om te help! Dan moet jy egter bereid wees om jouself te help!

Snip Joburg ·

Party mense Kom tot op n punt waar hulle net Ni meer Kan Ni. Al Di medikasie, berading en liefde Kon my sister Nie keer Om n einde aan haar lewe the maak Ni. Almal is Nie sterk genoeg Om hulle omstandighede te between Ni. Ek voel Vir haar en haar families . Rus in Vrede.

anneli ·

Aag, hoe jammer kry ek hierdie vrou, en die duisende mense wat aan depressie ly. Ek weet, ek weet. Ek sit ook elke dag my dapper gesig op, maar niemand weet hoe moeilik dit is om elke dag die lewe in die oe te kyk nie. My hart gaan uit vir haar familie. Weet net, dit is ‘n siekte wat die gemeenskap nie verstaan en nooit sal verstaan tot dit hul self oorkom nie. My innige simpatie. Die hoogste bome kry altyd die meeste wind! Moenie oordeel nie.

Jenny ·

Johann, moenie oordeel nie. Jy weet nie waarmee sy gewoed het nie.

Hannelie ·

Johann ek stem glad nie saam met jou nie. Jou depressie is dalk nie “major” nie, daarom kan jy daarmee “deal”. Party mense kan net nie en wil net nie praat nie. Ek weet waarvan ek praat…..my broer het homself geskiet op ‘n jong ouderdom.

Tokkolos ·

Aiai depression is niemand se speelmaat nie
Vieslike siekte wat enigeiemand kan tref
Ek het jou nie geken nie maar meegevoel met familie en vriende
RIV

Hans ·

Kry hulp vir depressie en angs – dit is glad nie ‘n skande om hulp te kry nie!

Botterblom ·

Hulp kry is nie altyd ‘n krises nie, behalwe as jou finansies dit nie toelaat nie. Mens dink terug aan al daardie psigiatriese pasient wat dood is :-( tydens hulp soek by staatinstansies. (My vriendin vrees om hul te gaan soek, want sy moet daar opgeneem word). Die ander krises is jou familie en kollegas. Jy het nou ‘n “swakpunt” en soos my eie ma al jare sê; dit in my kop en ek moet daaroor kom. Wie lus vir iemand wat moeg en lusteloos is, so ‘n masker is die oplossing. Glimlag op die regte tye ens. En as jy nou en dan ‘n uitbarsting(weens opkropping) kry is jy mal of nie lekker in jou koppie nie of of of…. die samelewering versmoor en vermoor jou… jy word in ‘n boks geplaas, soms jou kunssinnige vrygees persoonlikheid in ‘n stywe uniform geplaas. Jy mag nie jou kunsbeeld uitleef nie, dan is jy weird… angs bou op en jy gaan dood…

Ek ·

Botterblom jou beskrywing is SOOOOO waar….maar kom ons maak dit ons missie om die vooroordele af te breek!!!

VanAfrika ·

Ai, dis so finaal, net jammer party mense kan nie die demon baas raak nie. Jammer vir haar familie en vriende. As mense wat depressie het net wil praat, daar skyn altyd n lig aan die anderkant van daardie donker gat en daai liggie se naam is Jesus. Moenie die duiwel die glorie gee nie, staan op en pot hom n bloed neus.

DS ·

Johann cb moenie oordeel nie. Jou “fight” was nie haar “fight” nie. Elke mens baklei op sy eie manier ewe hard party is “sterk” genoeg om te “cope” ander nie. Selfs met hulp en medikasie is die monster te oorweldigend vir party mense. Rus sag Shoki nou het jy vrede.

Velma Venter ·

Ai, hoe hartseer. Depressie is ‘n aftakelende siekte. Haar donker gat was net te diep en die randte te glad om uit te klim. My innige simpatie aan haar familie en vriende. Ek verstaan waar sy vandaan kom. Soms is die donker net te veel.

Yolanda ·

Dit is so hartseer – Sy het ‘n uitstekende rol gespeel in die fliek Sink
RIV Shoki :(

Jacobus ·

Depressie is ‘n monster wat sy kop uitsteek wanneer jy dit die minste verwag; eendag was jy nog gelukkig en alles was positief in jou lewe en die volgende dag het die swart donker wolke oor jou gespoel.

In die begin het jy gedink jy is net moeg en oorwerk maar dit was maar net die begin van die monster se geboorte.

In Suid Afrika neem depressie met ongelooflike spoed toe onder alle bevolkings groepe, ouderdomme, sosiale klasse en geslag.

Dit is waar dat daar hulp en medikasie is vir depressie maar party mense is so emosioneel sensitief gesnaar dat geen medikasie of hulp sal help nie.

Om te praat oor depressie is ook nie altyd die oplossing nie, jou mededingers by die werk en op sosiale vlak sal en gaan dit teen jou gebruik tot hulle voordeel sonder enige genade of om te dink aan die gevolge van hulle aksies.

Dat ons as mense nie werklik die omvang en vernietigende eienskappe van depressie verstaan nie is waar; ek glo selfs dat menigte spesialiste depressie nie ten volle verstaan nie en dit is moeilik om vir iemand wat nog nooit aan werklike depressie gely het nie te vertel hoe die monster jou lewendig vreet.

Ekself moet die monster elke dag vir die afgelope 5 lang jare al in die oë kyk en elke oggend vir myself sê dat môre gaan ‘n beter dag wees.

What a joke! ·

Wel gese Jacobus…
Depressie laat jou in n donker plek wat min mense wil verstaan.
Sommiges spot jou en se ruk jouself net reg man of drink net n pil of dit is alles net in jou kop man! Min wil of kan verstaan dit is n veel dieper en meer gekompliseerde siekte as om dit eenvoudig net af te skud! Dit is so goed jy se vir n kanker pasient ag man word tog net beter!

Hartseer maar waar party mense kom op n punt waar hul geen uitweg sien nie hul weeg hul kwaliteit van lewe op en sien net donker aanhoudende angsbevange energielose dae van negatiwieteit en hartseer skuld gevoelens.
Als wat eens plesier was word net moeite….Jy word basies gevangene gehou in jou eie alewige moee en negatiewe gemoeds toestand.
Jy wens so vir net n greintjie plesier om van die goor gevoel af te kan ontsnap…

Glo my dit is nie n aangename siekte nie.
Medikasie en gebed en baie son vind ek help om die simptome te verlig wat andersins n hel van n lewe soms is…

Abbi ·

Is daar ooit werklike hulp vir depressielyers beskikbaar? Iemand wat verstaan wat jy regtig deurgaan en vir jou n maatjie wil wees , n klankbord vir die dinge waardeur hulle ook self gegaan het
Indien julle van sulke persone weet , lig my ook asb in. Ek is desperaat!

Essa ·

Jacobus, jou beskrywing van depressie kan soveel insig en begrip bring. Mense is so geneig om lyers te oordeel en te dink hulle moet dit net beheer en oorkom. Onkunde kan soveel skade doen. Sterkte vir jou met jou geveg teen hierdie monster.
My meegevoel met Shoki se geliefdes. Ek sal haar onthou vir haar rol in Sink; sien haar nog wegstap aan die einde …R I V.

honourable member ·

Dis baie hartseer. Depressie is nie enige mens se maat nie. Mens verstaan nie altyd wat hierdie mense deurmaak nie. Sterkte aan die familie en vriende.

PATTY ·

My innige simpatie aan haar familie. Hierdie siekte is rerig nie elke man se maat nie. Ek het vriendin wat daarmee saamleef vir jare al en ons is net haar klankbord en verstaan haar so goed. Party mense dink natuurlik sy “act” en is net te lui as sy die dag “af” is en nie kan werk nie. Ekself is aan die begin staduim van depressie maar sover help my medikasie, my maar mense rondom jou wat jou nie goed ken nie, is baie aanvallend en sarkasties as jy die dag nie jouself is nie. Ook net jammer dat sekere mediese fondse nie Depressie/Angs sien as chroniese siekte nie en die voordele daarmee aanpas nie. Die uitgawes op Dr besoeke en medikasie is baie in n maand veral as jy Sielkundiges maandliks moet sien. Sterkte met elkeen wat met hierdie “siekte” worstel.

Yolandi ·

Mense moet verstaan, op daardie stadium is jy nie in ‘n normale “state of mind” nie. Depressie is ‘n verskriklike ding wat jou gryp en nie sommer laat los nie. Jy voel verskriklik, jy voel niemand gee om nie, niemand het jou lief nie, jy voel verskriklik oor jouself en diep ongelukkig en soms baie angstig. Op daardie stadium WIL jy nie hulp hê nie, jy stoot mense weg, maar jy voel almal stoot jou weg. Dis so donker in jou kop en niemand kan dit verander nie. Jou probleme raak net te veel en jy voel dis nie die moeite werd nie, jy wil nie meer leef nie en jy gee nie om nie, want jy dink niemand gaan jou mis nie en jy wil net ‘n einde hê aan die horrible gevoel binne jou. Nogmaals, dis nie normale denke nie… mens sal dit nie verstaan totdat hul self daar is nie. My innige simpatie. Mense dink selfmoord is selfsugtig, maar daardie mense dink hul doen almal ‘n guns en dat niemand hul in elkgeval liefhet nie. Sterkte aan die familie

Tanya Crouse ·

Die ongedierte van depressie het te groot en te kwaai geword, en sy het nie meer die krag gehad om te veg nie. Bid vir haar familie en vriende.

Depressie ·

Depressie is n lelike ding. Ek het dit al hoeveel keer oorweeg, maar elke keer val iets voor. Dan werk wat nie afgehandel is, dan nuwe geboorte wat opkom dat jy nie jou kind/ers wil faal nie, en so gaan my lysie aan. Ek is so bang net vir daardie een dag wat ek nie meer kan nie. En so dink almal ek is ‘n baie sterk mens en kan alles hanteer.

Tania Heyns ·

Dagsê Depressie

Dankie vir jou kommentaar. Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Baie sterkte!

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.