Bekroonde SA kunstenaar sterf skielik

Linda “ProKid” Mkhize. Foto: Instagram

Medelye stroom in ná die dood van die bekroonde hip-hop-kunstenaar Linda Mkhize, beter bekend as ProKid.

Mkhize (37) is Woensdagaand dood terwyl hy by vriende gekuier het. Volgens ʼn verklaring van sy familie het hy ʼn ernstige toeval gehad en is paramedici ontbied.

“Paramedici het hul bes gedoen om hom weer te probeer bybring, maar sonder sukses en hy is om 20:38 dood verklaar.”

Verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars het intussen hulde gebring aan Mkhize. Sy debuutalbum, Heads and Tales van 2005, en die albums daarna, Dankie San in 2007 en Snakes & Ladders in 2009, het hom verskeie toekennings besorg.

Mkhize word oorleef deur sy vrou, Ayanda, sy driejarige dogtertjie, Nonkanyezi, sy ouers en broers. Sy familie het privaatheid versoek in dié moeilike tyd en gesê begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mags ·

Innige meegevoel aan sy geliefdes met hulle groot verlies. Baie sterkte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.