Bela-Bela-plaasmoord: ‘Ons sal nooit waarheid weet’

Ryno Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Ryno Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat Ryno Janse van Rensburg (39) Maandagaand buite sy huis op ʼn kleinhoewe naby Bela-Bela doodgeslaan is nie.

Maroela Media het vroeër berig een van Janse van Rensburg se medewerkers het sy liggaam Dinsdagoggend voor sy huis op die kleinhoewe in die Roodekuil-gebied gevind. Hy het veelvuldige kopbeserings gehad en is vermoedelik oorval toe hy Maandagaand by die huis gestop en uit sy bakkie geklim het.

Wilna Allen, Janse van Rensburg se suster, het aan Maroela Media gesê sy het omstreeks 20:00 Maandagaand vir die laaste keer met haar broer gepraat. “Hy het gesê hy het klaar gewerk en het pas die eerste groep werkers by hul huise gaan aflaai en was oppad om die tweede groep huis toe te neem,” het Allen gesê.

“Hy het heel normaal geklink, soos altyd. My broer was ʼn baie hardwerkende mens. Hy was nie die soort wat opdragte uitgedeel het en staan en kyk het hoe ander werk nie. Hy het ingespring en van vroegoggend tot laataand saam gewerk.”

Die kleinhoewe waar Ryno Janse van Rensburg vermoor is. Foto: Verskaf

Die kleinhoewe waar Ryno Janse van Rensburg vermoor is. Foto: Verskaf

Allen het gesê die familie is platgeslaan deur Janse van Rensburg se dood en weet nie wat die motief daaragter kon wees nie. “Sy selfoon is gesteel, maar ek weet nie of hy net vir ʼn selfoon vermoor is nie. Daar is soveel vrae en mens sal nooit die waarheid weet nie.”

Janse van Rensburg het die afgelope vyf jaar in die Bela-Bela omgewing gebly en ʼn plaaslike boer gehelp met sy boerdery en sy onderneming wat elektriese heinings op wildplase opgerig het. “Ryno kon alles doen. Noem dit en hy kon dit doen,” het Allen gesê.

“Hy was ʼn saggeaarde, liefdevolle mens. Hy sou homself tekort doen om ander te help. Sy medemens het altyd eerste gekom,” het sy gesê. “Hy was ʼn ongelooflike steunpilaar en almal was lief vir hom. Jy kon nie anders nie, dit was net die soort mens wat hy was. Hy het regtig diep spore in ons harte getrap.”

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se ondersoek na die moord duur voort. Janse van Rensburg is een van 11 mense wat reeds vandeesmaand in plaasaanvalle vermoor is.

Janse van Rensburg sal volgende week in Bethlehem, sy tuisdorp, begrawe word. Hy word oorleef deur Allen, sy ma, Issie Janse van Rensburg en broer, Rudi Janse van Rensburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Barbaarse Slapgat Lafaards wat mense sinneloos vermoor! Maar soos dit deeadae gaan is die ergste wat kan gebeur AS hulle gevang word is dat hulle “geskors” gaan word? DIS VOLKSMOORD en die blanke gemeenskap durf nie iets se of dien in reaksie want hey…dis.mos rasssities!

Oupa ·

Dís die eintlike waarheid! Dis gewone volksmoord. Die paar items wat gewoonlik gesteel word, is om die moorde na gewone misdaad te laat lyk, wat deur “onwettige immigrante” of werkloses gepleeg word.

AL ·

My innige simpatie met die naasbestaandes. Sy moord is net so sinneloos soos die ander boere wat werk skep vir die volk en n waardevolle bydrae lewer tot die ekonomie. God slaap nie, Hy sal op sy tyd afreken met hierdie bose varke.

Frik ·

Ek se dit weer en plaas die berig die keer. Wit op swart is Rasse aanval, swart op wit is n plaasaanval . Wie probeer die regering n rat voor die oe draai ( ander woord sou beter klink) . Dis blatante rasse haat aanval’, en beplan.

AL ·

Die onlangse skerp toename in plaasaanvalle kort voor Zuma se toespraak is n aanduiding dat geheime vergaderings en komplotte alreeds gesmee is. Vir die moordenaar leiers was Zuma se toespraak alreeds ou nuus.

Arie ·

Barbaars! En plaasaanvalle sal nooit stop solank die nuwe rassistiese party – die anc, regeer nie.

Catryn ·

Steun ‘n soewereine onafhanklike gebied sodat ons nie nodig het om so vermoor te word nie – indien daar ‘n beter voorstel is, noem dit, want daar is nie. Ten minste kan ons veiliger lewens en toekomse he … nou het ons niks, ons is reeds van alles gestroop.

Johannes Meintjes ·

Die groeiende nasionale erfenis en geskiedenis monument van reaktiewe polisieering. Wanneer gaan ons eendragtig vorder tot pro-aktiewe en voorkomende misdaadbeheer in die “gevorderde” Nuwe SA?

Elsa ·

ons is sat daarvan om te moet hoor hoeveel nou weer vermoor is, DOEN IETS

Nita ·

Jesus vergelyk sy volgelinge as skape. Loop in kuddes, raak verlore sonder n herder. Het jy al gesien n skaap val n ander dier aan en byt hom dood. Nee n skaap is n sagsinnige dier. So as iemand verwag dat ons skielik gaan begin mal gaan en ons op n wrede manier gaan begin wreek op swart mense oor hierdie barbaarse dade, dan gaan ons lank wag. Dis net nie in ons om dit te doen nie! Maar Satan loop soos n brullende leeu rond en verskeur die wat in sy pad kom. Hy en sy trawante.

SARIE VAN HEERDEN ·

Almal skree DOEN IETS. Ek het nou na baie jare waar ek besteel is vir my kamera’s in die huis laat installeer. Net die volgende dag kon ek mooi sien wat en deur wie GEVAT word. Natuurlik is daar teenargumente van verontskuldigings van WAAROM gevat en geneem is, maar ek het toe die skuldige maar gese ek sal haar bel as sy weer moet kom. Ek het haar NIE afgedank nie. Wat sy gister gevat het het ek teruggeneem. Teruggesteel is ‘n beter woord.
Ek het haar ingelig dat hierdie huis “security” het en alles bewys kan word.
DIS WAT EK GEDOEN HET.

SARIE VAN HEERDEN ·

DOEN IETS! EK HET. Ek het kamera’s in my huis geinstalleer en sommer die volgende dag die skuldige kon sien en konfronteer. Dis vasgele op ‘n band wat alles afneem en jy dit kan terugspeel. Kan iemand anders met ‘n beter voorstel kom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.