Bela-Bela vrou sterf jaar na gru-aanranding

Elzaan Smit soos sy gelyk het voor die aanval. Foto: Verskaf

Elzaan Smit soos sy gelyk het voor die aanval. Foto: Verskaf

Elzaan Smit (42), die vrou van Bela-Bela in Limpopo, wat verlede jaar buite ʼn kuierplek só erg aangerand is dat haar gesig vergruis is en sy een van haar oë verloor het, is in ʼn hospitaal in Polokwane oorlede.

Maroela Media het vroeër berig Smit is volgens die polisie buite ʼn taverne in die township, net buite die dorp, aangerand. Sy is die volgende oggend in ʼn sloot langs ʼn treinspoor gevind. Haar gesig was heeltemal vergruis, haar oogbanke, neus en kakebeen gebreek en haar kop was vol snywonde. Een van Smit se vriendinne het destyds aan Maroela Media gesê Elzaan kon niks van die aand van die aanval onthou nie.

Freddy Modikwe (27) is later in verband met die aanval in hegtenis geneem. Die Pos berig hy is in Februarie vanjaar tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op onder meer ʼn aanklag van poging tot moord.

Selma Versfeld, vriendin van Marcelle Smit, Elzaan se seun, het Vrydag aan Maroela Media gesê Elzaan is verlede week Woensdag in die waakeenheid van ʼn staatshospitaal in Polokwane oorlede. Volgens Versfeld het Smit die drie weke voor haar dood só erg agteruit gegaan dat sy glad nie meer kon loop, praat of eet nie.

“Die dokters het aanvanklik gesê hulle sou rekonstruktiewe chirurgie aan haar gesig doen om die skade te herstel, maar dit is om een of ander rede gekanselleer. Sy het baie uitgesien na die chirurgie omdat sy nie kon werk met haar gesig wat nog so gelyk het na die aanval nie. Dit was asof sy net alle hoop verloor het nadat hulle die chirurgie gekanselleer het en sy het net baie agteruit gegaan,” het Versfeld gesê.

Sy het gesê Smit is eers in die staatshospitaal in Bela-Bela opgeneem, maar sy is na ʼn week na die hospitaal in Polokwane oorgeplaas is omdat die hospitaal in Bela-Bela niks vir haar kon doen nie. By die hospitaal in Polokwane is sy met Guillain-Barré sindroom gediagnoseer, ʼn outo-immuun siekte wat lei tot spierverswakking, gebrek aan gevoel en uiteindelik verlamming.

“Sy is op asemhalingsmasjiene geplaas en was vir twee weke daar terwyl hulle probeer het om haar te behandel, maar sy is dood nadat haar lyf net ingegee het,” het Versfeld gesê. “Ek sal haar onthou vir die vriendelike mens en goeie ma wat sy was. Ons gaan haar verskriklik baie mis,” het sy gesê.

Die familie is steeds besig om die begrafnisreëlings te finaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Cherokee ·

Die moordenaar behoort herverhoor te word op aanklag van moord.

Saartjie ·

Waarom moet hy herverhoor word – Guillain Baré sindroom word veroorsaak deur ‘n virus en dit hou GEEN maar GEEN verband met die aanranding ‘n jaar gelede nie.

MissDemeanor ·

Saartjie, haar gesondheid is duidelik erg benaadeel deur daardie aanval. Haar outo-immuun siekte is heelwaarskynlik ‘n effek daarvan. Haar liggaam is so erg beskadig dat haar weerstands meganismes “haywire” gegaan het.

Jean ·

Saartjie, tensy jy HAAR dokter is kan jy nie so ‘n uitspraak maak nie. Haar gesondheid en immuunstelsel is afgebreek deur die verskriklike skok op haar sisteem agv die aanval. En almal weet VIRUSSE kry juis vatplek op iemand as hy ‘n verswakte immuunstelsel het. Ek wonder altyd of julle kommentaar dieselfde sou wees as dit julle familielid was wat so wreed aangerand is en gesterf het.

Magda ·

Ek hoop die Freddie Modikwe se saak word heropen en die aanklag verander na moord, want dit is mos nou moord…

Saartjie ·

Nee Magda, die aanranding saak het niks te maak met die Guillain Baré sindroom nie. GB word veroorsaak deur ‘n virus. GB is ook nie aangewakker deur die aanranding nie. Al was sy nie aangerand nie, sou sy steeds die siekte opgedoen het.

Vic ·

Die hospitaal behoort ondersoek te word en n saak gemaak te word – mens behoort nie te sterf van Guillain Barre sindroom met goeie sorg nie………

Ruby ·

Dit is verskriklik tragies en ek kan indink traumaties vir haar geliefdes, baie baie sterkte aan julle.

Candice ·

Ai sterkte an haar familie, dis baie erg. My ouma is 2 jaar terug dood na sy 15 jaar met dieselfde siekte geleef het, sy kon nie weer na dit behoorlik beweeg nie en een oggend haar bed opgemaak en haar voet het vas gehak an die bed en sy het geval en haar kop oop geval en toe dieselfde dag oorlede. Baie sterkte weereens in die pad voorentoe vir haar seun en familie.

Ronelle ·

Moenie Maruis Liebenberg se post ondersoek nie ek het verkeerd gedruk.stem saam hom hle moet die doodstraf terug bring want te veel mense gn dood of word gemoor

Carel ·

Wil julle regtig hierdie regering die mag gee om te kan dood maak?

Alida ·

Ag Marius bring jy die doodstraf terug as jy kan. Jy sal die hele SA se “hero” wees.

Saartjie ·

Die aanrander kan nie nou as moordenaar uitgekryt word nie. Guillain Baré sindroom is ‘n siekte wat enigeen van ons kan oorval en het niks met die aanval te doen nie. Dit is bloot toeval dat sy ‘n jaar na die aanranding GB sindroom opgetel het. Dit is dieselfde siekte wat die tandarts Tertius Bosch gehad het en waaraan hy dood is al was sy vrou later beskuldig sy het hom vergiftig. Sy vrou is later onskuldig bevind. Martelise Brink die bekende RSG omroeper het as kind ook Guillain Baré sindroom gehad en sy het uiteindelik in ‘n rolstoel beland. Sien dus asseblief die aanranding en die feit dat die dame ‘n jaar later GB gekry het as twee afsonderlike insidente. Sy kon ook nie GB kry agv die aanranding nie, want GB word veroorsaak deur ‘n virus.

Annelise ·

Saartjie, dit is reeds bewys dat auto immuunsiektes getrigger word deur trauma. Trauma veroorsaak dat die liggaam in skok gaan en homself dan begin aanval. Daar is baie nuwe navorsing daaroor, gaan lees bietjie op daaroor.

Zoey ·

Ag Saatjie, asseblief! Weet jy hoeveel dinge “trigger” trauma! Haar imuun was uiters geaffekteer asgevolg van die insident en daarop volgende behandeling wat sy moes ontvang. Die man is skuldig aan MOORD!

herculene ·

Saartjie en al die ander wat se sy is nie dood van due anranding nie ek dink dit is beter dat julle nie hier comment nie aangesien julle vir die ou wat haar angerand het stem…

DIE FAMIELIE HET RRG NIE JULLE NAGETIWE COMMENTS NODIG NIE SO HOU OP VIR DIE ANDER EEN OP KOM…
VIR ONDERSTEL OM BY MEKAAR TE STAAN

Mig ·

Saartjie waar het sy die virus opgetel? En wie het haar indirek hospitaal toe gestuur. Saartjie weet jy dat Staatshospitale is Sub standaard en n konsentrasie plek van Allerhande kieme en virusse. Dus as sy nie aangeval is nie sou sy nie i d hospitaal opgeeindig het nie…….. …kry my punt!

MM ·

MENSE LEES DIE BERIG BAAAAAIE MOOI, SY IS NIE DOOD AS GEVOLG VAN DIE AANDRANDING NIE.!!!!!!!!!!!!!!!

Se Net ·

Ek sal liewer stil bly in so n saak as jy geen ernstige hoofbeserings in jou lewe op gedoen het nie! Trauma is n vark! Hoofbeserings herstel nie net in n jaar nie! Dit vat jare en dan is daar nog baie ander probleempies saam met dit! Sy het deur hel gegaan! Jy sal nie weet nie want jy het nog nooit deur so iets gegaan nie. Dit is my 5 de jaar na n ernstige kopbesering en depresie skop nog in. Jy voel maar nog steeds nikswerd vir die sameleweing nie en ek self kan soms nie loop nie. Se liewer iets as jy self daar deur is. Die “vuris” kan van die hoofbeserings afkomstig wees. Se maar net…

Annie ·

Saartjie hou op om vir die beskuldige op te kom – sy saak moet nou verander word na moord – want dit het die siekte “getrigger”. Hulle moet doodstraf terug bring.

Vic ·

Annie, verduidelik tog asseblief biologies hoe die aanranding die virus siekte ge “trigger” het?

Johann ·

Mense; ons is vinnig om te se BRING TERUG DIE DOODSTRAF! Maar dink MOOI daaroor…die “wettige” mag om n lewe te neem in die hande van die ANC “regering”? Dink mooi!!!!!

Chrisjan ·

Die doodstraf sal in die mag van ons onafhanklike regstelsel wees, nie die anc nie.

m ·

Net jammer sy moes in staatshospitaal le. Wie weet dalk sou sy baie beter behandeling in Privaathospitaal kon kry….. Sterkte aan haar familie en vriende.

Ann-Marie ·

Trauma veroorsaak baie siektes. Ek hoop maar net die familie en vriende vind berusting met haar dood. Sterkte aan almal.

Alida ·

Shoe maar ons het baie mediese dokters vandag hier aan die praat. Die een wil slimmer wees as die ander !!!!

Die duh ·

Alida ek stem saam met jou . zama maak die land onregeer baar en sy polisie kan ons nie meer veilig hou in die land nie

Judy-anne ·

Siestog dit is vreeslik hoop sy rus nou in vrede dit is erg, xxx

Nita ·

Se net wat julle wil GB sindroom of te nie. Die vrou is wesentlik vermoor die dag toe sy so wreedaardig aangerand is. Ek hoop die polisie hou rekord van die mense wat weke of maande na hulle aangerand is, sterf. En dat die sterftes by die moordsyfer getel word.

Johan ·

Nee moet asb nie herverhoor vir moord nie dan kry hy dalk net 5 jaar!

Nikita ·

Saartjie, jy dink jy weet verskriklik baie van die sindroom. Wil my voorkom jy lees ook net dit raak wat jy wil sien. Sou sy nie deur die trauma gegaan het verlede jaar nie, sou sy steeds die sindroom gekry het? Ek twyfel. N gesonde gees, huisves n gesonde ligaam. Mag sy in vrede rus, en mag die moordenaar kry wat hom toekom

SêMaarNet ·

Cherokee, ek stem saam…
Of ten minste poging tot moord, want daardie vrou is so erg aangerand sy is vir die dood gelaat.
Weereens, dit is net te maklik om misdaat te pleeg in hierdie land van ons want kyk die belaglike vonnisse wat opgele word…

Hasie ·

Jy is reg Johan, die beskuldigde moet liewer nie herverhoor word nie. Sy straf kan dalk verminder word as hy vir moord skuldig bevind word.

Andrea ·

Ek het ook gewonder. Toe lees ek n berig van verlede jaar waar n vriendin verduidelik het dat die vermoorde nooit saam met vreemde mans na die township sou gaan nie. Die vriendin sê dus dat Elzaan soontoe gedwing is of soontoe geneem is nadat sy reeds bewusteloos was.

Berhalet ·

Dae soos vandag skaam ek my morsdood vir mense se onsensitiwiteit teenoor oorledenes se familie en vriende…

Gustav ·

Kry julle feite agter mekaar voordat julle enige negatiewe kometaar lewer.Julle het geen idee deur watse hel sy is nie

Foxi ·

Niemand……niemand sal ooit weet waardeur hierdie vrou gegaan het nie!
Al wat ek kan sê……..daardie vrou se liggaam het deur n vreeslike trauma gegaan.
Ek voel vir haar……..so jammer.

Gustav ·

Ek was 17 jaar met haar getroud.Julle almal wat die negatiewe goed skryf is regtig siek.Weereens kry julle feite agter mekaar.

Rapes ·

Gustav my innige simpatie vir julle, maar dit is nie persone wat onsimpatiek is nie. Indien die verslaggewer ‘n volledige berig lewer sodat die lesers nie hoef te wonder nie sal sulke misverstande nie voorkom nie.

Sam ·

Ek is jammer om dit te verneem, my innige simpatie aan al haar familie en vriende.
Kom ons werk gou die feite hier in vir die “slimmes” wat so van koers af is en met varke spek skiet of dan nou maar spekuleer.”
“Guillain-Barré syndrome (GBS) is a disorder in which the body’s immune system attacks part of the peripheral nervous system.” VERSEKER is haar PNS ( Peripheral Nervous System) BESKADIG deur die aanval.

What causes Guillain-Barré syndrome?
No one yet knows why Guillain-Barré — which is not contagious — strikes some people and not others. Nor does anyone know exactly what sets the disease in motion.

Nou kan julle bakleiers asb, ophou om rusie met mekaar te maak en dankbaar te wees dat JULLE ok is.

WEEREENS baie sterkte aan die hele familie , ek dink aan julle in jul hartseer tyd.

sybille ·

Die meeste mense kry Guillane-Barre in ‘n hospitaal, hospitale is berug daarvoor. Dus het sy nog steeds die siekte gekry agv die aanranding.

Corrie ·

Sterkte aan al haar familie,dit is so bitter hartseer. Mense wil hier klippe gooi maar weet nie wat regtig gebeur het nie. NO MATTER WHAT….n vrou is deur he’ll en haar mense treur oor haar ;( Dit is n skande dat mense so te kere gaan waar familie rou!!!! Gaan op jul kniee en dank die Vader julle kind,vrou of ma…..familie is veilig!!!Dankie Jesus dat U,U kind kom haal het dat sy nie verder moes lei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.