Bela ‘finale breuk tussen regering, Afrikaanse gemeenskap’

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. (Argieffoto: Kopano Tlape/GCIS)

Die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) is die finale breuk in enige vertrouensverhouding wat nog tussen die regering en die Afrikaanse gemeenskap kon bestaan het, het Solidariteit Donderdag gesê.

Dié omstrede wetsontwerp is danksy ʼn oorweldigende ANC-meerderheidstem in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) aanvaar. Dit volg kort nadat verskeie wysigings aan die wetsontwerp aangebring is, wat ʼn mate van mag aan skoolbeheerliggame oorlaat.

Tog plaas die wetsontwerp besluite rakende skole se taal- en toelatingsbeleid steeds grootliks in die hande van die regering. Dit beteken dat ʼn Afrikaanse skool, byvoorbeeld, moontlik stééds deur ʼn provinsiale onderwysdepartementshoof tot ʼn meertalige skool verklaar kan word.

Johnell Prinsloo, onderwysnavorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê Solidariteit beskou die wysigings – waaroor sommiges positief voel – bloot as ʼn “rookskerm om vyandige wetgewing wat Afrikaanse onderwys met aggressie aanval, deur te druk”.

Solidariteit is een van verskeie organisasies en groepe wat Bela uit die staanspoor teengestaan het en beskryf dit as ʼn blatante verbreking van die 1994-ooreenkoms waarvolgens beskerming van minderhede se taal en kultuur gewaarborg moes wees.

“Bela is niks anders as ʼn wapen waarmee Afrikaans as onderrigtaal uitgedryf kan word en waarmee raskwotas op skole afgedwing word nie.

“Terwyl die regering aanvoer dat beheerliggame sekere magte gaan behou, vervat dieselfde voorgestelde wetgewing bepalings wat direk na art. 9(2) van die Grondwet verwys wat spesifiek met ras in Suid-Afrika te make het.

“In hierdie geval is dit ons kinders se toekoms wat onder beleg is van die ANC en sy trawante. In wese is dít ook ʼn aanval op die regte van ʼn minderheid en ʼn totale verbreking van vertroue tussen groepe – of tussen ʼn meerderheid en ʼn minderheid,” sê Prinsloo.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, beskryf die aanvaarding van die wetsontwerp as ʼn “oorlogsverklaring teen ons [die Afrikaanse gemeenskap se] kinders”.

“Ons beskou dit as ʼn daad van aggressie en sal dit so hanteer.

“Ons oordeel die wet aan dít wat dit in die toekoms tot gevolg kan hê en nie aan die hand van huidige magsverhoudinge nie. Die hoof van die departement kan steeds riglyne gee om onderrig in meer as een taal te gee.”

Volgens Hermann sal Afrikaanse skole voortaan aan die genade van die regering uitgelewer wees.

“Faktore wat in ag geneem word, is gelykheid en billikheid ingevolge art. 9(2) van die Grondwet.

“Dit is dieselfde artikel wat rasseverteenwoordiging in werkplekke regverdig. Afrikaanse skole se toekoms kan bepaal word deur ʼn amptenaar se rasrekenaar. Tweedens moet die groeiende getal nie-Afrikaanse kinders in ag geneem word. Derdens kan die kapasiteit van die skool in ag geneem word. Vierdens moet die samestelling van die groter gemeenskap in ag geneem word.”

Hermann meen indien dié faktore op Afrikaanse skole toegepas word, sal geen Afrikaanse skool oor die hekkies kan spring nie.

“Al wat Afrikaanse skole gaan oorhê, is die genade van die amptenaar. Selfs die uitkoms van ʼn appèl is in die hande van ʼn amptenaar.”

In die lig hiervan verwerp Solidariteit die Bela-wetgewing in sy geheel.

“Solidariteit sal aan die regering kommunikeer dat die aanvaarding van Bela tot ʼn vertrouensbreuk met die Afrikaanse gemeenskap sal lei. Solidariteit sal ʼn omvattende veldtog, saam met onder andere AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, van stapel stuur om die Bela-wet polities te stuit en deelneem aan litigasie tot op grondwetlike vlak,” het Hermann gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

JohanR ·

Nou is die ANC kommuniste totaal in bevel van alle skole, onderwysers en studente. Kan nou begin om op jong ouderdom met breinspoeling…..Putin is ‘n goeie ou, Putin is ‘n goeie ou!

Danie ·

Ek het nie meer kinders op skool nie maar ek het kleinkinders en as hulle die Afrikaner wil uitdrywe dan sal ek self die wapen opneem as ek moet. My volk, my ras, my kultuur sal hul allenlik van my wegvat die dag as ek in n graf le.

skurweberg ·

Ons het dan so hard probeer!! Dis al wat ek oor hierdie katestrofe te sê het. Die ander kommentare sal wel volg. Dan praat ons weer.

Nettie ·

“en beskryf dit as ʼn blatante verbreking van die 1994-ooreenkoms”
“oorlogsverklaring teen ons kinders”
“Ons beskou dit as ʼn daad van aggressie en sal dit so hanteer.”

Regso. So hoekom ondersteun julle nie selfbeskikking nie?
Hoekom staan julle nie agter Louis Smuts se Afrikaner Akkoord hofsaak, vir uiteindelike selfbeskikking nie?

Leona ·

Nê! En so besluit die res van Suid Afrika dat dit reg is. Dankie tog die Wes Kaap se inwoners is nie aan die slaap nie.

Hendrik ·

Wat doen ons nou na die finale breuk? Gaan Afrikaners nog hierna deelneem aan die verkiesing?

SwartBees ·

Alles hierdie is die ver-etterde regering wat nie die vemoeë het om enige iets nuuts eerlik te bou nie. Dit bewys net dat hulle parasiete is wat bestaande infrastruktuur leeg suig.

capie ·

@ Leona Ja, dan moet ons eers die Weskaap onafhanklik kry en die DA sal dit nie vir ons doen nie.

Samuel ·

Dit is ‘n lae hou. Ek dink te min lede van die publiek het insette gelewer. My kleinkinders gaan nou geteiken word deur die kommuniste en die Christelike geloof en lewenswyse gaan ook in spervuur kom.

capie ·

Met die nuwe wetgewing, wat verhoed ‘n Afrikaanse leerder om by ‘n Engelse skool in te stap en te eis om in Afrikaans onderig te word?

Christian J M ·

Pienk Frikke Nobel prys !!
Dit is jou nalaatenskap[ — veraaier !!!

Michael ·

Begin ons eie onafhanklike skole boikot die anc skole herstel die kurrikulum na n aanvaarbare standaard en begin van voor af.

Janee ·

Maar het byna elke afrikaanssprekende gesin nie n paar jaar terug die kindertjies in engelse skole gesit?….om goed tweetalig te wees sien.! Hoekom kla ons dan?

Republikein in die Wes Kaap ·

Groot probleme buite die Wes-Kaap. Maar dis ook tyd dat alle rolspelers alternatiewe planne beraam vir openbare skole. Bespreek dít met die owerheid en laat ons sien wat gebeur. Afrikaanse groepe kla aanmekaar, maar moet beslis ook poog om nuwe modelle na die tafel bring.

Kokerboom ·

Dan is dit so Dirk. U grootste stryd is om Afrikaners te laat saamstem. Ons ondersteun u. Baie sterkte

Hendrik ·

Ons mooet maar erken deur ons gebrekkige weerstand teen verengelsig en geringe agting van ons moedertaal het engels die oorheersende greep op ons Afrikanerbevolking bekom. Daarom dan die lae betrokkenheid toe ons die afgelope maande insette kon lewer. Ons moet besef en ons sal dit waarneem die Afrikaner sal vanaf kinderdae in wese kommunisties gebreinspoel word!!!!

Goldy ·

Die verligtes was toe heeltemal verkeerd soos hulle altyd is.

koos ·

Onthou julle nog dat ‘n “oorweldigende ANC-meerderheidstem” zuma ook herhaaldelik in die parlement gehou het? Die huidige regime is toetaal onbevoeg om uit hulle verlede te leer.

Onnie ·

Orania klink glad nie meer so verregaande nie. Uiteindelik sal ons moet afstig en ons eie skole en gemeenskappe bou en bedryf – sonder die regering. Hoe meng jy vars eiers met vrot eiers en dink die omelet gaan lekker smaak?

Jaco ·

My gevoel is nie almal se koppie tee nie maar die skole het die op hulle self gebring as jou kind nie uitstaan in sport of akademies nie sukkel jy om hulle in ‘n staat skool te kry, wel dit is my ondervinding in Kaapstad. Dit is Mei en my dogter is nog op verskeie waglyste en geen sukses.

Daarom dink ek Bela is nodig die skool beheer rade dink hulle is die konings van die land en bring kinders van buite die gebiede in ten ek ste van die kinders wat by die skole bly

Aai ·

Jeugland is 3 jaar terug na deul medium verander glo nie daar is 50 afrikaans wit sprekendes oor in daai skool oor .Afrikaanse skole sal vinnig na engels verander julle sal sien.

Republikein in die Wes Kaap ·

Danie, 34 jaar gelede was ons jonk en fiks en kon baklei. Nou is ons te oud, met geen mag en wapens.

Lettie ·

Sterkte dr Hermann. Dis ‘n pê-wê poging. Kom ons vat hande en oorbrug die situasie. Ondersteun Solidariteit en Afriforum. Saam sal ons saakmaak. Onthou@

Republikein in die Wes Kaap ·

@Aai, ons kan nie terugstoot teen demografiese veranderinge nie. Dis nog net in hoë inkomste buurte waar Afrikaanse skole bly staan.

Elizabeth ·

Ons skool op die Weskus het ñ engelse klas vir elke graad. Is dit nie ñ oplossing nie? Ek stem egter saan dat Solidariteit die stryd enduit stry vir ons nageslag se onthalwe.

Pieter ·

Ek weet nie van julle nie, maar die breek is al laaaaaankal daar… Hierdie maak my nou net de dinges in want hulle tree nou opsetlik irriterend op om ons uit te lok. Hulle wil he ons moet optree soos ons voel en dan kan hulle mos pleit ons gee eerste klap en ons in monsters etc. Kyk my voorouers is al dekades oorlede en steeds word hulle dade BO my eie geplaas. So sal dit ook wees vir hulle!
Dit gaan nie oor vorentoe beweeg nie, dit gaan oor onderdrukking en toffie wys want hulle is bo en hulle het die mag… BIGOTS.

Pieter ·

Ons mag nie ons eie skole bou nie, en nie omdat hulle ons wil he nie. Dis duidelik dat hulle ons nie wil he nie. Maar eerder omdat ons hulle weer sleg sal laat lyk, want ons toffie nie rond nie. En so sal ons uitgesluit word, nie omdat ons net dink ons is beter nie, maar omdat ons weet ons is tot beter in staat…

Pieter ·

Hierdie dinge gebeur al ‘n ruk lank as jy kyk na die leuens wat kinders nou leer oor geskiedenis. Dis juis die probleem want selfs die kinders kom vra watter snot hulle leer.

Wakkerslaper ·

Ek verstaan nie – hoekom kla en kerm ons nou so? Ons wou dan so graag ‘n “demokrasie en reënboognasie” gehad het. Nou toe, nou het ons dit… so geniet dit.

Lemont ·

Solidariteit… jammer ek moet dit sê…. maar ” told you so…”
Leeus en wildehonde verskil van natuur, en sal altyd vyande wees.

Frikkie vir 'n Rukkie ·

@Hendrik dis oor nie alle Afrikaners aan verkiesings deelneem nie dat ons in die eerste plek met die gemors sit.

Dink jy die ANC sou nogsteeds twee derdes meerderheid gehad het – as alle Afrikaners aan
verkiesings deel geneem het??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.