Bela-wet moet Afrikaanse skole transformeer, sê Lesufi

Panyaza Lesufi (Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het Dinsdag tydens ʼn sitting van die Gautengse wetgewer sy mond verbygepraat en gesê dat die Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette, algemeen bekend as die Bela-konsepwet, daarop gerig is om Afrikaanse skole te transformeer.

Lesufi het uitgevaar teen Afrikaanse skole wat in 2019 slegs 6% van alle skole in Gauteng uitgemaak het en die taal verbind met ʼn vorm van rassistiese uitsluiting deur te insinueer dat lede van die Afrikaanse skoolgemeenskap rassiste is.

Adv. Anton Alberts, VF Plus- nasionale voorsitter en LPW in Gauteng, sê Lesufi het dit duidelik gemaak dat die beplande Bela-wet gebruik sal word om alle enkel- en parallelmedium- Afrikaanse skole te transformeer tot skole waar minstens drie verskillende tale gelyktydig die onderrigtaal sal wees.

“Dit is onwerkbaar en in werklikheid daarop gerig om Afrikaanse openbare skole in Gauteng te laat verdwyn,” sê Alberts.

“Dit blyk dus al hoe meer dat die Bela-wetsontwerp se bestaan slegs sentreer om die uiteindelike transformasie van Afrikaanse skole. Geen ander skole is volgens Lesufi se uitsprake op die radar nie.”

Lesufi kry sedert einde Mei die wind van voor oor sy uitlatings oor die Bela-wet. Hy het onder meer gesê die wetsontwerp is op transformasie gerig en dus mag daar nie ʼn enkele skool wees wat vir ʼn sekere ras voorbehou word, of ʼn ras wat ʼn sekere taal praat en alle ander kinders uitsluit nie.

ʼn Groep van sowat 20 uiteenlopende organisasies het reeds ʼn openbare verklaring onderteken om ʼn onomwonde boodskap te stuur dat indien die Bela-wysigingswetsontwerp deurgevoer word, die vertrouensverhouding waarop ʼn nuwe bedeling ná 1994 gegrond is, onherstelbaar verbrokkel het en daar bande verbreek word met die bestaande orde.

Dit word as ʼn permanente ineenstorting van hierdie vertrouensverhouding bestempel en daar word beklemtoon dat organisasies nie meer daarna in goeie trou met die regering sal kan saamwerk nie.

Oor beweerde rassisme by die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein het Lesufi gesê ʼn onafhanklike ondersoekverslag is aan sy departement verskaf en dit sal bespreek word.

“Die VF Plus se inligting is dat die verslag geensins rassisme uitgelig het nie en dat die konflik tussen leerders ontstaan het vanweë ʼn gebrek aan dissipline om by die skoolreëls te hou. Die VF Plus het gevra om die verslag te sien. Dit is toegestaan en die party sal dit bestudeer vir verdere konteks.”

Die VF Plus is self besig met ʼn ondersoek na die gebeure by dié skool en verskaf inligting aan die Mensregtekommissie (MRK) wat ook ʼn ondersoek instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Harley Davidson ·

En dit nou die woorde van die grootste rassis en Afrikaans hater,dit is die rede hoekom Afrikaans sprekende mense die 1994 ooreenkomste wat de klerk en sy bende op neer gekom het tot in die hoogste hof moet baklei.

Pikkie ·

ABSOLUUT EN KAN DIT NIE DAAR LOS NIE. DIE ANC REGERING HET NOG NET AFGEBREEK EN AFGEBRAND! EN SEDERT 1994 NOG NIKS GEBOU IN DIE LAND SUID-AFRIKA.

groenboer ·

Inderdaad: in plaas van om die oorwegend swart skole te verbeter, en daardeur gelykheid te bewerkstellig deur almal op te trek, is sy plan skynbaar om eerder die beter skole te vernietig, en gelykheid te bewerkstellig deur almal af te trek.

Geert ·

Lesufi moet gaan doppies blaas, sy arogansie ken geen perke nie. Ons hoef nie vir hom of die ANC te vra dat die Afrikaanse gemeenskap se kinders in hulle moedertaal onderig word en verder hul kultuur te handhaaf nie. Dis nie ons voorreg nie dit is ons reg, en ek dink dit is dalk hoogtyd dat ons dit so aan hulle oordra.

Nettie ·

Hoog tyd! Hoeveel van die ooreenkomste van 1994 word nagekom? Hoeveel is oortree en verbreek? Hoeveel van die beloftes aan ONS is nagekom? Ons vra al jare dat ons leiers hieroor praat. Dit bespreek en aan die groot klok hang.

Jacques ·

So as elke enkele skool in die land “inklusief” moet wees en nie mag voorkeur tref op kinders wat die skool se primêre taal medium praat nie, beteken dit dan dat elke skool binne die republiek kinders in 11 amptelike tale moet onderig gee? ???? dit gaan maar lol.

Lourens CFG ·

Pleks dat hy konsentreer op die ander (94%) skole om hulle te verbeter, nou konsentreer hy op die 6% Afrikaanse skole om hulle te verwoes.

Christine ·

Gaan als oor sy intense haat en jaloesie teenoor Aftikaans in die geheel en die feit dat Afrikaanse skole so goed doen. Hy het dit sy werk gemaak om dit te vernietig.

Henri ·

Soos ek dit verstaan, druk meeste van die 6% Afrikaanse skole die powere matriekresultate van die meerderheid 94% anderstalige op, sodat die eindresultaat beter lyk vir meneer Lesufi se departement. Bou eerder die ander skole as om die klein minderheid te probeer afbreek, meneer Lesufi

Jessica ·

Wat is dit met die spul en Afrikaanse skole ? Waarom bou hulle nie net hul eie skole nie en brand dit ook af. Los die skole, gebruik jul regering se geldjies en bou soveel nieblanke skole soos julle wil. Die ou storie raak afgesaag….

twaalfboor ·

Transformeer na WAT toe? Kyk bietjie hoe het julle die land “getransformeer” die laaste 30jaar. Bou julle eie skole man en hou teer op Afrikaanse meerderwaardigheid!!!!!

Gisela ·

Die Afrikaans sprekende mense moet saam staan bou julle eie skole. Het hy nie ander werk om te doen???? Rassis maar daaroor word nie gekla nie.

melaney ·

As Lesufi tot nou toe nog nie uit die kussings gelig is nie, is daar seker ‘n rede daarvoor. Hy besef hy kan maak soos hy wil en sal aanhou totdat afrikaans uit alle skole verbied word.

Fran ·

Ja Roelfie, hoofonderhandelaar, waar kruip jy nou weg? Reis oorsee, vet pensioen en is groot gabba met Ramapinkie.

Yvonne ·

Hierdie man is die eintlike rassis…ek vertrou hom glad nie

Marcello ·

Wie is dan nou rassisties??? Al wat gaan gebeur, ons gaan ons kinders uit SY rassistiese skole uithaal, en dan sal ons sien wat gebeur met skole, hulle gaan net so vou soos al die dorpe en groot organisasies waar daar inngemeng word in SA.

Toy ·

Lesufi bly net stil asb, hy kan ons mense nie verdra nie maar ons geld is reg vir alles.

Laksman ·

n Engelse vriend van my het altyd gese: ” you cannot raise the ceiling by lowering the floor”

Swerwer ·

Laat Panyaza Lesufi sy Bela – wet implimenteer soos hy wil, hy het ‘n swak selfbeeld . Afrikaans is nie Rassisties nie, nog minder die skole. Dit is mense soos hy wat beslis nie in die Onderwys of Regerinig hoort nie. Hy kan mos sy kader se kinders in hul eie skole in hule tale opvoed. Groot Blaf dit is al. Dit is net omdat Afrikaners meer bereik het in al die jare as die res, dit is waarom die bohaai gaan. Niks en niemand het nog ooit in Lefusi se pad gestaan om sy volk dan op te voed volgens sy wil nie.

Elma ·

Ek sou nooit kon dink dat enigiemand my meer kan irriteer as tannie Kopdoek nie, maar goeie genugtig, hierdie perd is spesiaal.

Miena ·

Hoe wens ek nou hierdie emoji goedjies wat ons kan kliek het n handeklap ene gehad…ek stem soooooo saam met jou

Nico ·

Waarom altyd rassisme, het nou werklik deel van woordeskat geword.

Ria ·

Die regering behoort ministers aan te stel wat nie haatdraend is mie. Hoe kam dié ou die beste besluite in onderwys se belang neem, as hy net een enkele motief het

KatjieDeKat ·

Ja dis duidelik, hy het n persoonlike vendetta teen Afrikaans.

Suzette ·

Ek wens hierdie spul wil ons Afrikaanse mense UITLOS!!!!!!!!!!! Ek is al so keelvol vir hulle. Plaas hulle dra by tot OPBOU maar hulle hou hulle op met nonsens…. lyk my dit gaan NOOIT ophou nie!!!

Ragner ·

Hierdie man móet stopgesit word! Hy is ‘n probleem en soos als anders wat werk, moet dit mos gebreek word deur die ANC, want waar is die skole wat gebou moes word…en só kan ‘n mens aangaan.

thejudge ·

Niemand leef vir ewig nie. Dit is maar net ‘n kwessie van tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.