Belanghebbendes weier om te glo Aardklop is dood

aardklop-stigting-logo-01Nadat adv. Louise Barretto, voorsitter van die Aardklop-direksie, op 24 Februarie aangekondig het dié fees in Potchefstroom “gaan met onmiddellike effek in die huidige formaat gestaak word”, het ʼn groep wat bekendstaan as die “Aardklop-belanghebbendes” Sondag vergader met die doelstelling dat die Aardklop-kunstefees wat beplan is vir 4 tot 8 Oktober, steeds moet plaasvind.

Volgens Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV en woordvoerder van die groep, sal meer inligting bekend gemaak word “sodra daar meer duidelik oor die stand van sake en die haalbaarheid van ʼn 2016-fees is”.

Volgens Gouws was die reaksie op die besluit om Aardklop te staak, was só oorweldigend dat ʼn aantal verteenwoordigers van die Potchefstroom Sakekamer, die Noordwes-Universiteit, die Tlokwe-stadsraad, stigtersborge, ander borge, kultuurorganisasies, die media, kunstenaars, oud-direksielede en ander belanghebbendes Sondag in Stellenbosch vergader het om die aangeleentheid te bespreek.

Gouws het namens die Aardklop-belanghebbendes gesê dat almal dit eens was dat daar oor die afgelope 18 jaar soveel in die Aardklop-fees en Aardklop-handelsmerk belê is, dat hulle nie die aankondiging goedsmoeds kan aanvaar nie.

Daar is besluit dat daar dringend met die direksie van die Aardklop Stigting vergader moet word om agter die kap van die byl te kom. “Dit is vir ons moeilik om die rasionaal van die direksie se besluit te begryp omdat geen van die belanghebbendes vooraf gekonsulteer is of geen ander inligting beskikbaar is nie,” het Gouws gesê. “Die effek van die besluit op Potchefstroom en sy gemeenskappe in die algemeen, die universiteit, asook op die kunste en kunstenaars in die breë, is nie behoorlik in ag geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarel Strydom ·

Eerstens sal ek graag wil vra hoekom in Stellenbosch vergader? Tweedens stuur die Direksie van Aardklop (Bestaan dit nog) Amsterdam toe sodat hulle ‘n Afrikaanse Kultuurfees in die Buiteland kan bywoon.

Dee ·

Indien dit dan sò belangrik is vir Potch, behoort hulle die inisiatief aan die dag te kan lê om ‘n nuwe fees (òf die ou fees met ‘n nuwe naam) te kan stig en die huidige Aardklop in sy nuwe vorm nie huisves nie weens kontrakbreuk.

Stefan de Bruin ·

Iets is nie lekker daar nie. Hoekom peuter met iets wat al vir jare werk en elke jaar deur duisende feesgangers en kunstenaars ondersteun word? Om Aardklop sommer net so te staak is ‘n baie drastiese en dwaas besluit. Ek glo nie die storie wat die Aardklop direksie opdis om die drastiese besluit te regverdig nie. Daar is iets anders fout. Ek ruik ‘n vet rot.

SNEL ·

Die keuse om Aardklop te staak, glo ek is as gevolg van wat op die universiteite gebeur. Dit kan n lelike ding afgee as die klomp toeslaan op n lekker geselligheid soos Aardklop wat juis op die drumpel en selfs in dele van die universiteite gehou word en waar duur klantoerusting ens is, en gesinne met kindertjies. Groot waagstuk om dit te laat voortgaan met alles wat deesdae gebeur by universiteite en die naam (Aardklop) sal hulle koppel aan die universiteite (al het dit niks met die universiteit te doen nie), so al skuif hulle dit na n ander plek, is die kans nog steeds daar vir moeilikheidmakers wat hul verwagting sal maak.

Johann Marx ·

Die fees word stopgesit want die direksie is nie getransformeer nie, die feesterrein is nie getransformeer nie, die kunstenaars is nie getransformeer nie, die borge is nie getransformeer nie, die besoekers en hulle beursies is nie getransformeer nie…..Die fees was heeltemal te goed ge-organiseer, alles het net te glad verloop, optredes was op skedule, terrein was te goed voorberei, so daar was geen standbeelde om af te breek, geboue om aan die brand te steek, en ‘n rede om ‘n “struggle” nie. Julle weet mos nou al so ‘n fees het geen bestaansreg in Suid Afrika nie? Komaan, Afrikaansetjies…..transformeer, my magtig!!!

Christo Visagie ·

Ek stem 100% saam met wat jy sê,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,Aardklop word gestop omdat die swart mense nie deel is daarvan nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Andrea van Vuren ·

My kleinseun studeer op Potch. Hy’s sielsgelukkig daar. ATKV Skryfskole vind daar plaas. Dit was nog altyd heerlik en suksesvol en… Afrikaans. In Potch kan jy die ware studente kultuur en feeste soos Aardklop beleef. Ek is bevrees Aardklop se direksie het dreigemente ontvang omdat alles altyd so klopdisselboom gefunksioneer het. Dis hoe vandag se politiek werk…

EMK ·

Ek kan nog glad nie verstaan hoe maak die fees nie geld en ook is dit waarom die fees werklik gaan? Is dit nie om die kunste te ondersteun en te laat groei nie? Word daar dalk weer belaglike salarisse betaal aan party of wat is die storie. Ek sou baei graag ‘n uiteensetting wou sien van wat so ‘n fees nou eintlik “kos”. Komaan, laat ons die feite sien!

alida ·

Karin van KNET sal dit nie daar los nie. Sy sal bly veg vir die behoud van ons feeste en afrikaans.

Boerseun ·

alida,
nou waar was haar steun van Afrikaans by Tuks/Potch/Kovsies/Maties enc. Karen van Kyknet was maar stil. Al hoekom sy sal veg is vir die geld wat sy gaan verloor as sy nie daar kan optree nie

Paul ·

Skuif AARDKLOP na die Voortrekker Monument se terrein in Pretoria. Rondom daardie gebied, is daar vele fasiliteite vir opvoerings. Die terrein is massief, en daar permanente sale op die terrein.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.