Belangrike inligting as jy by Gauteng-skool wil inskryf

skool-21.jpeg

Argieffoto

Inskrywings vir 2019 vir graad 1 en graad 8 in skole in Gauteng open Maandag (16 April 2018) en kan slegs aanlyn gedoen word. Dit is dus uiters belangrik dat ouers so gou moontlik aansoek doen en dat hulle presies verstaan hoe die aanlyn-platform werk.

ʼn Aansoek is egter eers geldig met die indien van die gelyste dokumente by alle skole waar aansoek gedoen word. Dit moet binne sewe dae ná die aanlyn-aansoek geskied. Aansoeke sluit op 28 Mei 2018.

“ʼn Ernstige tekortkoming met die aanlyn aansoekplatform is dat die departement doelbewus nie voorsiening maak vir die keuse van ʼn taal van onderrig nie,” verduidelik Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas). “Dit is opvoedkundig onverantwoordelik en gaan verwagtinge skep waaraan nie voldoen kan word nie. Gauteng het ʼn groot tekort aan skole. Ouers wat sloer met aansoeke moet besef dat hul kinders waarskynlik nie toegang tot hul eerstekeuse-skool gaan kry nie.”

Deacon sê omdat die wyse van registrasie die kar voor die perde span, is dit raadsaam vir ouers om so spoedig moontlik en op die korrekte wyse aansoek te doen. “Dit is krities belangrik om die nodige dokumentasie in te dien by al die skole waarvoor aansoek gedoen word, aangesien die aansoek dan eers geldig is.”

Die Gauteng-onderwysdepartement het aangedui dat die aanlyn platform sedert verlede jaar aangepas is om die proses so maklik as moontlik te maak.

Die webadres vir aanlyn-aansoeke is www.gdeadmissions.gov.za (probeer www.intake.gdeadmissions.gov.za indien eersgenoemde adres nie werk nie).

Ouers wat eers wil “oefen” voordat hulle die platform besoek, kan www.intake.gdeadmissions.gov.za besoek.

Deacon sê dié platform gee ouers die geleentheid om ’n maksimum van vyf skole te kies waarby aansoek gedoen kan word. “Plasings word gedoen aan die hand van die tyd waarop aansoek gedoen is. Hoe vroeër ʼn ouer dus aansoek doen, hoe beter is hul kans om by die skool van hul keuse plek te kry. ’n Gebrek aan skole en die aard van die bestuur van onderwys in Gauteng veroorsaak jaarliks probleme in die provinsie. Fedsas se boodskap is dus eenvoudig en duidelik: Indien jy jou kind in ʼn goeie skool wil inskryf, doen dit dadelik!”

Fedsas het ʼn spesiale skakel op die organisasie se webwerf aangebring met riglyne en ’n video vir ouers, asook ʼn blitsskakel na die registrasiestelsel.

Gauteng-skole
Toelatings 2019

  1. Aansoek om toelating tot ’n openbare gewone skool vir graad 1 en graad 8 vind SLEGS plaas op die aanlyn-platform van die Gautengse onderwysdepartement plaas: besoek www.gdeadmissions.gov.za of www.intake.gdeadmissions.gov.za Die tweede adres is tans werkbaar om te gaan oefen om gemaklik daarmee te raak.
  2. Die platform gee ’n ouer die geleentheid om tot ‘n maksimum van vyf skole te kies waarby aansoek gedoen kan word.
  3. Die taal van onderrig by ’n skool en moedertaal van ‘n leerder is nie bepalend in die aansoekproses nie en moedertaal word sleg vir statistiese redes gelys. Ouers het egter wetlik die keuse van onderrigtaal van hul kinders.
  4. Die aansoekproses gee voorkeur aan vroegtydige aansoeke en plasings geskied op ‘n rangorde van tyd waarop aansoek gedoen is.
  5. As gevolg van kapasiteitsdruk by sekere skole is dit omsigtig om by meer as een skool aansoek te doen om later die keuse van skool uit te oefen.
  6. Daar is ’n blitsskakel op Fedsas se webwerf na die registrasieblad, asook ’n kort video wat hierdie proses verduidelik.

Wat ouers moet weet:

  1. Aansoeke open op Maandag, 16 April 2018, om 08:00.
  2. Doen so spoedig moontlik aansoek.
  3. Nadat ’n eerste keuse op grond van woon- of werkadres of sibbe gedoen is, het elke ouer die reg tot keuse van ’n spesifieke skool. Indien ouers in daardie skool se voedingsarea woon, werk of ander kinders daar het, sal dit ’n A-lys-aansoek wees, andersins word dit ’n B-lys-aansoek.
  4. Ouers moet rekord hou van hul gebruikersnaam en wagwoord.
  5. Ouers sal ’n SMS ontvang om te bevestig dat die aansoek ontvang is.
  6. Ouers moet dan die waglysnommer op die bevestigingskerm byderhand hou. Dit is raadsaam om ʼn skermskoot (“screen shot”) of ʼn foto van die bladsy te neem.
  7. Aansoeke word eers geldig met die indien van die gelyste dokumente by alle skole waar aansoek gedoen is. Dit moet binne sewe dae ná die aanlyn-aansoek gebeur.
  8. Aansoeke sluit op 28 Mei 2018, maar ouers moet eerder so spoedig moontlik op 16 April aansoek doen.
  9. Ouers sal kort ná 28 Mei 2018 ‘n SMS ontvang van alle skole waar die leerder plek het.
  10. Ouers moet dan die keuse op die aanlyn platform uitoefen van die skool waar hulle die aanbieding van ‘n plek in ‘n gegewe skool aanvaar.

Die aansoekproses behels twee aksies en dit is uiters belangrik dat ouers albei stappe uitvoer:

  1. Doen aansoek op die aanlyn platform
  2. Handig binne sewe dae die nodige dokumentasie in by al die skole waarvoor aansoek gedoen word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Disselboom ·

Die Afrikaner wat verslaaf is aan staatskole gaan nie betyds eie skole op dreef kry nie.

(Goed en wel om op Lesufi en al die ongeregtiges en ondoeltreffendes te skel. Hulle is wettig daargestel deur ‘n demokratiese stelsel waarbinne ‘n groot deel van Afrikaanssprekendes deelneem en dus die uitslag en gevolge moet aanvaar. Die ander opsie is om dus los te kom van die staat en sy instellings waaroor hy gesag voer).

Verhuis ·

Die arme mense wat einde van die jaar verhuis (bv agv werk), en nog nie eens weet in watter area hulle gaan bly nie.

Willem ·

Ek het ‘n idee die afgelope jaar was die laaste jaar wat dinge nog ordelik was en in Gauteng gewerk het, nou gaan die ANC regering ook daar alle skole kaap.

Karolis ·

Breilyn is die antwoord. Baie goedkoper ook. Sorg net dat ma (of wie ookal toesig hou) dit streng toepas. My seun het van 62 gem. na 87,4 gem opgegaan.

Koos ·

Ons moet meer afrikaanse privaat skole begin waar lezufi nie welkom is nie net alle kinders wat in afrikaans wil studeer en met dissipline onderig wil word.

John ·

Daar is nie genoeg skole nie. Wat verstaan mense nie? Afrikaanssprekendes kan nie meer aandring om ‘n hele skool vir hulself op te eis nie. Almal moet gelyke kanse gegun word.

Pan ·

Dit is omrede daar gekonsentreer word om afrikaanse skole te kaap en daarna te vernietig.

Gerrit ·

Ek stem saam Pan Overvaal is n goeie voorbeeld waar wolwasse swart mense wit kinders gaan teroriseer het by hulle skool wat hulle self onderhou oor die regering te onbevoeg is om nuwe skole te bou, maar ek glo nog dit is lezufi wat met sy slu rasistiese houding die oorsaak hiervan is.

Oom Kalahari ·

Die ou Lesufi is ‘n outjiewat hou van krap om sy sin te kan kry. Daar is alreeds ‘n paar slim marxistiese liberale wat sy eie volk se ondergang wil bewimpel. Ek stem heelhartig saam Koos hierbo. Het nou in eerste kwartaal opgemerk hoe ons kleinkinders se gedrag verswak het asook hul skoolwerke. Al probeer die Ouers hoe hard tuis is dit die omgewing en maats waaraan hul blootgestel word. Almal met hul regte is mos nou Staatskindertjies, want dissipline is nou weg en Sielkundige twak word aan jou afgeforseer. Vandag is dit gebasseer op streng kinders en gehoorsame ouers.

jaco ·

Taal vermoor nie ‘n wit boer nie. Hou op kla oor taal. Kla eerder oor goed wat regtig saak maak. Almal kan in elk geval nie duur Afrikaanse privaatskole bekostig nie. Dis goedkoper en meer haalbaar om buurt-
en plaaswagte te stig en in stand te hou.
Die onderwystaal verander in elk geval na Engels, wat heeltemal verstaanbaar vir Afrikaanse kinders is. Wees eerder bly dis nie Zulu of Tswana nie. Onthou ook dat Afrikaanssprekende kleurlinge nie kla oor Engelse skole nie. Dis net die reeds uiters kwesbare wit mense wat met ‘n gekla oor verengelsing hulleself net nóg meer kwesbaar maak.
Vergeet van kla oor taal. Taal vermoor nie wit boere nie.

Charl ·

Daar is nie ‘n manier dat ek my kind meer in, en deur, ‘n staatskool laat opvoed of eerder manupileer nie. Dis 2018! daars baie beter opsies beskikbaar.
Ook vind ek Engels is beter keuse vir onderig want die wêreld en werksplekke is Engels, jy hoef nie jou huistaal te verander nie, die kinders ‘cope’. Die skole breinspoel kinders en hulle gaan die wêreld binne met beperkte kennis en glad nie volwasse nie. Ek lees maar die briewe wat Hoërskole aan Laerskole skryf (Afrikaanse skole in Boksburg/Germiston/Kempton, Gauteng) om hulle in te lig hoe onvoorbereid die kinders deesdae opdaag vir Hoërskool in gr 8, êrens is daar reeds groot fout in ons Afrikaanse skole!

Paul ·

One of these days we will only have Marula Media, Times Media, Network24, the Agrus group etc available for news.

Baai, baai blackbird, baai, baai, Afrikaans.

Totsiens bokkie.

Totale Aanslag ·

Sneeubal begin spoed optel – oor 2j gaan dinge wesenlik anders uitsien daarna op skole en universiteite. (Ek verneem van baie veranderings agter die skerms by uni’s? NWU is maar net een deel daarvan wat sigbaar is op die oomblik – maar andere in die omgewing ook hierby ingelsuit – mens moet holisties hierna kyk; skole -> universiteite -> vakatures ens)
Die tirannie van die meerderheid is besig met ‘n plan om alles wat wit en Afrikaans is te vernietig.
(Ons weet dit al, maar dit wil my voorkom of dit nou versnel word, ongeag.) Ek dink is ons NOU by die punt van geen omdraai, hierna gaan dit baie moeilik wees / haas onmoontlik om die gebreekte eier weer heel te kry.)

amanda ·

Hoekom kan mens slegs jou woonaddres sien of verander en nie jou werksaddress sien of verander nadat jy aansoek gedoen het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.