‘Belangrike inligting’ uit hoofregter se kantoor gesteel

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: GCIS

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: GCIS

Vyftien rekenaars waarop sensitiewe inligting gestoor is, is Saterdag in die vroeë oggendure uit die kantoor van hoofregter Mogoeng Mogoeng in Midrand, Johannesburg, gesteel.

Nathi Mncube, ʼn woordvoerder van die kantoor, het gesê die rekenaars is uit die menslike hulpbronkantoor gesteel. “Die gesteelde rekenaars bevat belangrike inligting oor regters en beamptes van die kantoor van die hoofregter. Die inbraak word beskou as ʼn groot terugslag vir die regsadministrasie,” het hy gesê.

Die inbraak is by die SAPD aangemeld en verskeie eenhede van die polisie is na die kantoor ontplooi om ondersoek in te stel.

“Die hoofregter het gesê die inbraak moet in ʼn baie ernstige lig beskou word en hy het ʼn beroep op die polisie gedoen om alles in hul vermoë te doen om seker te maak die skuldiges word vasgetrek,” het Mncube gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Nico ·

Wat van “back ups”? Wie stoor in elk geval sulke sogenaamde sensitiewe inligting wat “regsadministrasie” kan kortwiek op rekenaar hardeskywe? Is daardie nie ‘n nasionale sleutelpunt nie? Klink of daar weer grootskaals opgeskroef is….

Chris Ws ·

Dis ‘n “inside job” want net werkers daar sou weet van daai rekenaars se sensitiew inligting..Hoekom nie die ander afdelings sn ook steel nie?Waar is die beveiliging van die betrokke afdeling?Omseil deur inligting van binne!SAPD moet eerste by die hoof regter begin met hul ondersoek!

Christa ·

Ek sekondeer!!! Het daardie geboue nie eers sekuriteit nie? Dis verseker ‘n “inside job” en ek gee julle 3 raaie wie sit daar agter . . .?

TM ·

Hoef nie ver te soek nie. Maak dit sommer ‘n point of order in die volgende parlement sitting om te hoor wie dit is.

Dropbox ·

Kry eenvoudig dropbox of iets soortgelyk, geen sekuriteitsprobleme

Nico ·

Ja wraggies. En dit kos niks ekstra…. Iemand mors ons belasting geld.

Johann ·

Nie die lughawe is veilig nie, nie Mogoeng se kantore nie, nie die inwoners nie en veral die boere se veiligheid word bedreig.

hehehehehe

Hesty ·

Begin by Sassa
Dan word ander partye skielik aangevat in parlement oor die storie. Grondeise ……vergoeding of nie…
Verder vergader regerings ampternare in woongebied by stadion, deel hempies uit “together we will move forward”
Rede vir week se “pratery” by stadium kon mense hulle klagtes gaan le het oor werk, salarisse ens…..
By studente vergaderings is daar weereens probleme
En om als mooi af te rond vi di week diefstal van inligting van die hoogste kriminele sake…knap gedaan! Miskien tyd vir nuwe inligting…

Johann ·

Askuus? WAT is van WIE WANNEER en WAAR gesteel? Hoe de moe…..”steel” iemand so iets? En die polisie moet uitvind hoe en hoekom en waar???? WHAHAHAAHAHHAHA!!!!!!!! Die Sirkus se ringmaster het eenvoudig sy handpoppe ORALS deploy!!!!!

Cherokee ·

Hierdie mag dalk uiters persoonlike inligting wees en ek is ligtig (of is dit lugtig?) om dit openbaar te maak, maar ek ken die naam van die spioen wat gewerk het vir umkhotho we siswe en daar is rede om te dink dat daar inligting is wat hy graag minder bekend wil hê.
Askies vir die kodetaal maar vir ‘n bedrag gelykstaande aan Nkandla sal ek die naam openbaar maak.

Katrynï ·

Verseker!!!!Inside joppie!! Iemand is goed gebribe en betaal!!! Hulle is almal dieselfde!!! Geld is hulle godjie!! Glo my

andrea van vuren ·

Hoeveel geld wil hulle nog hê? Feitlik al die boere is reeds uitgemoor, die blankes in gewone huise wreed gemartel en besittings gesteel. Lotery ontneem geld van DBV. Waar de hel gaan al die geld heen???

Kfc & Nando's ·

Gaan sit maar vir n uur by Kfc, Nando’s & selfs Spur ………

Ouma ·

Inside joppie! Verseker!! Geld het gepraat! Almal eenders!!!. Verkoop sommer hulle siele ook!!!

Secret ·

Inside job………iets baie belangrik en wat dalk eerder geheim moet bly??? Jaa neee

Yster ·

Hulle sal die regters moet oppas. Hulle word netnou ook gesteel . In die ou landjie van ons is dit mos te wagte. Ek glo hulle moes dit mos verwag het . Volgende wat gesteel word is die wetboek in die parlement. Lekker dan het ons nie wette nie.

Johan Bester ·

Hierdie land is opgezupta.
Stem saam Rooi kappie lyk al regtig na die werklikheid.Wat volgende ?

John ·

Die Hawks se slim baas het vir seker niks hiermee te doen nie. Sy hande is mos nou afgekap. Afpersing en afdankings en nog diefstal… en… en… kom nog. Afrika is mos vreeslik oorspronklik… as dit kom by misdaad… Is ons steeds verbaas oor alles wat gebeur? Hoekom word die Grondwethof nie ingelig watter oor opsies daar is om inligting ten beste te beskerm nie? 15 rekenaars, nie 3, 7 of 17 nie. Dit moes nogal ‘n tydjie geneem het… of baie kundiges was betrokke. En niemand sien weereens niks gebeur nie….?

Christa ·

John, dis my vraag ook – hoe steel jy 15 rekenaars uit die HOOFREGTER se kantore? Nie eers die HOOFREGTER kan vertrou word nie!! Wil jy vir my se hy het GEEN sekuriteit by sy kantore nie? Dis BELAGLIK!!! Dis ‘n inside job!!

sioux ·

hoekom “sensitiewe inligting” op vyftien verskillende rekenaars stoor?

Chris ·

Christa, Hoe bedoel jy nie eers die hoofregter kan vertrou word nie? Hy het mos nie die rekenaars gesteel nie of het hy? Sioux waar stel jy voor moet die inligting gestoor word? in n karton lêer?

ken benoni ·

Dalk kry ons nou beter uitsprake. Ek ruik ‘n rRegter rot!!!!
Die Zuma-sirkus altyd iets nuut!!??

Johanna Botha ·

Dis net NOG n bewys dat niks en niemand veilig is in SA met die anc se leierskap …en moet asb nie staatmaak op die polisie nie kyk bv. wat het by die lughawe gebeur ……niks werk nie en alles is VROT tot op die been …al wat werk is die burgers wat goedgunstiklig belasting gee vir niks …kry geen veiligheid , geen medies, geen pension al wat jy inruil kry is om te hoor hoe sleg jy is en hoe jou goed gevat gaan word .. en anc mense wat in die parlament geskreeu ” bury them alive” Dankie anc julle het alles vertrap en dit reggekry om dit nou vir almal in SA sleg te maak. En noudat die anc niks meer het om te bied nie is die laaste belofte maar grond ….presies wat in Zim gebeur het. Hoop julle kry n helse pak kom 2019 !

Cherokee ·

Johanna, die bekommernis is, as hulle daardie pak kry sal dit wees ten gunste van wie? Dit is algemene kennis dat die DA is nie werklik anders nie en as die ANC se kiesers swaai sal ‘n massa na die EFF swaai. Zuma praat reeds EFF-taal om kiesers te behou.

Annie ·

Ek dink die ANC probeer spore dood vee … hulle het net nie n limiet nie … die land is erger as die mafia ….

Jaycee ·

My eerste gevolgtrekking is dat hierdie diefstal [intimidasie?] deel kan wees van die groter Zumafikasie-veldtog om alle gesagsinstellings onder sentrale beheer te bring. Die Grondwethof en Tessourie is byvoorbeeld in die visier.

andrea van vuren ·

Nooit geweet ek sal eendag in ‘n land woon waar ‘n diktator met gr 5 die land regeer nie. Kommunisme hier kom ons!

Scalla ·

Begin sommer by sassa, hul kort rekenaars om self die oorbetaling soos op 1 April te doen vir die pensioenarisse, only in South-Africa, lmga

Lewies ·

Ek is bevrees vir ‘n soortgelyke situasie by hierdie instansie (sassa). Vernietig ‘n rekord wat as bewys kan dien, dit is ‘n slagspreuk van die krimenele-brein.

Piet Pompies ·

MS Projects beskik oor die sagteware om ‘n gesteelde rekenaar se nuwe IP adres te verskaf sodra die dief/nuwe eienaar die eerste keer na die diefstal die rekenaar koppel aan enige IP adres.

SARIE VAN HEERDENs ·

Nico, 17 uur gelede. Wat help back ups as jou opposisie/vyand voortydig weet wat daar in die betrokke leers is? En wie sou so bitter graag daardie inligting wou bekom? Iemand/mense wat honderde kriminele aanklagte teen hom/haar/hulle het wat dit as nuttige inligting kan beskou?

Lewies ·

As ons die waarheid wil hoor. Bied R1 000 000 vir inligting aan. Ek dink dit kan die laaste spyker in die “doodskus” van die skuldiges wees

Lewies ·

As ons die waarheid wil hoor, bied R1 000 000 aan vir inligting wat positief opgevolg kan word. Dit sal die grootste beloning nog wees. Ek glo dit is belangrik genoeg om die doodvee van spore te voorkom. Dit kan ‘n laaste spyker in die doodskis beteken.

John ·

Ja, maar oppas as die huidige diensverskaffers hulle wip… as hulle nie hul sin kry nie…

Jean ·

Jy weet, self ons ou dommetjies en ons ou gewone mensies se inligting by ons werk word op n SERVER wat baie goed weggesluit word gestoor, soms van site af, kan nie glo dat julle REKENAARS het wat met al die belangrike inligting opsit nie. Seker weer vriende gekry om julle IT te doen, toe le al julle inligting op die rekenaars en nous alles weg .. dit is nou so onprofessioneel soos kan kom .. ek wil eintlik LAG daaroor, julle is LAGWEKKEND!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.