Belangrike nuwe wet teen korrupte amptenare

Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, het vanoggend in die parlement aangekondig dat nuwe wetgewing vandeesweek van krag geword het om munisipale en ander staatsamptenare persoonlik finansieel aanspreeklik te hou vir onregmatige besteding wat onder hul toesig aangegaan word.

Die nuwe bepalings is vervat in die Openbare Ouditwet, wat Sondag deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken is en dus nou wet geword het. Dit bepaal dat die kantoor van die ouditeur-generaal persoonlike skuldbriewe kan uitreik teen amptenare wat willens en wetens wanbestee of bedrog pleeg.

Hierdie aankondiging van Makwetu was ʼn seldsame ligpunt tydens die jaarlikse aankondiging van die oudituitkoms vir nasionale en provinsiale staatsdepartemente en staatsbestuurde ondernemings.

Groot verskille bestaan steeds tussen provinsies. Die Wes-Kaap het verreweg die beste oudituitkoms, met 83% skoon oudits, gevolg deur Gauteng met 52%, Mpumalanga met 24%, die Noord-Kaap met 23%, die Oos-Kaap met 19%, KwaZulu-Natal met 12%, Limpopo met 5%, Noordwes met 5% en die Vrystaat met 0% (nie ʼn enkele skoon oudit nie).

Volgens Makwetu is die Vrystaat en Noordwes die provinsies wat die ergste agteruit boer.

Oor die sleutel tot die Wes-Kaap se herhaalde sukses het hy uitgewys dat die provinsie oudits ernstig opneem en nie ouditeurs dreig of selfs aanrand soos in sommige ander provinsies nie.

Die belangrikste aspek is dat die Wes-Kaap elke kwartaal ʼn groot byeenkoms hou waarby die ouditeur-generaal, premier, LUR’e, burgemeesters en tersaaklike finansiële amptenare almal teenwoordig is, en waar probleemgebiede vroegtydig uitgewys word, met die betrokke amptenare wat daar en dan moet verduidelik wat verkeerd is.

Die slegste nuus onder die staatsbestuurde ondernemings was by die SAUK en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, waar finansiële state in sulke chaos is dat die ouditeurs eenvoudig nie ʼn geldige bevinding kan maak nie.

Ander probleemgebiede sluit in die Poskantoor en PetroSA.

Onder die nasionale staatsdepartemente was die groot sondaars die departement van water en sanitasie en die departement van openbare werke, maar Makwetu het beklemtoon dat hy en sy personeel nie sal huiwer om hul nuwe magte te gebruik en oortreders persoonlik vir wanbestuur verantwoordelik te hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Moeksie ·

Fantastiese nuus – ek hoop die skuldiges word “geroer”

Grysburger Pretoria ·

Sien is glo. Daar sal wel politieke druk uitgeoefen word om te verhoed dat skuldiges aan die pen ry. Dit sal wel goeie wetgewing wees vir diegene wat wil ontslae raak van amptenare wat wel hul werk doen.

STEFAANS ·

Niks gaan gebeur nie…as iemand voor stok moet kom dan moet die ANC eerste aangevat word want hul beheer dan land en hulle is die skuldiges so dank jul eers self af.

Genieve ·

Hoop dit geld vir almal en net sekeris nie want dis mos op wit en swart en sal sekr die EEF ook insluit…PJ wens dit is terugwerkend dan moet zuma toegesluit word.

Geregtigheid ·

ANC is goeie beleidmakers MAAR HULLE BESKIK NIE OOR DIE VERMOE OM DIT DEUR TE VOER NIE. Sodra dit die ANC lede begin raak stop hulle.

Nettie ·

Bha-bha-bha-wha-wha-ha-ha-ha-hê-hê-hêêê ………………..

So ‘n lekker grappie op ‘n Woensdag middag ………………………… Julle kan wetgewing maak soveel as wat julle lus het, daar gaan sweet blou-boggerôl kom van vervolgings en skuldigbevindings, sowel as terugbetalings.

Stefaans ·

SKYNET is hul duurste befonsing of besteeding….wonder wie het ‘n vinger in daai paai!!!!!

Blue Butterfly ·

Tandlose wetgewing wat absoluut GEEN IMPAK gaan he nie of glad nie afgedwing of toegepas gaan word nie.

Meeste “kaders” moes al in die tronk gesit het weens hulle bedrog, onvermoe en korrupsie maar al hulle gemors word onder die mat ingevee en verdwyn soos mis voor die son.

RG ·

Die rede vir die 83% skoon oudits in die Weskaap is DA regering en integriteit meneer. Wette onder ANC regering beteken niks.

Ralph ·

RG. Ek stem volkome saam met jou. DA doen ten minste waarvoor hul ingestem is. Dan hoor ons elke dag hoe kotrupte ANC weer my rade wat deur DA bestuur word wil inmeng.

Robert ·

Maak soos in China, Doodstraf vir koerupte staats amptenare

Gert ·

Wat van ministers. Robin eiland moet vergroot word. Parlement kan so wel daar gehou word . Skelm ministers

Carlo ·

Hopenlik kry jy dan ook amptenare wat sonder om met monde vol kos met jou te praat, of met ander te praat terwyl hulle met ‘n kliënt besig is, of tenminste te groet of met hulle selfone besig te wees So gaan dit by paspoort plekke bv Sasolburg, munisipaliteite, geen besigheid maniere nie,, maniere en geld waai by deure uit

Poot ·

RêRIG!!!!
Mnr van die Oudituer Generaal? Is jy nie bewus dat daar alreeds Wetgewing is nie? Dit word genoem die “Public Finance Management Act” (PFMA). Section 81 spreek finansiele wanbesteding aan en die straf daarvoor indie skuldig bevind.
GAAN LEES JOU VOORSKRIFTE MNR OUDITEUR GENERAAL.
Jys net NOG ‘n voorbeeld van ‘n onbevoegde “grootkop” wat ‘n belaglike salaris trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.