‘Belangrikste verkiesing sedert 1994’

Mmusi Maimane. Foto: ANA

Suid-Afrikaners stem Woensdag in die belangrikste verkiesing sedert die aanvang van demokrasie in 1994, het DA-leier Mmusi Maimane Sondag gesê.

“Die land het nog nooit vantevore voor só belangrike keuse gestaan nie,” het hy in Lentegeur in Kaapstad gesê. “ʼn Keuse tussen die korrupte, chaotiese ANC en EFF aan die een kant, en die eerlike, bekwame DA aan die ander kant. Suid-Afrika se toekoms hang af van die keuse wat ons hierdie Woensdag maak.”

Maimane het gesê die stryd in die Wes-Kaap is baie naby. “As ons die Wes-Kaap blou wil hou, vordering wil bly maak, en die korrupte, chaotiese ANC en EFF uit ons mooi provinsie wil hou, dan het ons elke stem nodig wat ons kan kry – insluitend joune. Moenie ʼn fout maak nie – elke enkele stem gaan tel om ons oor die eindstreep te kry.”

Die ANC en EFF is “in dieselfde WhatsApp-groep” en bombardeer mense met leë beloftes en bied vals hoop. “Hulle doen dit nie vir jou nie. Hulle doen dit vir wat hulle self hieruit kan kry. Hulle het dit al oor en oor bewys.”

Die DA, aan die ander kant, belowe nie die wêreld nie. “Maar ons sal vir jou bly werk, en ons sal bly vordering maak hier in die Wes-Kaap. Ons sal hierdie pragtige provinsie vorentoe vat. Ons sal almal se lewe in hierdie provinsie bevorder – of hulle vir ons gestem het of nie. Want ons missie is om geleenthede vir almal te skep – nie net vir sommiges nie.”

Hy het gesê Suid-Afrika het die afgelope vyf jaar agteruitgegaan onder die ANC terwyl die Wes-Kaap vordering gemaak het onder die DA. “Daar is nog ʼn lang pad wat voorlê, maar die DA het hard gewerk om mense se lewens in dié provinsie te verbeter. Die Wes-Kaap het vordering beleef in opvoeding, gesondheidsorg, infrastruktuurontwikkeling, werkskepping en dienslewering. Dit is hoekom Ratings Afrika en Good Governance Africa sopas die Wes-Kaap beskryf het as die provinsie wat die beste bestuur word in Suid-Afrika. Stem vir die DA op 8 Mei om ons provinsie en ons land te bou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Joe ·

Ek gaan maar met my kop stem, weet nie of my hart gaan help nie ?

Lizelda ·

Ja, nee, Boerboel beslis nie vd DA nie. Hoop hulle word uitgeboul in Tshwane en Wes Kaap sodat hulle terug kan gaan na die drawing bord. Mmusi Maimane is so besig om die ANC en President sleg te se maar hy se nie hoe die DA dinge anders gaan doen nie. Al wat ek weet, ons het meer water- en elektrisiteitsprobleme in Faerie Glen vandat die DA oorgeneem het as ooit van te vore. Die strate in Pretoria CBD is vuiler as ooit. Met die H/S Driehoek tragedie het hy GEEN medelye gegee nie, DA neem aan ons Afkrikaans sprekendes gaan vir hulle stem daarom doen hulle nie moeite met ons nie. Mense kan maar se dis sabotasie al wat ek se is ons ervaar onnodige ongerief.

Elna ·

Ons almal weet wie die verkiesing weereens gaan wen vir die 5de keer in n ry en ons weet ook hoekom. So sterkte aan elke liewe politieke party wat begeer om die verkiesing te wen.

Luca ·

Jy’s reg almal weet eintlik wat gaan gebeur.
ANC gaan aan om ons te beheer en te verarm.
Nasionale Opposisie sal die EFF wees wat die laaste bietjie uit ons sal tap.
Feite – dis nou te laat- dit is SA se pad votentoe !

Loeis ·

Sjoe Musi. Jou party ondersteun BEE, en na jou kommentaar oor “white privilege” vra jy vir ons stemme? Ons gaan nie ons stemme mors op jou party wat nie vir ons belange staan nie.

Wit en bruin in die Wes-Kaap is besig om hande te vat. Onder ‘n groen VF+ bannier.

Kobus ·

Jammer jy redeneer so ek bly in die Wes Kaap, en ervaar goeie regering. Weet nie waar regeet jou VF+ nie.

TN ·

VF+ is gewoon narre wat steeds dink dat die Suid-Afrikaanse politiek ingevolge rasselyne bedryf kan word . Kla oor die aand se spyskaart terwyl die Titanic besig is om te sink !

Roberto Betta ·

As Long as EFF don’t win, they’ll rewind us back to the Stone Age.

Dries du Toit ·

Ons stry nie met jou nie Mmusi. Maar ons weet dat jy nie vreeslik baie grysstof nodig het om beter te regeer as die korrupte ANC nie.

Lizelda ·

Nee, wat die DA het ook n hele klomp korrupte sake teen hulle. Hulle wat voorgee hulle is “squeeky clean.”

aj ·

Gaan stem!

Maar maak jou self BESTAND teen die regering!

Die regering bly ons vyand!

Thinus ·

In n Demokrasie word daar nie gestem nie, Rigters 17:6, 18:1. 19:1 en 23:25) en is die steen wat losgekom het in Dan 2:37 en 38. Om te stem is om te kies dat die Onbekende Almagtige van Israel nie oor jou regeer nie, maar dat jy slawerny en n afgod verkies. (1 Samuel 8) Daarom is die wegbly stem vir Demokrasie en die Ware Skepper van Israel en nie n mens gemaakte afgod vir wie name gegee word nie!

@Thinus ·

Daarom is die Engelse woord :”Human suffrage” so n goeie beskrywing, en het die VN en Internasionale Vredesorganisasie reeds in 2008 erken dat Perpetual Peace van Kant nie n oplossing vir Wêreldvrede is nie. Dat die eerste 6 voorlopige beginsels van Kant se Perpetual Peace dan ook die basis vir Onderhandelinge met Mandela was. https://en.m.wikipedia.org/wiki/Perpetual_peace. Dat as enige van bg. beginsels verbreek word daar n Uitklim klousule moet wees. Daarom is die wegbly stem een vir Demokrasie en Vryheid en enige stem vir slawerny!

Andreas ·

Ironies né en hier sien ons vir Mmusi, DA leier, hulle wat hier op 99 kom vertel hulle het dit al die tyd veil vir Afrikans gehad, ons het dit net nie raakgesien nie.

Cobus ·

Julle stem duidelik nie met julle verstand nie onthou net julle sal moet eendag veduidelik vir julle kinders en klein kinders hoekom julle nie julle kans gebruik het nie en die land gered het nie deur DA te gestem het nie Sterkte

Lord Oom Piet ·

@Cobus
Op die wyse waarop proporsionele verteenwoordiging werk, tel n wegbly (geen) stem, as n stem wat vir die ANC groter verteenwoordiging in parlement gee. Enige stem vir n ander party as die ANC, selfs n bedorwe stembrief, verminder die ANC se verteenwoordiging. Daarom is dit goed dat daar 48 partye deelneem in hierdie verkiesing. Dit gaan die ANC se meerderheid verteenwoordiging verminder.

In die Weskaap moes die DA in koalisie met die kleinere VF+ en ACDP gaan om n meerderheid te kon kry. Daarom is dit nie noodwendig nodig om net vir die DA te stem omdat hulle relatief groot is nie. Die DA ondersteun AA, BEE, aborsie en ongeag hul retoriek, is anti-Afrikaans. Dit was die VF+ se filiale wat die Grondwethof saak gewen het vir kwota regerings aanstellings wat teen Bruin en witmense, NIE die DA NIE. Hulle het die minderheidsvertrappende kwotastelsel passief goedgekeur. Stem vir iemand wat jou belange regtig op die hart dra en daarvoor werk, en nie net vir babbelkouse nie.

My klein party, in koalisie met n groter party, verteenwoordig my belange meer as die groter party wat nie my belange dien nie.

Johan ·

@Lord Oom Piet….die DA regeer die Wes-Kaap tans op sy eie.Die VF+ kon in 2014 in Wes-Kaap nie n enkele setel wen nie.Maw daai stemme is vermors.Enorme risiko om aan te neem VF+ gaan n setel wen en dat hul koalisie opsie is.Al wat dit doen is om DA se meerderheid in gevaar te stel en dit baat die ANC

Loeis ·

Cobus, dan moet Helen Zille, die Black Sash en ander in die DA seker ook maar hul bydra om die ou regering tot ‘n val te bring, en die ANC aan bewind te bring, aan ons kinders en kleinkinders verduidelik.

You are the weakest link, goodbye!

Cherokee ·

Wàt is belangriker in hièrdie verkiesing dan voriges? Absoluut geen verskil! Tydens die referendum is die konserwatiewe stem verraai deur die ja-stem, waarvan slegs enkeles soos Pieter en Steve die lig gesien het, en die res spring absoluut teen hul eie inbors deur ons hierdie keer te verraai dmv te stem vir die DA wat Afrikaans as taal minag en blanke indiensneming boikot. So, moet nie probeer voorgee dit gaan hierdie keer ander wees nie. Jopie Fourie is geskiet sonder om hom te blinddoek. ‘n Massa kiesers is geblinddoek met verskillende kleure blinddoeke.

Jurie Neethling ·

Wat is die Drank Wet se siening oor alkohol verkope op verkiesingsdag?

Andreas ·

Die verkiesing het ook nou al hier ‘n keerpunt bereik … nuwe name wat onderaan artikels kommentaar lewer, die oues het gegroet.

‘n Nuwe son het opgekom.

Zenithia ·

Solank mense gaan stem. Elke stem teen eff en ANC help. Ons hou egter by blou! Maar ons almal verskil en ek respect dit!!

Dink slim ·

Zenithia…. dankie vir jou lig tussen die donker, morbiede en nie-logiese kommentare.

Dink weer ·

Ek het laaank gewonder vir wie om te stem. Geweet ek sal nie ANC, EFF of VF+ stem nie. Gewonder tussen DA en Cope. Maar dink tog ek moet weer DA stem! Kom ons kyk wat gebeur… Ek voorspel ANC so 52%, DA 28%, EFF 15%. Die res verdeel tussen ACDP, FV+, Cope en ander kleiner partye.

Andreas ·

Dankie Maroela, julle verskaf ‘n platvorm vir mense om julle en die saak van Solidariteit, Afriforum, jul entiteite, en jul ondersteuners die geleentheid te bied om met kommentare by te dra, te verryk, die boodskap te versprei, en dan verloor ons spoed en innovasie omdat julle by tye soos die regering ons nie wil hoor nie, of ons oor-reguleer, die rede sal julle wel weet.

Siener van Melbourne ·

Wees bly julle stelsel werk nie soos Oz sn nie. Hier het ons n voorkeur stelsel wat te ingewikkeld is om hier te verduidelik maar wat gebeur is jy stem met nommers vir 6 partye en die stemme skuif oor totdat een party die meerderheid stemme het. NIE GOED NIE. Maar…beter as ANC.

CHAPPIES ·

Kom ons gaan stem maar, om ons gewete te sus!
Kom ons los maar,die onderlinge gevegte, dit sal en gaan geen verskil,teen die magdom oorgrote meerderheid maak nie

ES ·

As ons nie stem nie, het ons geen reg om te kla nie… Iewers het ek ‘n Engelse gesegde gelees wat so gaan: “If voting really made it a difference, it would have been made illegal.”

Gert van Wierdapark ·

Of dit nou in SA, Brittanje, Sjina of Frankryk is, :Onthou politici dink eerste net aan homself en sy maters, en by a en see, is dit kaders! Gebruik daarom jou “common sense” tov jou stem! Koalisies om die huidige Kakistokrasie uit die Soustrein-kussings te lig is die enigste antwoord. Interessant dat tannie Pat se Good Party min in die media vermeld word? Sy gaan verras met die steun in die Wes-Kaap, “mark my words”!

TN ·

Die DA is die enigste party wie werklik demokraties is , lede dissiplineer en nie konflik aanblaas nie __ dit is logies vir wie mens moet stem .

Judge Dredd ·

Demokrasie = Tirannie van die meerderheid.

Nie logies om vir DA te stem as jy die minderheid is, aangesien hulle niks doen vir die minderheid.
Enigste party? – klink baie diktoriaal ne?

Koalisie van verskillende partye is beter demokrasie.

Anel van der Merwe ·

Nee wat. Het al die jare DA gestem maar DA het my terleurgestel. Veg nie vir ons Afrikaanse kultuur nie en ry ook op die rug van apartheid. Kyk hoe is Zille hanteer en kyk hoe is Ashwin Willemse hanteer….. nee wat, ek stem vir die kleiner VF+ sodat hulle iewers ook ‘n stem kan hê

Dries du Toit ·

Anel wees dankbaar dat jy gesien het dat die DA jou teleurgestel het. Dit is nou verby. Duisende DA ondersteuners sien nog nie die lig nie. Hulle teleurstelling lê nog voor. Derduisende swartes wat al klaar gesien het die ANC is n korrupte party maar kan nie vir die DA stem nie as gevolg van al die wittes in die party nie. Na die verkiesing sal die DA met hulle regstellende aksie in hulle party te vore kom en hard begin werk om n volwaardige swart party daar te stel. Hulle sal hulle beleid ook so na aan die ANC se beleid verander

TN ·

Gaan aan __ die regses is soos passasiers wat kla oor die aand se spyskaart terwyl die Titanic besig is om te sink .

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Stem vir A of B:

A: Abbatoir in die Noorde.
B: Abbatoir in die Suide.

Jy het n demokratiese keuse om te stem vir wie jy wil.

.
.

John ·

Sonder enige respek vir die Vader en seèn van Bo sal dit maar weer bedroeflik gaan na die verkiesing. Die ANC spog eintlik oor sy foute as sou dit bloot tekens van ‘n aktiewe regering wees… reg en ok. Huh? En gister was nogal Sondag maar almal sit in ‘hempies’ sonder hul Bybels. Waar leer SAfrikaners oor etiek… wat reg of verkeerd is? Die ANC is bly dat daar so baie partytjies is, wat dit laat die buitewèreld glo demokrasie is aan’t woeker in SA. Hierdie land is onder beleg, mense!

Foxi ·

Almal pê’s en wê’s…….maar wanneer jy by daai stembus kom om jou kruisie te trek, verander jou gemoed? So, jy gaan op daardie moment anders doen as wat jy gedink het.
Want jou hart voel anders en jou verstand dink anders op daardie oomblik!

Boerboel ·

Mense moet nie wegbly nie. Gaan stem vir jou party wat jou taal veteenwoordig of wat vir jou as minderheid sal op staan. N’ wegbly stem is n’ stem vir die ANC.
Hierdie verkiesing is niks Anders as al die voriges. Ons moet net in gedagte hou dat as die ANC 66% stemme kry Dan kan hulle die grondwet verander. Hulle sal dit sleg kan regkry as daar koalisie gevorm word met EFF en ander partye. Dit is gevaarligte wat Flikker. Ek se hier met trots ek sal my stem voeg by VF+. Stem vir wie jy will maar gaan stem net asb.

Alida ·

By hierdie tyd behoort mens darem al te weet vir wie om te stelm.

D B ·

Die berig sê nie waar hierdie laaste “sametrek” gehou was nie, maar vanoggend op die nuus hoor ek dit was in SOWETO. Nou, die DA se grootste steun kom van wit- en kleurlingkieser, so hoekom die “sametrek” hou in SOWETO?

Hier in my area, wat as “wit” beskou word, was geen sametrek nie. So wat sê dit vir my, net ingeval iemand “wonder”: Mmusi wil ‘n sterk, swart oposisie party hê. Hy kan dit nie sonder wit en bruin stemme regkry nie. So nou word ons “gepei” met mooi woordjies sodat ons DA moet stem. Jammer, maar as ek dit doen, is ek niks beter as ‘n persoon wat vir die ANC stem nie.

Johan ·

DA het my stem in die Wes-Kaap. Hoekom mens se rug draai op die beste provinsiale regering in die land en die deur oopmaak vir die ANC? n Stem vir n kleiner party wat dalk nie eens n setel in die provinsie kan verower bring net die DA se meerderheid in gevaar

Stem nie saam nie ·

Wel nog 5 jaar is verby sonder dat daar werklik vordering he,aak is. Die burgerregtegroepe maak hulle stemme dik en bereik baie. bv Afriforum, Stop etol en ander. Die partye wat die meeste stemme trek is almal links ANC 50%, EFF 15%, DA 15% en dit maak al klaar 80% van die stemme uit. Die res UDM, NFP, IFP, Good wat links is maak die res van die getal op. Die VF+ trek 1-2% van die stemme. As jy links is steun jy AA, BEE, Kwotas, Grond oneining sonder vergoeding. Dit is net VF+ wat ‘n behoorlike finansieele plan het, volgens Dawie Roodt. Die staande komitees besluit oor die wetgewinge minderheids partye word verteenwoordig daar volgens hul proposienele verhouding. Waartoe nou as jy al die boonste inligting het? Wat se jou logika?

gatiep ·

DA sal geen stem van my kry nie.
Die ligte is aan DA en julle sien dit nie raak nie.Behalwe julle verwerping van afrikaans , is julle vir aborsie ook en dit sal altyd moord in my oe bly.So dit se vir my julle staan sy aan sy met die duiwel.

Alida ·

Ai Gatiep word wakker asb. Wie gee om vir wie JY stem? Die DA is die enigste party wat dalk ‘n kans het om die ANC uit die kussings te lig.

Dawid ·

JAAA…GAAN STEM NET, AL IS DIT OM JOU EIE GEWETE TE SUS!! NET DA VIR MY! MAAR GOD BLY IN BEHEER MENSE ONGEAG,WÁTOOKAL,ÁLS IS ONDERWORPE AAN HOM

Dries du Toit ·

En wat dan Alida. Dit is die vraag. Wat dan. Die DA is n klein party. Al hoe hy die ANC kan verslaan is as hy onslae raak van die wittes en n volwaardige swart party word. Miljoene swartes sal dan vir die DA stem. Hulle het nog steeds die illusie dat die DA n wit party is. Al het hulle onslae geraak van Zille as leier

SjN ·

Ek wag maar by die lamppaal want die plakaat se ek moet da stem.

Judge Dredd ·

…..baie DA ondersteuners staan onder die denkbeeldige straatligte van die nag…..

Flippie ·

Demokrasie is ‘n blote tel van koppe sonder om te tel wat in daai koppe aangaan… mors van tyd!

japie ·

Nooit ooit kry die DA my stem nie- dis ‘n pro aborsie en pro homo party!

Koos ·

Of jy stem vir die ANC of vir die grootste opposisie DA , die res maak nie saak nie , jy kan nie n land regeer met 10 verskillende party nie . Stem jy vir iemand anders gaan die EFF meer stemme as die DA he. So kies Geel of blou anders word dit rooi

witogie ·

Almal wat vir die DA gaan stem Woensdag sal mekaar seker na die tyd in die Spur kry en DStv kyk.

Roger ·

Dieselfde DA vir jul so graag stem is die party wat blankes verguis vir die geringste kamstige rassisme. Onthou die skooljuffrou-sage, onthou die miskenning van Afrikaans en Afrikaner-kultuur, onthou die dawerende stilte oor plaasmoorde, onthou wanneer jy “dink” die DA is die oplossing. Vir diegene wat daarmee akkoord gaan laat my wonder of dit die moeite werd is om in SA te bly voortploeter.

Vanessa Moore ·

Ek gaan DA stem, daar is geen ander opsie nie, dink bietjie verder as wat jul neuse lank is.

At ·

Mense met hul koppe in die grond (nes ‘n volstruis) en dooie visse, wat saam met die stroom gaan, is ook dieselfde liga.

JG ·

Dit is juis omdat ons dink dat ons NIE vir die DA sal stem nie…

Andreas ·

Ons het dit tyd gelede al gedoen, dis hoekom ons VF Plus gaan stem.

jennefer ·

Te oulik die seuns in hul skoolklere, wat die geel t- hemde gekry het, en baldadig op die teerpad ronddans en vir almal wys, hul het iets gekry.NIE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.