Belasting: Derduisende wag tot laaste dag

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het gesê meer as 5,7 miljoen belastingopgawes is die afgelope seisoen ingedien.

Volgens die SAID is daar meer as 4,2 miljoen opgawes deur individue ingedien terwyl meer as 1,4 miljoen opgawes vir vorige belastingjare deur individue ingehandig is. Altesaam 5,785 miljoen opgawes is ingedien, wat 2,1% meer opgawes is as wat in 2017 ingedien is. Volgens die SAID is in geheel 96,1% van verwagte opgawes betyds ingedien.

Altesaam 235 518 opgawes is op die laaste dag van die belastingseisoen ingedien, 67% daarvan op die eFiling-platform. Meer as 79 000 belastingbetalers is op die laaste dag by takke gehelp.

“Ons wil die belastingbetalers wat ingedien het, bedank dat hulle die regte ding gedoen het en hul bydrae tot die land gemaak het. Ons data wys dat belastingbetalers aangepas het by die korter seisoen en dat indienpatrone bestendig gebly het,” het Mark Kingon, waarnemende kommissaris, gesê.

Van die statistieke wat die SAID reeds bekend gemaak het, sluit in dat R17,9 miljard aan meer as twee miljoen belastingbetalers terugbetaal is en dat 96,88% van belastingbetalers wat terugbetalings moes ontvang en wat nie geoudit is nie hul terugbetalings binne sewe dae ontvang het.

Altesaam 87,02% van belastingopgawes is binne drie sekondes verwerk en 91,18% binne 24 uur; 52,07% van belastingopgawes is op die SAID se eFiling-platform gedoen terwyl 47,93% by takke ingedien is.

Die SAID het ook bykomende hulpbronne beskikbaar gestel die afgelope belastingseisoen. Die SAID het 445 tydelike werkers aangestel om bystand te lewer terwyl 23 mobiele belastingeenhede belastingbetalers in afgeleë gebiede bygestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Judge Dredd ·

Ek moes ‘n inbetaling doen wat ek toe gedoen het. Maar E-filling na ‘n maand dui nogsteeds aan dat ek hul geld skuld.

Gerrie ·

Wat van die ander 45 miljoen mense in die land? Ek weet almal werk nie en is minderjarig maar 5 of 6 milj. Wat be lasting betaal is maar min om almal te dra..

Riaan ·

Nadat ek my 2018 opgawe ingedien het, het SARS my laat weet hulle wag vir my 2010 opgawe, wat ek wel in gedien het. Na n klomp navrae stel ek toe vas hulle soek n IRP van n “lump sum” wat ek ontvang het in 2010. Ek het n brief vir hulle gestuur om te se ek het nie die IRP 5 nie en ook dat ek dit in elk geval nie langer as 5 jaar sou gehou het nie. Nou 3 maande later wag ek nog steeds en het niks verder van SARS gehoor nie. Natuurlik is my 2018 opgawe nog nie gefinaliseer nie. Miskien moet ek maar net nie volgende jaar n opgawe indien nie.

zoom zoom ·

Nee wat my belastingopgawe sien hulle nie gou weer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.