Belasting verhoog vir Nkandla-geld

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/Governmentza/GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/Governmentza/GCIS

Die regering het Donderdagaand tydens ʼn hoëprofielvergadering besluit om inkomstebelasting op alle vlakke met 1,4% te verhoog om pres. Jacob Zuma in staat te stel om miljoene op te dok vir sy Nkandla-woning.

Dit kom ná die konstitusionele hof se uitspraak Donderdag oor die Nkandla-kwessie en die openbare beskermer se magte. Die hof het beslis dat Zuma die openbare beskermer (OB) se aanbevelings uit haar Nkandla-verslag moet volg en persoonlik ʼn gedeelte van die geld, wat aan nie-sekuriteitsopgraderings spandeer is, aan die staat moet terugbetaal.

ʼn Woordvoerder van die tesourie, Ekstaanhi Bakkant, het aan die media gesê die kostes beloop na beraming voorlopig meer as R100 miljoen as rente in bereking gebring word.

“Daar kan nie van die land se leier verwag word om dié enorme bedrag alleen te betaal nie. President Zuma het die land gelei terwyl die woning opgradeer is, en dit is daarvoor belastingbetalers se verantwoordelikheid om vir sy leierskap te betaal,” het Bakkant gesê.

Maroela Media het vroeër berig die openbare beskermer het in haar Nkandla-verslag bevind dat luukshede op staatsonkoste bygevoeg is tot die eiendom, soos ʼn swembad, hoenderhok, beeskraal en amfiteater, en dat dit nie as bykomende veiligheidskenmerke beskou kan word nie.

Zuma het meer as ʼn jaar lank geweier om die geld terug te betaal, en die EFF en DA het hom en Baleka Mbete, speaker van die parlement, eindelik hof toe gesleep.

Die belastingverhoging tree vandag, op 1 April, reeds in werking.

***LET WEL: Hierdie berig was slegs deel van Maroela Media se poging om ons lesers op Aprilgekdag ‘n rat voor die oë te draai. Dit is dus glad nie waar nie. Lees meer: Aprilgek: Het ons jou gevang?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Jooste Rossouw ·

AL dit is ‘n heerlike land om in te bly hoekom verhoog hulle nie die blasting met 10% nie Dan kan die hele kabinet vir hulle huise in waterkloof nou. En die hoogste gekwalifiseerde persoon tans tussen hulle is Juluis maak hom president dan kan dit mos wonderlik gaan in SA! Oja en ons almal aanvaar dit maar en balklei by braaivleis vure daaroor

NEL ·

Is dit ‘n April fool grap, Hoekom moet die belastingbetaler opdok vir sy spandabelrigheid. Dit is totaal absert dat ons nou verhoogte belasting moet betaal. Waar is Zuma se Gupta vriende wat ek aanneem geen belasting verpligtinge in die land het nie. Muzi haal Zuma ver eens en altyd uit sodat ons kan aangaan en iets van die land kan maak.

Arie Steyn ·

Ja hier in suid zimbabwe kan ons enige iets verwag , selfs op die eerste april , ons het reeds alles betaal en nou kan ons maar die res ook betaal, hoe is dit met julle belasting betalers is dan nou bang vir so ou klein verhogingkie.

Grapgat ·

Haha… Ek hou veral van die woordvoerder van die tesourie se naam en van… Ekstaanhi Bakkant…. Ek staan hi Bakhand… Soos altyd

m ·

Ag nee Hendrik lag so bietjie. Moenie so ernstig wees nie. Op n dag soos hierdie moet jy weet jy kan niks glo wat gese word nie.

Rooiman ·

Baie oorspronklik. Ek het amper iets gaan opblaas uit woede, toe sien ek die naam: Ekstaanhi Bakkant. Goed gedoen.

Hahahehehiehie tjietjie ·

Maroela jul is die beste, ten minste kan mens lekker lag vandag, vir al die grappe en dat hierdie outjie vasgevat is!!!!!!

BJ ·

Jipppppiiiieee. Ek stel voor Tessourie verhoog alle belasting met 5%.
Ek betaal dit met n smile om Number 1 n “goeie gatskop” te gee. Gebruik d res vd geld om Nkandla uit te koop en as n heerlike vakansie oord vir belastingbetalers te gebruik (gee maar vir ATKV: hulle weet hoe om dit te doen!

Jaco ·

Wat is die punt van April Fool’s grappe? Dit is seker die domste tradiesie wat bestaan. Mense plant saadtjies sonder om te dink dat dit net dalk water gaan kry

hans brits ·

Ja ek stem Jaco,die mense dink nie wat hulle doen nie,ek vind hierdie grappe nie snaaks nie,so n persoon weet nie met wie(anc) hulle te doen het nie.Breinloos wat my aanbetref,

Pappa Beer ·

Ag Jaco, kry n sin vir humor toe! Moet nou nie ander se pret bederf omdat jy suur is oor iets nie ou maat! Jy kan maar smile, jou gesig sal nie kraak nie!

Anoniem ·

Weet jy Pappa Beer….met ANC – Zuma is dit moontlik dat hul die storie kan sluk en verwag ons moet dit betaal…Ons het hier te doen met Zuma of het jy vergeet…hoeveel is daar nie al van ons gevat nie….Niks fout met April fool nie, maar ongelukkig het ons hier te doen met Zuma…so moenie so wees met mense wat hierop iets te se het nie…vryheid van spraak moet jy nie vergeet…..

Klaas ·

Julle gaan verkeerde ouens advies gee. Met die anc aan bewind is enigeiets moontlik. ” We cant fight them. We cant join them. The only thing we can do is to out think them!” So moenie hulle n voorsprong gee ni.

hehehe ·

hehehe moenie worry hulle kani lesi!!!!! Hul sal dit ook nie verstaan nie! Geniet bietjie gekkedag, ons almal kort ‘n lag!!!!!!

Anoniem ·

Oppas…netnou sluk Zuma die storie en verwag dit van ons…..

Pappa Beer ·

Anoniem en Klaas, die anc maak staat en floreer op “blanke paranoia”, moenie dat n onskuldige grappie julle ontneem van julle “common sense” nie asb. Dit is REGTIG nie so erg nie! Lag eerder net saam.

Klaas ·

Weet jy Pappa Beer. Wat so lagwekkend is is die feit dat die anc in staat is om so iets te doen. Ja ons sien die humor daarin in en lag daaroor maar die realiteit is die klomp zuptas wat in die parlement sit. Jy kanni op hulle peil trek of enigiets glo wat hulle se ni.

O wee... ·

My hart het nou amper gaan staan! Skoon vergeet dis 1 April!! Ek was nie eers verbaas nie. Kyk ESKOM se verhoging wat so pas weer toegestaan is!!!!

Jaco ·

When your wit fails you, name calling ensue.
Bravo.
Nuus gewers saai wan informasie uit as hulle doelbewus onwaar nuusberugte plaas. Dit is oneties en kan duistere gevolge he.

Rozanne ·

Ek was alklaar besig om hom dood te wens toe ek sien die n gekke spul!! Julle het my!

Oom Kalahari ·

Sjoe……Maroela Media, ek was alreeds warm om die nek en het paar woorde uit die woorde boek gespreek en die m..r meter was behoorlik in die rooi soos met die lisensie berig ook. Dit was nou werklik puik en glo jul het ‘n paar lesers vandag mooi gevang met die April grappe. Wel jul het my gevang as dit nie vir die ou wederhelf was wat my reggehelp het nie sou al my speelgoedjies regtig uit die kot gewees het. Dankie vir die stukkies van humor, soms het mens dit nodig. Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.