Belastingbetaler hoes vir herskikte kabinet

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die regering het berigte ontken dat die nuwe staatsdepartemente die belastingbetaler ʼn bykomende R66 miljoen per jaar uit die sak gaan jaag.

“Die onakkurate beriggewing is ʼn opsetlike verdraaiing van die proses waarvolgens die begroting toegeken word,” het Donald Liphoko, waarnemende direkteur-generaal van die departement van kommunikasie, gesê.

Volgens Liphoko het Nhlanhla Nene, minister van finansies, dit duidelik gemaak dat die geld verkry sal word uit bestaande begrotings, meestal deur middel van die herprioritisering van uitgawes. “Dit is geensins ‘n voorstel van ‘n ekstra las op belastingbetalers nie.”

Hy het gesê president Jacob Zuma se herstrukturering van die kabinet het ten doel om te verseker dat die regering doeltreffend en op optimale vlak bedryf word ten einde dienslewering te verbeter.

Liphoko het reageer op ʼn berig in die Sowetan dat die gewysigde kabinet belastingbetalers R66 miljoen uit die sak gaan jaag, ten spyte daarvan dat daar vroeër gesê is dat dit nie meer as R40 miljoen sal kos nie.

Die koerant het berig dat daar onder meer R33,7 miljoen spandeer is op minister Lindiwe Zulu se nuwe departement van kleinsake. Dit is volgens die Tesourie se skattings rakende nasionale besteding wat na afloop van die mediumtermyn-begrotingsraamwerk bekend gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nina ·

“Hy het gesê president Jacob Zuma se herstrukturering van die kabinet het ten doel om te verseker dat die regering doeltreffend en op optimale vlak bedryf word ten einde dienslewering te verbeter.” Ekskuus? Julle het geen idee wat die woord ‘doeltreffend’ beteken nie! En soos altyd: ‘deny, deny’ deny!’ Idiote.

Ghost ·

Nina stem saam. Al wat hulle ken is korupsie en om die belasting betalers se geld te mors.

michael ·

Dalk op hou met dorp namme en straat naame verander dan sal daar geld wees vir wat saak maak

Ghost ·

michael en sommer ophou rond rits in ander lande, duur motors koop en duur vakansie en hotelle besoek.

HEVW ·

n Groter kabinet terwille van groter doeltreffendheid en beter dienslewering. Ag die tragedie. Hoe meer van hulle hoe groter die gemors, die korrupsie, hoe meer gee hul mekaar die skuld vir gebrekkige besluitnemings en wandade. Hoe meer afdankings, hofsake, heraanstellings wat miljoene kos. Hoe meer word daar gelieg soos ons in die berig lees.

jjobson ·

Beter dienslewering-WHAT A JOKE!! al service job wat Zuma doen is********************** ek liewer my mond hou. Lesers spel asb die JOB uit.

Theresa ·

Waar daar ‘n rokie is……………..
Wel die soustrein moet loop………………………….

Willie ·

Ag nee man, julle is nou onnodig krities, daar gaan seker net n klompie geldjies weggeneem word word van ons staatshospitale (wat reeds van die swakste op die kontinent is) en van onderwys (ons spandeer die derde meeste in Afrika en is heel onder met die kwaliteit van onderwys) – so, daar sal nie addisioneel van die belastingbetalers gevra word, of van die hoogwaardigheidbekleers om goedkoper karretjies te koop nie. Julle moet natuurlik ook in ag neem die addisionele werksgeleenthede wat vir familie en vriende geskep gaan word en die infrastruktuur en ondersteuningsdienste wat daarvoor benodig word. En daar sal seker ook n paar wegneem ete restaurante in die omgewing geopen word om al die staat se kredietkaarte behoorlik te benut …

adrian ·

Met ander woorde beteken dit dat die huidige ou ministers nie hul werk kan doen nie. Nou kry hulle nuwe bloed sodat hul kan terugsit en sien of die werk gedoen kan word. En dit kos miljoene: IDIOTE . O EK VERLANG NA MY OU SUID AFRIKA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.