Belastingbetalers dok dalk op vir Covid-19-entstof

‘n Gesondheidswerker berei ‘n dosis van die Pfizer-BioNTech-entstof voor. (Foto: Jean-Christophe Verhaegen/AFP)

Die regering oorweeg dit om belastings te verhoog ten einde vir entstof teen die koronavirus te betaal, sê die direkteur-generaal van die nasionale tesourie, Dondo Mogojane.

Mogojane het in ʼn onderhoud met Business Day gesê daar is drie maniere vir die staat om vir entstof te betaal. Die eerste manier is om belastings te verhoog of ʼn nuwe belasting in te stel. Die tweede manier is herprioritisering van bestaande dele van die begroting – om elders weg te neem ten einde vir entstof te betaal.

Die derde manier is vir die land om skuld aan te gaan.

Mogojane het in die onderhoud gesê die regering beskou die aanskaf van entstof as so belangrik dat ʼn finansieringswyse gevind sal word – met of sonder die hulp van mediese fondse en die private sektor.

Hoewel die nasionale gesondheidsdepartement bereken het genoegsame entstof sal R20 miljard kos, meen die tesourie dit kan heelwat goedkoper wees.

By navraag wou die woordvoerder van die nasionale tesourie, Cleopatra Mosana, nie bevestig of ontken dat Mogojane se mening die amptelike mening van die staat of die regering is nie.

“Die wyse waarop entstof gefinansier sal word, sal in sy begrotingstoespraak deur die minister van finansies, Tito Mboweni, aangekondig word,” was al wat sy wou sê.

Die DA het hom by monde van sy woordvoerder oor finansies, Geordin Hill-Lewis, teen belastingverhogings om vir entstof te betaal uitgespreek.

“Belastingverhogings sal ʼn klap in die gesig van elke werkende Suid-Afrikaner wees. Dit toon dat die regering uit voeling is met hoe swaar Suid-Afrikaners kry,” het Hill-Lewis gesê.

“Die inentingsveldtog kan teen ʼn koste van R15 miljard op die meeste gedoen word, en daardie bedrag kan maklik bekom word deur reddingsboeie vir disfunksionele staatsbeheerde ondernemings te staak, asook ander mors van geld in die begroting,” aldus Hill-Lewis.

Die DA meen dis nie hardwerkende landsburgers se skuld dat die land se fiskale posisie so sleg lyk nie. Die tesourie moet dus die nodige geld kry deur herprioritisering van bestaande begrotingsitems soos bepaal in die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies.

Volgens Hill-Lewis sou die kansellasie van die reddingsboei van R10 miljard aan SAL die perfekte plek wees om te begin.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Snowball ·

Hoe Anders? Georkestreerde diefstal van vuisvoos gemelkte Suid Afrikaners is al wat hierdie mafia regering ken.

Anoniem ·

Altyd die klein minderheid wat vir ‘n wanfunksionele regering se gemors moet betaal.

koos10 ·

En ‘n groot meerderheid wat vir hulle stem. Demokrasie in aksie?

Piet ·

Jy oorskat die minderheid se bydrae tot die staatskas. Die swart, werkende middelklas is byvoorbeeld reeds veel groter en dra baie meer by tot die staatskas. Dis ‘n mite dat die minderheid die ekonomie dra, lankal nie meer nie.

Die Wolf ·

Ek wonder hoe hulle daaroor gaan voel Moontlik meer verhoging eis.

Dirk ·

Geagte Piet, waar kry daai eweskielik groot middelklas hulle inkomste vandaan?
BEE, AFFIRMATIVE ACTION, NEPOTISME en dalk KORRUPSIE.
Ek kom nou en dan by ń staatsinstelling wat onderdele vir treine vervaardig, en as jy sien hoe oneffektief daai “groot werkende middelklas” die plek bestuur kan jy maar net jou nekwerwels afskud in woede.

Skande

Anoniem ·

Hulle vorm deel van die klein werkende minderheid wat tot die staatskas bydra. Nêrens in my kommentaar het ek enigsins oor ras of kleur gepraat nie.

Pieter ·

4de manier wat sal werk 110%- Gaan kry geld by Zuma en sy maats en Guptas. (Probleem opgelos). Dan by all die valse tenders.

Phillip ·

Ja maar toe die wierus nog nie in ons land was nie was die Anc ge se hulle is reg en gereed vir die wirus en grense nog oopgelos nou moet ons opdok vir Anc se groot praat en anc se vlaater gaan maak julle skuld by cina

Willem ·

Laat hulle die R500 biljoen gebruik om dit te betaal..????????????????????

Gato ·

Daai R20 miljard sluit seker die omkoop geld, regering se wins, ANC se ou deeltjie en nog so paar middelmanne wat dit moet stoor en vervoer se deel ook in. Die werklike koste is seker net R2 miljard. Ons ken die regering mos nou nie net van vandag af nie. Die manne en vroue kan baie kreatief raak met sulke meevallers. Die belasting melk koei is besig om op te droog want baie mense het hulle werk verloor en besighede maak nie meer wins nie. Wonder waar gaan die Vet katte dan hulle inkomste vanaf kry?

Gato ·

Ek het ‘n radikale gedagte. As my somme reg is gaan ‘n dosis entstof omtrent R1000 kos. Hoekom betaal elkeen nie maar net vir sy eie dosis nie?
Dan hoef ek ten minste nie vir ‘n klomp van “our people ” te borg met my belasting geld nie.

Snowball ·

Goeie idee, maar in Kaderland sal dit eenvoudig nie deug nie, daar is te veel bak palms wat vetgesmeer moet word in die korrupsie ketting.

Suzette ·

Maar natuurlik sal dit vir die spul ‘n uitkoms wees as die belastingbetalers daarvoor kan betaal. Wat het van al die geld geword wat al aan SA gegee is. Die regering is n volslae mislukking.

Plaaskind ·

ek sou eerder sê dat die staatsamptenare nie bonusse gekry het Desember nie en daai geld gebruike het om entstowwe te betaal.

Anel ·

Wat het van die R500biljoen geword? Kom ons stel dit so, ek wil nie die entstof hê nie. So, laat die wat dit wel wil hê dan maar daarvoor betaal. Die mense het in elje geval nie meer werk om belasting te kan betaal nie. So waar gaan die geld vandaan kom? Kry maar by die kopdoek vrou die geld. Sy en haar seuntjies het genoeg gemaak met die onwettige sigarette. Ons gewone mense het nou genoeg gehad!!!

Annette ·

Stop die korrupsie en diefstal. Die belastingbetalers kan nie nog verder getap word nie. Ons sukkel reeds om te oorleef. Ivermectin is baie goedkoper en vele getuienis dui op die effektiwiteit daarvan. Die ANC is besig om die hele land te verwoes.

Johan ·

Dis waar jy die fout maak. Het jy n kar? Het jy n huis? Dan kan jy nog betaal…dit is hoe n kommie dink.

Debbie ·

Ons moet meer belasting betaal vir die entstof en dan moet jy ook betaal om die ent te kry. Onregverdig

koekoes ·

Ag man, as daar minder bedrog in ons land was, sal daar meer gelde gewees het en die land sou nie gewees het waar hy nou is. Kyk bv ons oulike SAP en verkeers manne en vroue, as hulle die energie insit op plaasmoorde, huis aanvalle en alle misdaade soos wat hulle nou in sit vir mense wat drank verkoop om te oorleef. Sou ons land self beter gevaar het. Daar is soveel besighede wat toe gemaak het nou, nou die bietjie wat skuur om oop te bly wil hulle die tax meer maak. Wat `n leier het ons, hoe vertrou met so iemand…………. Die verkiesing moet kom. Hoeveel mense moet nog dood gaan van honger of deur die Covid en on sander moet lees en hoor van die klomp leuns en valse beloftes.

Adrian ·

Laat elke een vir sy eie vaccine betaal. Ék sal tot R5000 betaal om dit te kan kry…

Talia ·

My tax geld betaal dat ek gratis gesondheid en veilheid kry, en ook dat ons kinders gratis kan skool gaan. Ons publieke hospitale is n gemors, die polisie is skelm, en ons kinders se skoolgelde is baie hoog. Ek betaal mediese fonds, en het n sekuriteits maatkappy wat na ons omsien, en die publieke skool kos steeds geld, baie geld. NOU WIL HULLE NOG HÊ!

Oomniklaassevriend ·

Indien ivermektien toegelaat was soos in Indie en Hypochloroquine soos in sentraal Afrika was die mortaliteit in SA veel laer as nou. Maar ja daar is seker ‘n reuse “kick back” vir die regering met die eksperimentele inentings. Daarom word ons gedwing om dit as enigste oplossing te aanvaar.

Vlooitjie ·

Ek is een van “daai” wat nie die entstof wil hê nie, maar moet swaarder getax word anyway om dit beskikbaar te stel vir almal. Die wanbestuur van als tydens lockdown wurg die laaste bietjie lewe uit alles en almal en dan moet ons net nog meer belasting betaal en dan is daar waaragtig mense wat nog glo ons regering doen hul bes vir ons in ons tyd van nood. Teen die tempo wat ons ekonomie verkrag word tans kan hy sy optimisme vir 2021 shove. En ek moet liewer nou afklim voor ek verdomp vloek.

Jaco ·

Ramaphosa het meer as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. So regstellende aksie en BEE gaan toeneem en nog meer wit mense gaan verarm en glad nie werk nie. Maar nou wonder ek maar net: gaan al ramaphosa se our people wat die wit mense se werke en besighede kry bereid wees om meer belasting te betaal?

Jan ·

Ag hemel tog, hoe anders? Nou moet ek met swaarverdiende geld belasting betaal om die regering se wanbestuur reg te stel . Nadat die die land in die grond in bestuur is. Ek gaan nie entstof mag kry nie, maar ek moet mense wat nie wil werk nie kruis-subsidieer sodat hulle entstof kan kry.

Deon ·

Die Londen Times het ons regering beskryf met ‘n nuwe woord. “Ineptrocracy” Dit veruidelik kortliks as volg. Dit is ‘n sisteem waar die mees onbevoegde om te lei verkies word deur mense wat die minste vermoee het om om self versorgend te wees en dus vergoed word met “hand-outs” wat betaal word deur gekonfiskeerde rykdom van ‘n vinnig krimpende nommer van die wat wel produseer. Beter sou ek self nie kon se nie.

Jan ·

Net nog ‘n manier om meer geld in die korrupsiespiraal te kry.

Wondermaarnet ·

Hoekom moet my swaarverdiende geld vir tronkvoël se entings betaal?

Sonneblomkind ·

Wat kan ek se…..nog n bedrog spul……..SAL wat so baie geld kry en nie hulself kan bewys nie…last hul biekie betaal…

Carel Johannes ·

Hoe dan nou anders?, Cyril het dan uitdruklik gesê daar sal! geld wees vir entstof, en selfs diegene wat nie die entsof wil ontvang nie gaan help betaal om “OUR PEOPLE” te laat inent teen die virus of hy/sy nou wil betaal of nie. Laat dit liewer oor aan die privaat sektor om die takie te verrig. Cyril en Kie wil weer net dit misbruik om meer geld te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.