Belastingbetalers dok op vir reise vir minister se vrou

Norma Gigaba, Malusi Gigaba se vrou, tydens die staatsrede by die parlement (Februarie 2017). Foto: GCIS

Belastingbetalers het vanjaar reeds meer as R500 000 opgedok vir oorsese reise vir Norma Gigaba, die vrou van Malusi Gigaba, minister van finansies.

Dié aardige bedrag sluit onder meer ʼn daaglikse toelaag van R13 000 in.

David Maynier, die DA se skaduminister van finansies, het in ʼn verklaring gesê hierdie inligting het aan die lig gekom in ʼn antwoord van Malusi Gigaba op ʼn geskrewe parlementêre vraag van Maynier.

Volgens Maynier beteken dit dat belastingbetalers teen die volgende verkiesing in 2019 reeds R2,25 miljoen vir hierdie reise sou betaal het teen die huidige vlak wat Norma internasionale reise saam met haar man onderneem.

“Norma Gigaba het geen amptelike rol tydens die minister se amptelike reise nie. Selfs al voldoen hierdie uitgawes aan die bepalings van die ministeriële handboek, is dit doodeenvoudig verkeerd, veral wanneer 30,4 miljoen mense in Suid-Afrika in armoede leef en sukkel om brood op die tafel te sit,” het Maynier gesê.

Hy het bygevoeg dat Gigaba, wat verantwoordelik is vir kostebesparingsmaatreëls in die regering, ʼn voorbeeld in hierdie verband moet stel. Die DA beplan ook om wysigings voor te stel aan die riglyne in die ministeriële handboek rakende amptelike oorsese reise van ministers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Katryn ·

Ja, dis mos ‘n bodemlose put van geld wat instroom (deur ons belasting betalers) vir misbruike deur die vername mense. Dit terwyl talle mense sonder krag en water moet klaarkom.

Adam ·

Dit behoort ons nie te verbaas nie. Die parlement is immers ‘n voerkraal vir mense.

snoefie ·

as hulle n lekker “outing” wil hê moet ministers maar srlf hulle metgeselle se uitgawes dra. ook self veiligheids en en enige ander oograderings aan hulle eie persoonlike wonings en voertuie betaal.

marous ·

Waarom word daar niks aan die mense gedoen nie? As ‘n gewone mens ‘n rand weerhou van die belastingaarder word daar summier opgetree. Wie gee aan die mense die reg om met die staatskas te maak soos hulle wil? As enige besigheid so uit die kasregister bestuur was , was die deure binne ‘n half uur toe en die plek bankrot. Dit lyk of die mense wat in beheer is van die land se belange dink dat meer note druk, die antwoord is vir al die gemors wat hulle aanvang.

Eish ·

Die berig sê dat die uitgawe aan die reëls voldoen, dus is daar niks onwettigs nie.Die punt wat Maynier maak is dat dit verkeerd is aangesien die vrou geen amptelike funksie vervul nie en gedagtig aan die toestand waarin die helhool hom bevind, die regte optrede spaarsamigheid sou wees. Veral omdat Gigaba minister van finansies is en n voorbeeld behoort te stel. Enige besparingsmaatreëls wat hy gaan inisieer gaan nie die papier werd wees waarop dit geskryf is nie, want : ” He is talking the talk, but not walking the walk.”
Dis een woord verregaande!!!

Ronel ·

En dan moun die einste grootbek party oor opgraderings aan De Lille se woning? Verwyder eers die balk uit jou eie oog asb…

V ·

“…Die tyd het vir my gekom om te EET!…” DANKIE en Wê!!!

Ano ·

SJOE kon sy nie maar ordentlike klere ook gekoop het van daai geld nie?

EMMA ·

Smaak kan jy nie koop nie, al is daar n bodemlose put. Dit is nou mense wat n voorbeeld moet wees.

EMMA ·

Smaak kan jy nie koop nie, al is daar n bodemlose put. Dit is nou mense wat n voorbeeld moet wees vir ons.

Asmain ·

Genade! Met daardie tipe toelaag sou mens verwag sy sou beter aangetrek het! Wat n aaklige ROK!

Karin ·

Sjoe, R13,000.00 per DAG! Ek het nog nooit eens in meer as 34 jaar wat ek reeds werk, soveel geld in ‘n maand verdien nie. Wat nog te sê gehad om uit te mors nie. En ek is veronderstel om onder die “bevoorregte blankes” te tel.

Bee ·

Huule doen maar net voort wat die vorige ministers gedoen het.

etienne ·

Karin, dit is VS$1000, so die swak Rand laat dit buitensporig lyk maar dit is nie,die res van die wereld se skuld dat die rand vrot is nie ,die voorspelling is dat dit tot 30 teenor die VS$ sal verswak.Met voedsel pryse wat styg is kannibalisme reeds besig om pos te vat-Newcastle!!

stefanie ·

Hoe is dit moontlik dat ons land se wette so swak saamgestel kan wees dat daar net geen stappe kan neem teen misdadegers wat ons land bestuur nie hulle kom net weg met alle misdaat soos verkragting ,diefstal,hoog veraat, moord noem dit daar is net geen wet wat hulle kan stuit nie ons staatspresedent stel die voorbeeld hoe dan anders alles gaan net oor self veryking

A. Mac ·

En so klim daar al hoe meer mense op die soustrein. Nou weet ons dat Gigaba ‘n lakei van Zuma en die Gupta’s is. Die DA en publiek kan kerm en kla soos hulle wil, teen die tyd weet ons dis om soos teen die wind te poep en te dink die hele wereld gaan dit ruik met al ons uitwys en ontdekking van mags- en finansiële misbruik in die regering.

Kom nou ·

Hoekom is ek nie verbaas nie.. Almal van hulle sal skep as dit pap reen … Maar as jy in beheer is van die land se geldsake… Moet jy n skoon blaadjie. He want as jy ook bakhand staan is jy ook skuldig

Andre ·

Maar nou wil julle my wat nie werk binne die land kan kry nie ook tax! Julle kan bly wees Maroela het ‘n taal beleid!!!!!
Ek moet buiteland werk en dan betaal vir julle buiteland VAKANSIES!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.