Belastingbetalers dok steeds op vir Zuma se gelag

President Jacob Zuma. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Asof al die onthullings oor staatskaping onder sy bewind nie genoeg is nie, het dit nou ook aan die lig gekom dat oudpres. Jacob Zuma en sy vroue die afgelope jaar sowat ʼn miljoen rand van die belastingbetaler ontvang het vir vervoer-, reis-, verblyf-, selfoon-, administrasie-, kantoor- en regskoste.

Die feite blyk uit ʼn antwoord deur pres. Cyril Ramaphosa op ʼn parlementêre vraag deur die DA-hoofsweep in die Nasionale Vergadering, John Steenhuisen.

Steenhuisen wou by Ramaphosa weet watter uitgawes die presidensie sedert Zuma se bedanking op 14 Februarie verlede jaar aangegaan het namens Zuma wat reise en ander voordele betref.

Ramaphosa het geantwoord dat Zuma se binnelandse vlugte (vir hom en – telkens – een van sy vroue) R150 668,38 bedra het. Zuma is op ʼn onbeperkte aantal binnelandse vlugte vir hom en een van sy wederhelftes (dit hoef nie altyd dieselfde een te wees nie) geregtig.

Die restant van R837 444,41 is uitbetaal aan selfoonkoste, motorhuur, verblyf, administrasie, kantoorkoste, twee personeellede en uitgawes aangegaan deur die mevroue Zuma.

Benewens dié aardige uitgawe ontvang Zuma ʼn pensioen van R2,9 miljoen per jaar en elkeen van die vier mevroue Zuma ʼn pensioen van R1,45 miljoen per jaar.

Volgens Ramaphosa weet die presidensie nie wat die doel of bestemming van Zuma se reise was nie, aangesien die presidensie geen sê daaroor het nie. Hulle betaal net daarvoor, soos bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Gerhardb ·

Nee Nee Nee…Hoe keer ons dit? Wat kan ons doen om dit stop te sit? Pay Back the Money…

Colleen ·

Niks sal hiervan kom nie. Die madams moet mos mooi opdress en saam piekel oral. Niks gewoond en ipv pap vreet by die huis is dit mos lekker hotelkos. Dit sal mos om ons te spite leef tot dit 100 is!

B C Duvenhage ·

En nou wonder almal hoekom R S A in rommel skuld status is.A N C sal baie sukkel om ons uit dit te kry!

B C Duvenhage ·

En nou wonder almal hoekom R S A in rommel skuld status is.A N C sal baie sukkel om ons uit dit te kry!

B C Duvenhage ·

En nou wonder almal hoekom R S A in rommel skuld status is.A N C sal baie sukkel om ons uit dit te kry!

Hanlie Geyser ·

Hoe is dit dat die vrouens ook geld kry? Hulle was mos nie in diens van SA og enige regerings organisasie nie. El glo ook nie van hulle is al 55 om ‘n pensioen te ontvang nie. En waarom kry hy wat Zuma is pensioen en al die ander kostes word gedek. Hy moet mos die kostes uit sy pensioen betaal? Wat vertel die regering ons nie.

Piet ·

Belaglik. Dat geld so gemors word in n land wat dit so nodig het.

Paul ·

As hy dan daarop geregtig is as deel van sy pensioen voordele, aanvaar dit en leef daarmee saam, dis nou maar soos dit is. Mag ons dan nou nie vorentoe weer op so ‘n berig vergas word nie, ons het nie dit ook nodig om saam met Cyril se termyn te verwerk nie.

Paul ·

Ek moes eintlik hier gesê het, benewes sy pensieon voordele.

Hartseer ·

Is dit hoekom die staat ons belasting verhoog het en hoekom ons belasting moet betaal? Sodat dit net gemors kan word?
Sorg vir die arm mense en hou op instop vir die mense wat dit nie regtig verdien nie

Onnie ·

Dis genoeg om my te laat kots! Ek wil nie eens sulke berigte lees nie, dit maak my net meer van ‘n hater.

John ·

Die oompie weet te veel… die oompie weet te veel…. Wag, ons gaan nog vir al plaatopnames betaal… betaal… betaal vir die mooi konstuums op die Afrikaans is Groot verhoog… en dalk nog ‘n Emmy en die 1e-klasrit soontoe en…

Genieve ·

Laaste paragraaf..die Presidensie het geen se daaroor geahd nie hoe dan nou??

Nettie ·

@AP: NOOIT NIE.

DIE ANC kan nie bekostig om Zuma tronk toe te stuur nie, want hy het ‘n verskriklike groot aanhang onder die spul (dom?) Zulu’s – hy’s mos hulle “inkosi enkulu”. Buitendien, as ons ons ogies uitvee, is Zuma weer prezzie. Ramaphosa is ‘n swakkeling en dit begin nou te wys – hy heul met Zuma (onthou: hy was Adjunk Prezzie onder Zuma) – hy is dus geen ridde op ‘n wit perd nie.

Keelvol ·

Die antwoord al die vrae is in die laaste paragraaf: “Hulle betaal net daarvoor, soos bepaal”
Die pensioen vir Zuma en al sy gades met al die byvoordele daarmee saam is in die nagtelike ure bespreek en aanvaar voor hy sy kantoor ontruim het om vir mnr. Ramaphosa plek te maak.

Tokkolos ·

Nee man dit kan mos nie wees nie
Wag gou vir my
Ek is naar
Ek gaan gou kots???
MM wat is die probleem
Ek gaan aanhou “stuur kommentaar” druk tot hy deurgaan is jul netwerk te swak om meer as 10 op n slag te laat deurgaan

Foxi ·

Wens hierdie nar wil in n sirkus gaan werksoek! Nee regtig…..ek weet nie hoekom ek oor hom nog kommentaar wil lewer nie, seker omdat ek FEDUP IS???

Geskok ·

Hoekom moet 4 vroue elk 1.45 miljoen pensioen kry???? Hulle het nie gewerk nie!!! En Zuma leef nog, so dit is ook nie sy pensioen wat aan hulle betaal word nie!!! Iets maak nie sin nie@

Chris ·

Die opskrif moes lees: “Die belastingbetalers dok steeds op vir Zuma se geslag”.

Michelle ·

Nkandla is nie vir hom genoeg nie die 4 vroue ook nie hy sal Suid-Afrika leeg suig hy het almal verneder met die Guptas en met als wat hy aangeraak het. More sal ons ook iewers in ‘n straat staan voor die media en smeek vir geregtigheid want hier sal niks meer oor wees nie alles wat hy ongelukkig aan vat het die hoof opskrif korrupsie voor aan

Quixilver ·

Dit is net sy Pensioen. Dan ontvang JZ nog sy Selaris van oor die R2m per jaar. Alle vorige presidente kry dit nog elke jaar, De Klerk- Mbeki – Motlanthe.

Spike ·

Die kaders en comrades beskerm mekaar. Hulle het sa vernietig, maar dit is nog nie genoeg nie.

Spike ·

Quixilver, die ander verdien dit dalk so in ñ baie klein mate, maar zuma en sy gevolg glad nie. Hy verdien tronkstraf.

Skybird ·

Na 37 jaar Staatsdiens (sap) en vroeë aftrede, my familie afgeskeep om elke oomblik gereed te wees vir watter dienste ookal, soms ń JAAR weg van my woning op spesiale dienste, nou trap ons water om kop bo te hou met ń belowende ? spensioen van R10 200 per mnd, baie boetes ? gewees vir vroeër aftrede ?

Hendrik UAE ·

AITSA!Die opskrif pas so mooi by die foto.Sy gelag.HE
ehe

Anita ·

Die vroue is nie geregtig op pensioen nie, en selfs al is hulle op pensioen ouderdom kon hulle dit nie ontvang ie want hulle het nie inbetaal nie, en hulle kan ook nie Sassa pensioen kry nie want sy inkomste is te hoog. Hy moet al die skuld aan die staat terug betaal, en daar mag nie meer vir oorsese reise en verblyf betaal word aan die vroue nie. Iemand/ moet hierdie ex Pressie in die tronk sit en die Parlement dwing om aan die vroue enige verdere pensioen te betaal., ONS KAN NIE MEER BETAAL NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.