Belastingbetalers gaan langer wag vir terugbetalings

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het belastingbetalers gewaarsku dat hulle langer as tevore gaan moet wag vir terugbetalings.

Volgens die SAID is daar bykomende risikoprosesse geïmplementeer om die legitimiteit en akkuraatheid van terugbetalings te verseker. “Die SAID het ’n verpligting teenoor belastingbetalers sowel as die fiskus om te verseker dat onwettige eise en bedrog gestaak word.”

Die SAID het gesê hy is bewus daarvan dat belastingbetalers verwag om vinnig ’n terugbetaling te kry nadat hul opgawes ingedien is. “Die terugbetalings kan egter eers gedoen word wanneer alle prosesse afgehandel is, maar ons is daartoe verbind om wettige terugbetalings so gou as moontlik te doen.”

Lede van die publiek is intussen ook gewaarsku om op die uitkyk te wees vir belastingidentiteitsbedrog. Volgens die SAID moet belastingbetalers wat hul opgawes aanlyn indien baie versigtig wees en hul inligting, gebruikersnaam en wagwoord ten alle koste beskerm.

“Die SAID sal nooit ’n belastingbetaler se bankbesonderhede of enige persoonlike besonderhede via die pos, e-pos of SMS versoek nie. Die SAID sal ook nie korrespondensie uitstuur waar belastingbetalers versoek word om op skakels te klik nie.”

Die belastingseisoen het Saterdag amptelik geopen en nie-voorlopige belastingbetalers wat hul opgawes aanlyn indien het tot 24 November om dit te doen. Voorlopige belastingbetalers wat ook van eFile gebruik maak het tot 31 Januarie 2018.

Belastingbetalers wat hul opgawes per hand of deur die pos indien het tot 22 September tyd om dit te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Vaalpiet ·

Ek weet hoekom die geld het vir eers Sal se skuld betaal

marous ·

Elke maand moet daar LBS betaal word , maar as dit by uitbetalings kom is dit ‘n gesloer. BTW betalings ook. Wat is die ware toedrag van sake?

Chris ·

Jip, die rente wat die regering gaan ontvang uit duisende (dalk miljoene) mense se geld, sal seker genoeg wees vir nog n Nkandla.

LMF ·

Vra ek ook werk al jare vir die plek en ons het noueers van dit gehoor die ander stelsel het puik gewerk ek vermoed daar sit iemand met die van GTZG agter die storie dit gaan een of ander manier tot hul voordeel strekkkkkkk

Bettie ·

Ek word elke jaar ge audit omdat al my mediese bydrae betaal, audit al Maandag middag aggehandel en SARS het bevestig als is reg en afgehandel en ek wag nog steeds. So die klink nie regtig korrek nie. Gewoonlik tweede dag al in

Eps ·

Ons is in dieselfde boodjie. Lyk vir my mens moet jok oor jou inkomste en net minder of geen belasting betaal nie.

Werner ·

Ja nee ons wag Langer op betalings want hul trek rebte daarop.

Cherokee ·

Hierdie een werk nie Werner. Hulle betaal met rente uit. So probeer maar weer (‘n ander een).

Awie Opperman ·

Waar het SARS al ooit rente uitbetaal op Inkomstebelasting terugbetalings? Dis ‘n leuen.

CS ·

Ja as mens 1 dag laat is om jou oorbetalings te doen word jy beboet maar as hulle jou geld skuld kry jy nie eers rente daarop terug nie-hulle moet ook eintlik boetes betaal op ons geld wat hulle ons skuld en wat laat uitbetaal word

Asjas ·

Die waarheid sou gaaf wees. Die Guptas het hel miljoene ontvang, hoekom moet ons wag??
As jy laat is met geld wat jy SARS skuld word jy beboet en rentes gehef, hoekom kan dit nie ook andersom werk nie?
Kan SARS bevestig wanneer die gemors opgelos gaan wees??

Eps ·

Die Guptas regeer die land en die kabinet se byvoordele word deur hulle betaal.

CAROL ·

Maar nee kyk hul is vinnig om ons aan teslaan as ons hulle geld skuld!!!!!

Piet Pompies ·

Dit lyk eerder na ‘n kontantvloei problem by SARS, enige besigheid wat ‘n tekort aan kontant het kan sy probleem oplos deur uitbetalings uit te stel.
Meer geld in die kluis om skuld te delg (Staat uitgawes) en minder geld om aan die belasting betalers uit te betaal.

Vermeende ·

Die regering werk al lankal nie meer vir die voorspoed van die publiek nie maar die publiek werk vir die voorspoed van die regering.

Dit klink of daar n vreeslike geldnood is en hierdie n versoning om geld te wen.

Doreen van Rooyen ·

Dood het sy oorsaak. Addisionele audit prosedures. Kom ons wees eerlik en seg eerder die staatskas het nie geld om hulle verpligtinge na te kom nie. Die vet katte sorg eers vir hulle self.

Liesl ·

Gou om te vat maar wanneer dit kom by terug betaal dan is daar baie stories!!

Kobus Hattingh ·

Seker omdat hulle so n dringende terugbetaling van R700 miljoen aan die Gupta’s gemaak het…

Debbie Hendriks ·

Wees gerus – Uitbetalings het vandag begin wys op die Statement of Account – met uitbetalingsdatum 8 Julie 2017 – Drie van ons het al kennis ontvang.

Asjas ·

Dankie Debbie!! Dis goeie nuus want ek het al daai geld spandeer!!! :-)

Leonora ·

Baie dankie Debbie – Het nou daar gaan kyk en myne wys ook dat dit more uitbetaal :)

ursula ·

Waar op die statement of account wys dit? Ek het myne ingedien Maandag

Martie ·

@ DEBBIE HENDRIKS Waar kan mens kyk na jou eie “statement of account” om eie terugbetaal datum te sien?

Goose ·

Ek het nou die hele PAYE bladsy bekyk, maar sien nie die “statement of account” wat Debbie van praat nie. Ek het al Saterdag oggend in gedien. Help!!!

Amanda ·

Hi. Waar sien mens dit? Ek het Saterdag myne ingedien en dadelik my IT34 aanslag ontvang wat die bedrag wys, maar nog geen betaling ontvang nie.

Vark ·

Hulle het nuwe formules bygevoeg maar so het hulle weer ander formules opgefoeter – dit is wat aan die gang is – hulle wil eers weer seker maak dat alles reg is voordat HULLE self kan aangaan

Nie alweer nie ·

Ons het laasjaar vroeg in Julie al ons goed ingegee vir SARS. Uitbetaling eers laas maand gemaak. Al wat ek kan sê is, dis PATETIES!!!!!

Ben ·

Ek stem saam dat hulle moet mooi seker maak van uitbetalings, want daar is diè wat kroek! Ek verbaas my egter meer aan die bogenoemde briewe wat kommentaar lewer en dan nie hul eie getikte woorde eers ten minste een maal deurlees voordat hulle “Stuur” druk nie. Lyk my ou-skoolwaardes tel nie meer nie en dan raak jul kommentaar net meer sinneloos? Wend ‘n poging aan mense – dit kos niks. Red Afrikaans!

Roger ·

Interessant dat hierdié inligting nie dadelik aan belastingbetalers gekommunikeer is, toe hul kwansuis die “bykomende risikoprosesse” geïmplimenteer het. Iewers is daar weer ‘n skelm, in die sisteem, wat gaan voordeel trek uit die teruggehoude geld.

Anoniem ·

Julle weet mos die Guptas moet eers hul BTW eis terugkry voor julle jul geld sal sien.

LIESL ·

Hi julle – waar kan mens gaan kyk wanneer jou geld uitbetl word? of datum tenminste?

Jo-anne ·

Jy kan op jou e-filing gaan kyk onder returns history en dan onder jou ITA34 request historic document dan kies jy ITSA vir ses maande dit sal daarop wys wanneer die uitbetaal.

LIESL ·

Hi julle, waar kan mens gaan kyk wanneer jou geld uitbetl word?

Ruby ·

Hulle moet pasop as mense nie begin spiteful raak nie.

In die verlede binne die 3de dag in, as hulle wil sloer dan sloer ek met my gewete.

Wendy ·

HOEVEEL langer gaan ons moet wag? Gewoonlik 2 dae. Is dit nou 3-4 dae, 2-3 weke, maande?? wat is langer?

vian ·

kan maroela nie dalk die vrou kontak om te hoor waar kry ons betaal datums nie ek kry dit ook nerens…

Wag steeds ·

Ek wag al langer as ‘n maand vir ‘n vorige jaar se eweskielike oudit om uit te betaal. Oudit my uit die bloute na hoeveel jaar, en ek het ‘n baie basiese vorm om in te dien, niks tierlantyntjies nie, laat weet my ek het ‘n boete om te betaal, maar nou dat hulle my moet betaal, nou wag ek…. Die dispuut was opgeklaar en terugbetalingdatum 22 Junie. So, hoeveel langer is “nog langer?” Toe ek hulle bel laas Vrydag, vertel die dame my uitdruklik daar is geen tydlimit verbonde aan die “review” en terugbetalingstyd nie.

Mike ·

Net gister is daar berig oor die weerhouding van BTW terugbetalings en selfs uit voorlopige verslag is dit duidelik dat daar groot skroef los is by SARS.. die feit dat hulle teen einde Julie moet antwoord sodat finale verslag afgehandel kan word sal nogal interessant wees … allerhande “prosesse” sal seker die skuld kry om kastig die belastingbetaler te “beskerm” … Gordan het die probleem al in Februarie uitgelig … snaaks dat die Guptas se R70 miljoen met behulp van die kommisaris so vinnig afgehandel was. Hier is ook weer een of ander “ongeruimde plan” besig om reg onder ons neuse te gebeur. Die staat is toe onder die skuld en hulle deel nog steeds waarborge aan bankrot instansies soos SAA uit asof dit kleingeld is. Die feit is dat 17 miljoen mense per maand toelae in kontant moet kry … ʼn staatswaarborg help hulle nie om te eet en te oorleef nie. In kort dink ek daar is massiewe kontant tekort derhalwe word hierdie belasting balle in die lug gehou om kontant-beskikbaarheid op hande te probeer hou. Gigaba het juis probeer lening by IMF kry … So uit die bloute en dit beteken net een ding dat die staat tans teoreties bankrot is in terme van fisiese kontant beskikbaar – Lenings kan nie werklik met nog sg waarborge terugbetaal word nie en SA banke besef dit so staatswaarborge word reeds as baie riskant beskou.

charmaine ·

Van my kollegas het SARS gebel en gese betalings kan tot 21 dae neem om te betaal, so ja die van ons wat nou al gesubmit het se geldjies trek bietjie rente vir GUPSARS.

Andre Traut ·

Dit klink vir my sars is in die moelikheid en het my terugbetaling se rente geld nodig om die wa deur die drif te trek…..

Hendrik ·

Ai hou op kla mense ek betaal elke jaar in. Die wat terug kry kan eerder se dankie tog.

MoegEnMoedeloos ·

Addisionele risiko se voet. My aanslag was gedoen en betaal toe besluit SARS hulle doen WEER die aanslag nou skuld ek SARS glo R300,000.00 !!! Wonder of hulle self weet wat hulle doen? Ek is raadop.

Johannes van Staden ·

Sien deur hulle ….die geldjie is op ! ! IMF het ook gewaarsku ….hier kom n dink vir al die slimkoppe in beheer …veral vir die mislukte onderwyser met die bril …sy oë gaan nog groter rek ….kyk maar mooi !

Heilie Jonker ·

Ons sukkel nou nog om my man se persoonlike belasting van laas jaar uitgesorteer te kry. Hy het nog nooit nodig gehad om belasting opgawes in te dien nie. Laas jaar was die 1ste keer wat hy dit moes doen en skuld toe sommer vir SARS n hengse klomp geld vir boetes wat hulle opgelê het oor hy nog nooit opgawes ingedien het nie en toe sommer ook afgetrek is van die gelde wat uitbetaal moes word. Die res vd bedrag uitstaande het SARS afgeskryf toe ons begin appel aanteken het. Maar kry niks antwoorde oor die geld wat hul gevat het nie.

Epd ·

Ek het sommer vandag nog ‘n brief aan my pensioenfonds gestuur om my belasting voordele maandeliks in berekening gebring moet word. Ek kry elke jaar amper R20 000 uit SARS sloer doelbewustelik met uitbetalings. SARS skuld belastinbetalers meer as R20miljard en hulle gaan hul teiken met meer as R30miljard mis. Die land het kontantvloei probleme en net die Guptas se steel geld word oorbetaal met korrupsie. Die slegste van alles is dat die Valke en Nasionale Vervolging die korruptes beskerm. Kyk ook net wat met Shabir Sheik en Jackie Selebe gebeur het. Sheik dukkel nog steeds om siek te lyk en om dood te gaan.

Rozell ·

Dis onaanvaarbaar. Hul het mense gelure om aanlyn te doen met die belofte van betaling binne 72 uur en sonder om enige ander verklaring hieroor te maak, moet daar nou gewag word. Seker is daar n ombudsman wat hier kan intree?

saggies ·

Myne is in ek al die helfte spandeer hou op kla mense en budget

lynni ·

Ek is enigste broodwinner. Hoef nie opgawe in te vul. Verdien te min. Wens daar was terugbetaling vir my. Of laat ek liewer se ek wens dit was my enigste bekommernis.

Daan ·

Die staat het Groot kontant vloei propleme agv wanbestuur en korupsie. Dinge gaan net erger word en die bom sal bars sodra daar nie genoeg is om Sassa toelaat te betaal nie.Die hele gedoente is n rookskerm om nie die waarheid te verskana aan die land.

Anoniem ·

Ek verstaan dit nou nie mooi nie – my man se uitbetaling is hierdie jaar VINNIGER gedoen as die vorige twee jaar. Ons kla nie, ons is baie dankbaar!

Eps ·

Jammer SARS, ek was te gou op my perdjie omdat ek geld dringend nodig het vir mediese uitgawes. Dankie dat ek my geld vandag gekry het te spyte van die feit dat ek geoudit was. Ek het naby R20 000 uitgekry maar moet dit nou spandeer om my elmboog reg te kry. So bolgende jaar is my uitbetalings nog hoër.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.