Belastingbetalers hoes miljoene vir polisiehoës wat niks doen

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Belastingbetalers het al miljoene rande opgedok vir twee geskorste polisiehoofde wat steeds salarisse en bonusse verdien terwyl hulle tuis sit.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdag in antwoord op ʼn parlementêre vraag gesê Riah Phiyega, geskorste nasionale polisiekommissaris, en Richard Mdluli, geskorste misdaadintelligensiehoof, het al nagenoeg R11,5 miljoen verdien sedert die skorsings.

Mbalula het gesê Phiyega is op 14 Oktober 2015 geskors en het tot en met April vanjaar ʼn salaris van R2 095 802,70 verdien, sowel as nie-pensioengewende kontanttoelae van R562 541,23 en ʼn departementshooftoelaag van R299 244,08. Daarbenewens het bydraes tot haar pensioenfonds R335 130,47 beloop. Die totale koste uit die staatskas is sowat R3,2 miljoen.

Mdluli, wat op 8 Mei 2011 geskors is, het byna dubbeld soveel as Phiyega gekry. Van 2011 tot April vanjaar het hy salarisse en voordele van nagenoeg R8,3 miljoen ontvang. Dit sluit in ʼn basiese salaris van R4 985 795,27, ʼn nie-pensioendraende kontanttoelaag van R1 392 536,94,  motortoelaes van R717 741,94 en ʼn diensbonus van R413 957,25.

Op ʼn vraag oor die tugstappe teen Mdluli en hoe lank dit nog gaan duur, het Mbalula geantwoord: “ʼn Interne tugproses is begin, ampsdraers is aangestel en die proses is aan die gang.”

Zakhele Mbhele, DA-LP, het gesê tugstappe teen Mdluli moet vinniger geskied om te verhoed dat openbare geld gemors word.

“Suid-Afrikaners leef elke dag in vrees. Tog is miljoene rande van openbare fondse gemors op twee individue wat duidelik in die eerste plek nie geskik vir hul werk was nie. Hulle word betaal om tuis te bly en met hul vingers te speel. Dit is onaanvaarbaar,” het Mbhele gesê.

“Dit is absoluut noodsaaklik dat ons gepaste en behoorlike leierskap in die polisie het sodat hierdie miljoene eerder op ons swaar ondergeskikte polisie bestee kan word, in plaas van mislukte polisiehoofde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Jaques ·

En hoe lekker is die sous trein nie, kry nie net salaris nie, maar sommer bonusse ook.
En hier sit ek en dink harde werk word beloon met ‘n bonus?

Piet Snot ·

Praat jy, Jacques.
Kan een van ons maatjies met kennis oor salarisberekening dalk vir die res van ons verduidelik hoe kry mens ‘n bonus as jy nie presteer nie?
Sommer net interessantheidshalwe.

Robert ·

Vra eerder hoekom is die proses nog nie afgehandel nie. Ondersoek en skors dan die persone ook.

RB ·

Nee, nie skors nie, dan kry hulle ook ‘n betaalde vakansie! Gee die nodige waarskuwings skriftelik en duidelik! Dank daarna summier af! Wat is skors? Iemand moet tog steeds daardie pos vul!

Hennie ·

Ek is n pensioenaris en moet selfs belasting betaal op geld wat ek vir my selfsorg oudag gespaar het. Dit is verskriklik dat belastinggeld so verspil word terwyl dit al duurder word om te oorleef.

Pieterlewismuts ·

Ek wens hulle wil my ook skors sodat ek ook n salarise kan kry.
Ek doen mos buitendien niks is nie

Genieve ·

Slaan my met n papsnoek…dis erg verby..no work but end of month youve got your salary????

Corrie ·

Lekker man lekker, maar die wiel draai verseker. Dit is n feit soos n koei, God slaap nie. Dit is n skande.

T ·

Dis ons land … dis hoe dit werk. Het julle al ooit Monopoly gespeel met kinders? Hulle steel die bank se geld … sit gou ‘n huis of hotel op as niemand kyk nie. Steek geld onder die bord weg ens ens … soos kinders soen .. dit is wat hierdie mense doen wat in beheer is van ons belasting hulle speel met dit …die ergste net is .. dis nie ‘n game nie …

Kobus ·

Ons mors nog meer op die wat tans nog ‘KAMTIG” wel iets doen. Meeste maak net stoele warm en eis salarisse…

Monica Grobbelaar ·

Dis swak om die minste te se. Dis maar 2 wat ons van weet hoeveel is daar nog. Intussen kripeer ons mense van honger. Skande vir S.A.

Beertjie ·

Maar polisie reserviste kan nie betaal word omdat Polisie nie geld het nie. Reserviste moet presies dieselfde gevare en probleme trotseer as permanente lede, maar hulle moet dit gratis doen, sonder erkenning, bevordering of betaling. Dis siek. Hulle lewer immers ‘n noodsaaklike diens, maar wat doen hierdie leeglêers.

Eugene ·

Indien jy swart is en in Suid Afrika woon kwalifiseer jy outomaties vir “special treatment” !!!!!

broos ·

maar kom verkiesingstyd dan stem hulle almal weer anc want hulle het dan nou tshirts en groceries gekry……weet jy hoeveel tshirts en groceries kan vir kinders en oumensies gekoop word met R11.5 miljoen????

Marisca ·

Ek is naar hier waar ek sit en lees!!!! Na meer as 6 jaar wat hy geskors is, “begin” die tugproses….. Skandelik en mens weet nie of jy moet lag of huil nie

MeisieMens ·

Ek het nie woorde nie. Moet mens lag of huil? Intussen kripeer die ou mense en kinders het nie ordentlike skole vir onderrig nie. Ek raak so hartseer om te sien wat gebeur daagliks in ons pragtige land. Ek is woordeloos, hartseer, kwaad, maar wil net lag?

regtig ·

Glo my hul het lekker vakansie gehou en nie met vingers gespeel nie, paid holiday – Riah onder andere moet egter nou ook bekend maak wie saam haar betrokke is/was in haar kantoor ens, sodat hul ook kan gaan….regtig

Noordwes ·

Die ergste van alles vir my persoonlik, behalwe die feit dat daai gelde so te sê gesteel word by belasting betalers…Daardie Polisie HOOFDE het nie die vaagste benul van wat ‘n rang beteken nie. Doen geen werk en jy is sommer kommissaris met 4 sterre op jou skouer en mooi uniform. Wonder of hul die verskil tussen Sersant, Kaptein ens enigsens ken of verstaan. Ai

Rynhardt ·

Geen gepaste leierskap op regeringsvlak, geen gepaste leierskap in polisie terwyl kriminele baljaar in SA! Opsetlik is hierdie dinge beplan.SA se drie Anc-partye, die Anc-regering, DA en EFF is so teen misdaad dat hul al drie oopgrense ondersteun! Verder word die niks doenende polisiehoofde in n kort priode miljoeners!

JJ ·

Ha ha ha ha – terwyl julle so geskok is gaan ek aansoek doen by die SAP – droogmaak en ook vir jare sit en niks doen nie en baie geld verdien – weet julle hoeveel kinders kan ons by skole metR3mil n maand kos gee – baaaaaie

marous ·

Dis omrede daar geen begrip is van waar geld vandaan kom nie. As enige besigheid vir een dag bestuur word soos die regering die staatskas vir dekades bestuur het die deure dadelik toegeklap. Dis soos om met iemand anders se tjekboek rond te loop en te skryf , skryf en skryf sonder enige verantwoordelikheid …..

Swartkat ·

Dit is ‘n grap, dan verdien hulle seker nog prestasie bonusse ook wat deel was van hulle diens kontrak terwyl hulle.geskors is

Keelvol ·

Die werkersklas polisie beampte word geskors sonder betaling as daar n ondersoek hangende is. Wat maak die hoës dan anders?

Jeannette ·

Wat die “hoës” aanbetref, is hulle hand-om-die-blaas met ou Groot Beesblaas, Nummawan, daarom word hulle ‘geskors’ met salaris, voordele, pensioenfondsbydraes en bonusse. Die gewone polisieman op straat is net nóg een wat “in the line of fire” staan en hul lewens opoffer vir ‘n skande-wekkende salarissie en (dalk) pensioenfondsbydrae, hier en daar (dalk) ‘n bonussie en baie beslis NIE permanente finansiële ondersteuning van die regering nie.

Hans ·

Die volgende afgradering is oppad,kriminele regeer die land.

What a joke! ·

Ja en Afrika sal swaar kry en dan wonder mense hoekom….bwahahhaahaa ha…ai ja nee….go figure…daar is nie hoop nie…

Nou Hoe Nou ·

Nou verstaan ek nie. In die pirvaat sektor as jy geskors word kry jy niks. In die staats diens as jy geskors word kry jy tot nog n bonus ook, nou hoe nou. Wil iemand my nie ook skors nie asb – ooo ja jou simpel siel, jy werk ini privaat sektor en nog vir jouself ook.
Proudly New South Africa ne.

Adrie Hoffmann ·

Hoe ry die …… sit sit so sit sit so – dis darem nou lekker. Wie wil nou werk as jy niks doen nie en hoe minder jy doen, hoe minder wil jy doen. Tyd dat ons ons belasting geld ontrek uit die wat so gewillig neem vir sit sit sit sit so (Angry face)

Jeannette ·

Nee, Willie, hulle melk die koei totdat die melk op is, die melkpoeier verdamp het en net die lug (winde) uitkom.

Johan. H. ·

Maar i ander manier van steel.. That is how they roll.. En hulle wil respek he, Ek kry vir hulpad skaam…

Adrian ·

Hy se hul het soveel verdien …NEE nee nee hul het dit nie verdien nie, mens verdien wanneer jy werk nie sleg le by die huis en shopping doen nie

Pierre de Villiers ·

Zuma het die saadjies gesaai! Hy verklaar sonder skuldgevoel dat die ANC verhewe is bo die regering en land.

Schalk ·

Ek is grootgemaak dat ons die publiuke die Polisie moet respekteer ongeag hulle geslag of ras m.a.w die gesag en blou uniform. Hulle is die dienaars van die gereg wat veiligheid , regverdigheid en eerlikheid verteenwoordig. Ons moet belasting betaal want dit is ons plig om hulle voortgesette diens in stand te hou en te verseker. Daar is ander instansies soos verpleegsters , dokters , verkeerspolisie , Brandweer , Sosiale Netwerke ensovoorts, ensovoorts wat net so belangrik was. Geen stakings of oproere was geduld van hierdie instansies en hulle werknemers nie. Daar is ‘n baie belangrike plek in die samelewing gewees vir hulle en hulle was dienooreenkomstig ge-respekteer. Vraag is hoeveel van die huidige mense in daardie professies verdien hulle plek en respek in ons samelewing? Die woord Dienaar van die Publiek was ‘n gesogte en eerbare posisie. Ons belastinggeld se waarde word gestel en afgebreek deur korrupsie, leuens en diefstal in alle vorms.

Avokado ·

Ons hoes in elk geval miljoene vir polisielaes wat niks doen nie.

Alida ·

Dit tyd dat OUTA daar ook ondersoek doen. Hulle beskerm mos die belastingbetaler.

Johan. H. ·

As daaie een my wakker maak in die aand pleit ek dadelik skuldig, En om te dink , hulle almal dink dit kom hulle toe,, Disgrace<<<

BOLANDER ·

Nou vra ek julle met trane in my navy blue eyes. Hoe op aarde gebeur dit en hoe op aarde kom hulle daarmee weg!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

BOLANDER ·

Hulle moet vir diefstal aan gekla word!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.