Belastingbetalers hoes vir Dlamini-Zuma se veiligheid

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Die VF Plus het bekend gemaak dit het belastingbetalers sedert November verlede jaar al byna R800 000 gekos om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se bloulig-brigade en veiligheid te finansier in haar veldtog om president van die ANC en moontlik ook van Suid-Afrika te word.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê dié inligting het aan die lig gekom deur ʼn geskrewe parlementêre vraag wat hy aan die minister van polisie, Fikile Mbalula, gerig het oor die koste om Dlamini-Zuma te beskerm. Die minister het Dinsdag geantwoord dat die bedrag sedert 1 November 2016 reeds op R797 724,62 te staan kom.

Groenewald het gesê die minister wou geen verdere inligting bekend maak nie aangesien dit volgens hom “beskermde sekuriteitsinligting kan openbaar”.

“Die publiek moet daarvan kennis neem dat dr. Dlamini-Zuma nou reeds hul geld op die soustrein vermors selfs al beklee sy hoegenaamd geen amp in Suid-Afrika nie,” het Groenewald gesê.

“Indien iemand haar gedreig het, moes ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak gewees het. Sover bekend is dit nie gedoen nie. Die minister het self gesê die beskerming is bloot gegee aan die hand van ʼn ‘risiko ontleding’ van die staatsveiligheidsagentskap en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid.”

Volgens Groenewald is dit duidelik dat hierdie presidensiële beskerming wat Dlamini-Zuma kry ʼn misbruik van staatsgeld is om haar met haar verkiesingsveldtog te help.

“Weens die hoë misdaadvlakke in die land voel elke Suid-Afrikaner waarskynlik bedreig en die publiek bestee jaarliks miljoene om hul eie veiligheid te verseker. Niemand voel sekerlik met reg meer bedreig as die boere van die land nie, maar vir hulle is daar geen spesiale BBP-beskerming nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Christelle ·

As ek sulke goed lees dan weet ek waarom ons brandstof aanhou styg, ons ekonomie swakker doen, werkloosheid groter raak ens. Maar wie gee om oor Jan-alleman se swaar kry?

BOLANDER ·

Christelle, as ek sulke goed lees, dan sien ek net ROOI voor my!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Van ·

Nee bogger dit – ek wil ook “bodyguards” he en n blou lig brigade vir werk toe en terug – die staat sal betaal!!!

Robert ·

Sjoe, dit is skokkend. Dankie tog VF+ is daar om dit aan die publiek bekend te maak.

HPV ·

En so gaan dit net aan en aan en laat mens magteloos. Wie moet ons bedank? FW en Roelf vir ‘n Grondwet wat ons magteloos laat om teen enige vermorsing of wanbestuur op te tree. Die Zupta aangeleentheid is ‘n voorbeeld daarvan.

hendrik ·

Aangesien die boere in baie groter gevaar is, kwalifiseer hulle ook mos vir beskermde veiligheid.

Elizabeth ·

GEE TERUG DIE GELD NKOZAZANA!!! Ek wil ook opgepas word, ek word ook daagliks bedreig deur die toestande wat jou eks-man in hierdie land skep en wat jy beplan om in stand te hou!!!

Annie ·

Hoekom so baie belasting betalers se geld gebruik vir jou veiligheid, gebruik joue eie jy verdien mos meer as genoeg . Wat van ons boere se veiligheid?????

Alex ·

Ek dink dit is dalk net ‘n voorsmakie…sy kos ons al reeds geld en sy’s nog nie eers in die stoel nie…

Eish ·

Kla gaan nie help nie, praat ook nie. Ons bly in n land waar die regerende meerderheid n ander waardestelsel het as ons. Synde hul die meerderheid is, kan hul dit so doen en daar is net mooi niks wat ons kan doen nie. Sela.

bgj van der westhuizen ·

beskerming teen wie is sy bang vir haar eie kiesers net nog n geld vreder die sapd het manne krag om te mors maar kan nie die misdaat in die land onde control kry nie

Elizabeth ·

Kan Solidariteit en Afriforum haar nie seblief ook aankla nie? Dis diefstal van belastingbetalers se geld!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.