Belastingbetalers moet dié week nog buitelandse bates verklaar

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag gerugte verwerp dat daar uitstel gegun is in die spesiale vrywillige openbaarmakingsprogram (SVDP) en hulle het gesê die sperdatum is om die draai.

Die SVDP is ʼn eenmalige geleentheid vir belastingbetalers om buitelandse bates en -inkomste te verklaar met die voordeel dat daar verligting daarvoor sal wees. Die finale datum om ʼn aansoek onder die SVDP in te dien is steeds 31 Augustus.

Die SVDP se sluitingsdatum is reeds twee keer uitgestel van die aanvanklike datum van 31 Maart, wat in die 2016-begroting aangekondig is. Die sluitingsdatum is van 31 Maart uitgestel na 30 Junie, in die Wetsontwerp wat in die parlement ingedien is.

Aanbevelings is daarna aan die parlementêre staande komitee oor finansies gemaak om die sperdatum te verleng tot 30 September. Die komitee het die aanbevelings in ag geneem, maar die sperdatum is slegs tot 31 Augustus geskuif, omdat die outomatiese uitruil van inligting internasionaal steeds in September 2017 begin.

SAID het gesê hy is bewus daarvan dat daar uitsonderlike gevalle is waar belastingbetalers steeds sukkel om finansiële inligting van oorsee te bekom wat vir ʼn SVDP-aansoek vereis word. Die inkomstediens het gesê hy sal ʼn aansoek aanvaar wat ʼn geraamde waarde gee van buitelandse bates om dié belastingbetalers te help om te voldoen aan die sperdatum op 31 Augustus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Antonio Bredenhand ·

Ek lees toevallig oor die naweek n artikel wat handel oor die Rothchild familie en hulle reken die grondreel van hulle sake van die begin af was dat hulle nooit hul ware finansiele posisie en belange sal openbaar maak nie.

Ken2 ·

Dit is reeds hierdie mense wat belasting inbring want daar is ander maniere om belasting te gaar maar dit benadeel die superrykes en bevoordeel die middelklas, en die superrykes wil gladnie ooit hoegenaamd benadeel word nie en sal alles in hulle vermoee doen om dit te keer.

anton ·

Wat kan tog die voordeel wees om buitelandse bates en inkomste aan die SAID te verklaar?
Dink eerder hulle gaan die persone net meer belas op dit.
Dink nie ek hou so baie van die idee nie maar gelukkig het ek niks in die buiteland nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.