Belastingbetalers sal huiwer om geld aan ‘korrupte ANC-regering’ te gee

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Namate korrupsie en onbevoegdheid in die ANC-regering toeneem, sal belastingbetalers se weerstand om hul swaar verdiende geld aan ʼn ondoeltreffende regering af te staan dienooreenkomstig toeneem.

Só het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, Woensdag tydens die Tweede Lesingsdebat oor die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste gesê. Volgens hom is wêreldgebeure soos Brexit en die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president twee globale makroskuiwe wat ook van belang is vir Suid-Afrika.

Hy sê dit dui daarop dat ʼn liberale- en progressiewe leiers-elite uit voeling geraak het met die gewone man op straat.

“Teen hierdie agtergrond is die verdeling van inkomste ʼn sinvolle metafoor vir die verdelings in ons land. Al hoe meer belastingbetalers bevraagteken die morele verpligting om belasting te betaal,” het hy verduidelik. “Belasting word ingevorder op ʼn aggressiewe wyse, maar word verdeel onder korrupte owerhede wat nie dienste kan lewer nie. Almal word geraak, maar die armstes onder ons die meeste.”

Hy het gesê beide die belastingbetalers en die armes ervaar al hoe meer die groeiende afstand tussen hulle en die regerende elite aan hul sakke en lywe.

“In hierdie opsig is groot seismiese verskuiwings aan die gang. Aan die een kant probeer belastingbetalers, swart en wit, al hoe meer om belasting te vermy en aan die ander kant vra die armes waarom hulle enigsins moet hoop op ʼn beter lewe. Beide die tendense bearbei Suid-Afrika vir ʼn rewolusionêre omgewing. Daar is natuurlik sekere mense wat graag ʼn rewolusie wil sien. Die meeste Suid-Afrikaners is egter verdraagsaam teenoor mekaar en smeek om ʼn toekoms waar daar ʼn beter lewe en plek vir almal is,” het hy bygevoeg.

Alberts het gesê die regering sal ernstig moet kennis neem van tipiese vrae wat deur belastingbetalers en armes gevra word:

• Moet ek belasting betaal aan ʼn regering waar korrupsie endemies geword het?
• Moet ek belasting betaal as die regering my nie op my plaas of in die stad kan beskerm nie?
• Moet ek belasting betaal as die regering nie sy welsynsverpligtinge teenoor die armes kan nakom nie?
• Moet ek belasting betaal as dit die regering se hand sterk om my eiendom sonder vergoeding te onteien?
• Sal ek ooit ʼn beter lewe sonder armoede sien?
• Sal ek ooit veilig wees teen moord en misdaad selfs al is ek arm?

“Die fundamentele vraag hier is of dit nodig is om die wet te gehoorsaam as die president self dit willens en wetens nie doen nie soos sy aanvanklike verontagsaming van die Openbare Beskermer se aanbevelings? Dit is duidelik dat daar ʼn snel groeiende afstand tussen die regering en die gewone mense van hierdie land ontstaan,” het Alberts bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

MCS ·

Wat sal dit help om die vrae tevra. Die ou wat vir n baaswerk,en sy geld elke maand deur n ” payrol ” sisteem bewerk word moet maar aan die agterspeen suig. Geen manier om beslating teontduik. Waar die ou wat sy eie baas is meer voordeel trek. Meeste van hul aankope en mense wat vir hul werk self hul huise en motors word van beslasting geld af getrek. Ja, dan kan die vrae dalk n rol speel as jy jouself betaal.

Johann ·

Glo nie die mense moet hulle skuldig maak aan wanbetaling nie hulle het in elk geval nog nooit beheer gehad oor die gelde nie, dit kan net kole op die vuur wees vir die ANC

Johanna Botha ·

In SA word belasting betaal deur nogal min mense invergelyking met die totale bevolking. Wat eienaardig is, is dat meeste van die mense wat belasting betaal nie eers vir die anc stem wat dit so mors . En die wat tog voordeel trek uit die belastingeld is die massas wat keer op keer vir die anc stem en natuurlik die korrupte anc mense self. Die wet en die grondwet sien mens beteken niks want almal kom weg met alles en niemand word verantwoordelik gehou as dinge verkeerd gaan. Die anc het nou niks meer om vir sy kiesers te bied nie so nou belowe hy maar grond ….PRESIES dieselfde pad as ZIM ! Dis vrot …ja vrot tot op die been !

snoefie ·

kolskoot Charmaine. as ek kon, sou ek NEE gesê het vir inkomstebelasting en BTW.

Anoniem ·

Sal dit wettig wees om met ons persoonlike belasting te maak soos met Sannieshof: weerhou dit van die regering, maar “bêre” dit in ‘n rekening en gebruik die geld uit die rekening om bv plaasboere te beveilig (soos wat die SAPD veronderstel is om te doen)? Of om nog ‘n skole te bou?

Leon Kirstein ·

Uitstekende punt!!!
Hoekom die vuur van korrupsie aanblaas met hardverdiende geld? Groot deel van belasting behoort n veilige land vir alle inwoners te verseker.

Andrea ·

Ongelukkig het die meeste van ons geen sê oor belastingaftrekking of nie -dit word bloot van jou salaris afgetrek.

Stem saam ·

Jys 100% in die kol daarmee Andrea. Hoe nou gemaak as n mens die tax wil boicot? Wie kan vir ons n voorstel gee hierop?

REAList ·

Die politikus moet leer afrikaans praat! As hy engels wil praat mag hy.
SARS doen nie die terugbetalings wat hy skuld nie!
Ek wonder watter duistere motiewe het die ANC nou.

TDW ·

Ek moet sê ek haat dit om belasting te betaal! Amper die helfte van my salaris elke maand! Ek doen maar soos die Bybel my geleer het, gee aan die koning wat aan hom behoort en aan die Here wat aan Hom behoort. Ek voel nogal skaam om te dink ek gee oor die 40% aan die koning en net 10% aan die Here. En tog, al my seëninge kom uit Sy hand. Van jou kant af moet jy maar doen wat reg is, wat hulle met daai geld maak is op hulle koppe. Hou liewer jou kant skoon. Ons volg die Here.

Jean ·

EK STEM SAAM, hoekom ons belastinggeld mors op ‘n regering wat dit WANAANWEND en niks doen om misdaad in die land te bekamp teen sy eie landsburgers en belastingbetalers nie. Hulle gaan net HOOR as hulle VOEL, en dit is deur ons geld te weerhou. Ek weet dit is onwettig, maar ek glo met ‘n hofbevel en ‘n paar aksies kan ‘n mens dit bewerkstellig! Hoe kan ons aansluit en WAAR sodat ons deel van ‘n groep kan vorm wat NIE belasting betaal nie? Vir die indiwidu gaan dit nie werk nie, hy gaan toegesluit word, dit moet ‘n gemeenskaplike aksie wees.

Chaparel ·

Ek dink as VF plus en Afriforum ons belange behartig in die hof oor nie belasting betaal nie dan is die moontlikheid daar.
Ons burgers sit nie in n posisie om so iets groot aan te pak nie maar die politieke partye wel.

lilipit ·

Ek stem saam ons kan nie belasting ontduik / vryspring nie. Maar, gestel almal wat wel hul eie besighede bedryf kan ‘n massa weerhouding / inbetaling in ‘n fonds sit – vir ‘n begin. Die staat het nie die mannekrag om ‘n massa mense te kom toesluit nie.

ar ·

Een honderd persent reg ons betaal belasting sodat hulle wapens kan koop om ons uit te moor.

John ·

Die Here se betaal aan die keiser wat die keiser toekom in ‘n tyd toe die Jode onder ‘n vreemde heerser gestaan het maar hy praat nie van aanhang nie. Bly uit die moeilikheid want sekere vanne staan uit soos ‘n seer duim… dieselfde mense wat ook altyd die krag, water en taxi-geld moet betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.