Belastingbetalers vervolg oor ‘honderde’ uitstaande uitgawes

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag gesê hy het ʼn nuwe inisiatief saam met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) van stapel gestuur om belastingbetalers, onder wie toonaangewende Suid-Afrikaners, te vervolg wat nie hul belastingopgawes indien nie.

Volgens Sicelo Mkosi, waarnemende woordvoerder vir die SAID, het dié inisiatief vandeesweek sy eerste skuldigbevinding opgelewer.

“Mnr. S. Ragunat, as verteenwoordiger van SPS Distributors, het ʼn skulderkenningsboete van R5 600 in die Port Shepstone-streekshof betaal vir die nie-indiening van meer as 50 uitstaande BTW-, LBS- [lopende betaalstelsel] en CIT- [korporatiewe inkomstebelasting] opgawes. Hy is ook opdrag gegee om al die uitstaande opgawes in te dien en het dit wel gedoen,” het Mkosi gesê.

Daar sal vandeesweek agt sake in howe oor die land voorkom waar mense vervolg word oor uitstaande belastingopgawes. Volgens Mkosi is daar honderde uitstaande belastingopgawes in hierdie agt sake ter sprake.

Die sake sal in Johannesburg in Gauteng, Ficksburg en Bothaville in die Vrystaat, en in Newcastle in KwaZulu-Natal aangehoor word.

Volgens Mkosi het die inkomstediens die afgelope paar jaar ʼn “onaanvaarbare toename” waargeneem van gevalle waarin mense nie opgawes vir alle belastingtipes indien nie. “Teen einde Maart 2018 het die SAID se boek van uitstaande opgawes getoon dat aktiewe belastingbetalers die inkomstediens ongeveer 30 miljoen opgawes skuld. In talle gevalle skuld ʼn enkele belastingbetaler die inkomstediens verskeie opgawes.”

Mkosi het gesê die besluit om belastingbetalers wat nie opgawes indien nie te vervolg, is die laaste uitweg. Daar is eers vooraf met al hierdie belastingbetalers kontak gemaak oor die uitstaande opgawes en finale eise is aan hulle uitgereik, voordat daar voortgegaan is met vervolging.

“Om nie belasting- of BTW-opgawes in te dien nie, is ʼn strafregtelike oortreding kragtens die Wet op Belastingadministrasie en BTW-wetgewing. Belastingbetalers wat hieraan skuldig bevind word, word belas met ʼn strafregtelike rekord,” het Mkosi gesê.

In dié stadium is daar reeds 36 dossiere aan die NVG oorhandig vir vervolging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Eish ·

Ek sien veral uit na die vooraanstaandes se vervolging. Die hele land weet na Jaques Pauw se boek Zuma is jare agter met syne. Wys ons jul is ernstig en begin sommer daar.

Jordaan ·

Al wat ek wil weet – is daar ‘n sekere paar Zumas en Guptas ingesluit in die wat vervolg word?

marous ·

Die minderheid met ‘n nommer word opgeskroef. Die res insluitend top amptenare wat hul sakke self aanvul met belasting geld kom niks oor nie.

Annika ·

vra eder gaan ons belasting betalings ook die kostes moet dêk van die lughawe wat se naam gaan verander word? Wie sal dan belasting wil betaal?

Tia ·

Toe julle betaal asb, want ek moet R3300 terugkry. Toe ek na maande bel en vra wanneer kan ek dit verwag, sê hulle dat hulle omgelukkig ‘n kontantvloeiprobleem het. Nou wonder ek wat van my kontantvloeiprobleem.

CAROL ·

Tia ja nee toemaar. Die een jaar moes ek R11000.00 terugbetaal, volgende jaar R12000.00 (maak sin dat dit jaarliks opgaan) Maar nou skielik skuld ek R36000.00??? (3 keer meer). Ek het gevra dat hul moet dit aan my verduidelik – hul antwoord was dis omdat ek dit ingedien het???? So moet ek dit dan nie indien nie??

HBK ·

Miskien moet die opskrif sê “opgawes” en nie “uitgawes” nie. Wonder ek maar net.

wraggies ·

Alles goed en wel maar dit is kleingeld, waar is die vervolging van dié wat genoem is in Pauw se boek? Die GROOT menere?

Waarheid ·

Maar nogtans is daar méér opgawes ..uigawes ingesamel as verlede jaar???hou kop bek en sakke toe hier gaan dit nog …?droog raak.

Andre ·

Myne was vir 7 jaar nie ingedien……My boete R67 500
So n redelike verskil van R5 600. Is dit omdat ek wit is?

Reguit ·

Beste is om te emigreer – waar ‘n gemors-land-en-regering (hool) nie jou geld kry nie, waar jou belasting nie in ‘n oneindig diep donker gat verdwyn nie, waar jou belasting vir jou werk, waar jy veilig is, waar die paaie in stand gehou word, waar die krag aan bly en met relatiewe skoon water in die krane, ensovoorts.

JIP ·

Ek stem met jou saam .. en al is jy watter ouderdom . erens sal ‘n land ons mense vat . ons lewe nie van handouts nie, ons verdien ons geld en ons maak ‘n positiewe bydrae ook in ‘n ander land .. EK STEM . geen ander opsie as EMIGRASIE!

Paul ·

Hul skuld my 50k al vir 4jaar!!!en nou se hul ek skuld hul 50k.nee wat daai land sien my ni weer nie

WHAT THE ·

BEGIN Asb by ZUMA en MALEMA want beide sake het n stille dood gesterf — of het Charlize met die bill gehelp?

Jane ·

Wittes gaan weer tronk toe en die swartes mag om verskoning vra.

Bull ·

Ja vreemd jare gelede het ek ook iets soortgelyks oorgekom. Hulle laat my weet hulle skuld my ‘n sekere bedrag geld, hulle sal dit aan my oorbetaal as ek ‘n (minimale bedrag) wat ek volgens hulle nog aan hulle skuld oorbetaal. Ek het die bedraggie van R700 of so iets aan hulle oorbetaal, NOOIT die groot bedrag wat hulle belowe het ooit gesien of van gehoor nie .. ek het navraag gedoen, net nooit weer enigiets gehoor nie en daardie geld het nooit weer op enige plek gereflekteer nie .. Dis voordat ons die opgawes online kon indien. Verder kry ek’n pakket ‘n paar jaar gelede, hulle se daar is GEEN belasting op die pakket te hef nie, kry ‘n SARS directive de lot .. word einde van daardie jaar met R20 000 aanslag geslaan .. NEE hulle het nie my pakket aangeslaan nie maar wel omdat dit my in ‘n ander belastinggroep geplaas het skuld ek hulle nou soveel .. ?? ASKUUS? Dan het jy mos daardie geld belas?

bgj van der westhuizen ·

as jy wit is moet jy betaal maar as jy swart is kom jy met alles weg alles gaan oor ras en kleur en waar ons as wit kan weg kom om minder belasting te betaal doen dit soos die china winkels wat net in kontant werk en geen slip gee dink julle hulle verklaar al hulle verkooppe aan sars

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.