Belastingombudsman se ampstermyn verleng

Regter Bernard Ngoepe (Foto; Unisa)

Regter Bernard Ngoepe (Foto; Unisa)

Pravin Gordhan, die minister van finansies, het die periode van die belastingombudsman se ampstermyn Dinsdag verleng.

Bernard Makgabo Ngoepe sal nog vir drie jaar lank die belastingombudsman wees, vanaf 1 Oktober 2016.

Die belastingombudsman speel ʼn noodsaaklike rol in Suid-Afrika se belastingstelsel, veral om regverdigheid te verseker en dat die regte prosedures gevolg word.

“Regter Ngoepe het die amp die afgelope drie jaar uitsonderlik en met integriteit bestuur,” het die nasionale tesourie in ʼn verklaring gesê. “Sy onpartydigheid en doeltreffendheid wek vertroue in ons belastingstelsel. Die minister wens regter Ngoepe alles van die beste toe om dié belangrike instansie te versterk.”

Ngoepe was die president van die Pretoriase en Johannesburgse hooggeregshof tussen 1999 en 2012.

Hy is tans kanselier van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) en is ook voorsitter van die appèlraad van die raad op mediese skemas; voorsitter van die appèlraad van die Suid-Afrikaanse Persraad; en voorsitter van die finale appèlkomitee van die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde (GRS).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

S. Groenewald ·

Die aantal kommentare op berigte het geweldig en sigbaar afgeneem. Wil graag weet of julle lesersgetalle ook afneem, konstant bly of selfs groei ten spyte van die duidelike gebrek aan belangstelling in die kommentaarafdeling. Dankie.

Sune van Heerden ·

Dagsê S. Groenewald

Dankie vir jou navraag. Die hoeveelheid kommentaar en die hoeveelheid lesers op Maroela Media kan definitief nie met mekaar vergelyk word nie. Ons is trots daarop dat ons in Junie 2016 meer as 1,1 miljoen unieke gebruikers op Maroela Media van gratis nuus kon bedien.

Ek kan jou definitief verseker dat die kommentare nie “geweldig en sigbaar” afgeneem het nie – ons span wat die kommentaar modereer kan ook daarvan getuig. Ons het in Augustus alleen meer as 13 000 kommentare op Maroela Media se webwerf alleen hanteer. Dit is 100 minder as in Julie, maar meer as in Junie. Dit is moontlik dat jy dalk enkele berigte gesien het wat dalk nie ‘n groot reaksie uitgelok het nie.

Ek hoop jy kuier nog lekker verder op Maroela!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

martien ·

Net die regte persoon om saam my in konferensie saal om n tafel te vergader. Onderwerp van bespreking sal wees SARS wat Assesments heen en weer skuif om te verhoed dat REDUCED ASSESMENT van 2010 fondse aan my moet uitbetaal. En nou is dit dieselfde situasie met 2016 se belasting. Ek is seker die Regter sal die situasie verstaan en SARS opdrag gee om die fondse dadelik te betaal. Waar kontak ek hierdie man?

Hasie ·

Mnr. ‘n goeie moet SARS se tweede in bevel ondersoek, blykbaar groot geld gryper.

Alida ·

Ja sy kontakbesonderhede asb. SARS moet my R700.00 teruggee maar wil nou eers opgawes he vanaf 1991 af. Belaglik dit is 25 jaar en hulle se mens hou dit vir 5 jaar. Enigiets om nie te betaal nie!

snoefie ·

hy is dan net die regte mens om te vra hoekom ons hengse groot bybetalings op mediesedienste moet betaal terwyl ons ook hengse groot mediesefonds bydraes moet betaal vir bitter min voordele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.