Belastingpraktisyns versoek om korrupsie te bekamp

Malusi Gigaba, minister van finansies. (Maart 2017) (Foto: GCIS)

Malusi Gigaba, die minister van finansies, het Maandag Suid-Afrikaanse belastingpraktisyns versoek om die regering te help om korrupsie en geldwassery te bekamp wat belastingbetalers ontneem van hul voordele.

Gigaba het Maandag by die Suid-Afrikaanse instituut vir belastingpraktisyns se belastingindaba in Johannesburg gesê belastinginvordering help om Suid-Afrika aan die gang te hou, vir maatskaplike opheffing te betaal en armoede te verlig deur toelaes en die talle dienste wat die regering bied.

“Ons moedig julle aan om die boodskap uit te stuur dat individue en ondernemings die wet moet gehoorsaam, hul buitelandse bates bekend moet maak en hul regverdige deel moet betaal, voordat hulle uitgevang word,” het Gigaba gesê.

“So lank as wat belastingbetalers egter nie hieraan voldoen of poog om hul belastinglas te verlig nie, sal daar wysigings aan die belastingwet gemaak moet word om die integriteit van die belastingstelsel te onderhou.”

Gigaba het gesê die positiewe optrede van ondernemings, arbeid, gemeenskappe en individue is noodsaaklik om seker te maak die land groei tot voordeel van alle burgers.

Hy het hom sterk uitgespreek teen ondernemings wat betrokke is in onwettige kontantvloei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jos ·

Kom my voor hy het agtergekom die belasting is te min om al die maatskaplike toelaes te dek want dit styg met ‘n geweldige tempo en die belastingbetalers raak minder.

Sam ·

Die minister kan sommer begin wal gooi by die staatskapers en hulle trawante!

Toppie ·

Die arme melkkoei het nie eers meer spene oor om te melk nie, maar melk sal hulle melk tot daar nie eers meer wind oor is nie. Wonder wat gaan hulle dan melk!!!

Johanna Botha ·

Vee jy maar eers voor jou eie deur …ons weet mos wat die waarheid is van die man en die anc !

Eps ·

Ek dink hier is baie goeie kommentaar alreeds gelewer. Ek ding Gigaba moet so bietjie kyk na die aanklagtes wat reeds deur OUTA en Afriform gelê is.

Ouman ·

Hoor wie praat. Vermetel om die belastingbetaler te dreig terwyl sy trawante met hulp die staatskas beroof. Die grootste geldwassery word deur sy trawante bedryf met die geroofde geld. Die man is so arrogant soos kan kom. Dit is tyd vir belastingbetalers om hulle stem dik te maak.

Toppie ·

Wil korrupsie en geldwassery bekamp en vra hulp , maar hulle doen niks aan die Guptas en Zumas nie se miljrde bedrog en geldwassery. Hulle sal eerder die kollekte bord by die kerk belas as om die kriminele te vervolg.

Jan ·

Miskien moet hy begin ondersoek doen na al die taxis en informele besighede wat nie belasting betaal nie.

snoefie ·

veral die straatsmouse wat jare lank genoeg geld maak om hulle in die bedryf te hou. het Zuma al die belasting op sy nkandla opgraderings betaal? wat van die ontvangers van die gratis huise soos die Coligny seun se ouers?

Johannes van Staden ·

Jy is SO reg Jan die taxis betaal niks belasting of toll gelde nie en dan betoog hulle nog teen die boetes wat hulle nie wil betaal nie ….hulle ry al die paaie en sypaadjies vrot en dra niks by tot niks behalwe frustrasie en wetteloosheid. Begin by hulle en kry hulle om te help belasting betaal ! Die mense wat ook die meeste bydrae tot belasting gaan eendag nie kwalifiseer vir n pensioen …ons sien dit mos …kry maar net stank vir dank !

snoefie ·

wat by lastingbetalers ontneem van hulle voorregte? watter voorregte sal dit wees? die voorregte sal dit wees? die voorregte om belasting te betaal sodat die vraatsige, hebsugtige massas kinders kan bly drop vir my voorreg om meer belasting te betaal? vir al due jare se belasting betaal sal ons moet aanhou om mediesefondse te betaal. want die belastingbetalers kwalifiseer nie vir gratis medies na +- 40 jaar van belasting betaal nie. ook nie vir staatspensioen nie. ook nie vir gratis behuising, water of ligte nie. so van watter voorregte praat die persoon?

GES ·

Kan die arme man nie agterkom die vis van hom is besig om van die kop af vrot te word. ʼn Geval van moet nie maak soos ons maak nie maar maak soos ons sê.

Henk Celliers ·

Wat se voordele vir belasting betalers?Ek stem saam met elke kommentaar,begin by jul eie korrupteid!!!

Johan. H. ·

Hoekom lyk jy so bang… Maar met baie respek gese,,, Vlieg, jy en al jou kabinets diewwe… Vermetelheid het nie perke nie,,,

Ruby ·

Gigaba, die gans wat die goue eiers lê is besig om te verstik.

Die krop is vol van BEE, unies en werkers wat arrogant en lui raak die oomblik as hulle die “job” het.

Hoekom bevorder julle nie entrepreneurskap sodat hulle ook kan bydra tot die ekonomie? Ek wil dan vir hulle werk en heeltyd siek, “family leave” en unie praatjies hou heeldag soos my kollegas. Nee wag, dit sal ek die regtig kan doen, dit wat deur my are bruis weerhou my daarvan.

Soos iemand hierbo genoem het wat van die taxi’s? Hulle is untouchable want julle is bang vir hulle.

Gaan vee vir julle eie deur.

Komaan ·

EN dan sit julle met ‘n PRESIDENT en MALEMA wat vir belastingontduiking van miljoene aangekla is en niks daarvan oorgekom het nie. .. Julle wil altyd inzoom op die eerlike mense en dit vir hulle so moeilik as moontlik maak maar die mense wat die voorbeeld moet stel ontduik steeds belasting EN KOM NIKS OOR NIE. Hoeveel het Malema en ZUma al terugbetaal van die belastinggeld wat hulle SARS skuld?

Hendrik ·

Wat n uitstaande staande komediant! Belastingbetalers wat voordele kry…hahahahaha hahahaha!

Frik ·

Berig kon lees: “Regering versoek om korrupsie te bekamp.” Dit sou meer sin maak in SA. Het die knaap gedink die belastingbetalers gaan maar net aanhou betaal,betaal,betaal?? Belastingbetalers lees mos daagliks in die media hoe hul swaarverdiende belastinggeld gesteel en wanbestee word. Die dag kom ook al hoe nader dat Gibaba en sy span nie meer die “grants” kan betaal nie. Dan kom probleme!!!

Boerseun ·

Wil my verstout om te noem….
Eerstens: Hoekom betaal slegs 28% van SA se bevolking belasting? Dit is dalk tyd om die res wat nie belasting betaal nie ook van nader te bekyk en ons wat reeds ons deel betaal uit te los.
Tweedens: Sodra die petrol prys styg versterk die rand wonderbaarlik & ru-olie pryse daal, laat mens nogal dink ne, veral as jy kyk na wat buurlande betaal vir petrol pryse & dit boonop vir petrol wat hul van SA af invoer….

Bee ·

ANC hou op ons geld steel. Elke ongeletterde jan rap en sy maat se hand is in die cookie jar. Jul sal dan sien daar is oor genoeg geld om ons land te upgrade…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.