Beledigings na Zuma in parlement geslinger

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n vorige vraag-en-antwoord-sessie in die parlement (22 Junie 2017). Foto: Parlement

Pres. Jacob Zuma het Donderdag aan die nasionale vergadering gesê hy het nog nooit ingemeng by die toekenning van staatskontrakte nie en hy is van voorneme om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel om bewerings van staatskaping te ondersoek.

Zuma moes Donderdag bontstaan om vrae van LP’s tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die parlement te beantwoord. Op ʼn vraag van Mmusi Maimane, leier van die amptelike opposisie, het hy gesê hy het nog nooit iemand opdrag gegee om ʼn spesifieke kontrak aan ʼn spesifieke persoon toe te ken nie.

“Die kwessies wat deur die leier van die opposisie geopper word, is soortgelyk aan dié wat deur die openbare beskermer (OB) in die staatskapingverslag ondersoek is. Ek het al by verskeie geleenthede bevestig dat ek van voorneme is om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel om die kwessies wat in die verslag aangeraak word te ondersoek. Ek is besig om hierdie roete te volg,” het hy gesê.

Zuma het vroeër Thuli Madonsela, die voormalige OB, se aanbeveling teengestaan dat die hoof van die kommissie deur die hoofregter en nie die president aangestel moet word nie. Hy voer aan die Grondwet stel dit dat dit uitsluitlik sy prerogatief is om hoofde van kommissies van ondersoek aan te stel.

Zuma is tydens die vraag-en-antwoord-sessie deur opposisie-LP’s met beledigings gepeper, terwyl ʼn EFF-LP selfs aangevoer het die nasionale vergadering kan nie deur “ʼn verkragter” toegespreek word nie.

EFF-LP Elsabe Ntlangwini moes hierdie uitlating terugtrek nadat sy deur speaker Baleka Mbete aangespreek is, maar het daarna net volgehou dat “Duduzane se pa” nie ʼn plek in die parlement het nie, met ʼn verwysing na Zuma se omstrede sakeman-seun.

EFF-leier Julius Malema het herhaaldelik dieselfde standpunt gemaak en dieselfde belediging gebruik. Toe Mbete hom probeer stilmaak, het hy teruggekap dat sy daaraan gewoond moet raak dat die opposisie daarop geregtig is om sy sê in die nasionale vergadering te sê. Hy het haar daarvan beskuldig dat sy haar mag misbruik.

ʼn Halfuur nadat die sessie begin het, het Mbete vir Malema gedreig dat sy hom gaan vra om die vergadering te verlaat. “Ek sê nou ek is klaar met punte van orde, so julle is almal gewaarsku,” het Mbete gesê.

Die EFF was egter nie die enigstes wat beledigings na Zuma geslinger het nie. Agang-SA se LP, Andries Tlouamme, het ook gesê hy wil nie hê Zuma moet hulle toespreek nie. “Sy presidentskap is soos ʼn misdaad wat aan die gang is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Toppie ·

Hoe lank wil hy nog vat voordat hy ‘ n kommissie van ondersoek aanstel, maande , miskien jare of dalk nooit . Probeer hy die regte span aanstel wat hom sal beskerm met ‘n gunstige verslag of wag hy dat sy vrou oorvat dat hy tronkstraf kan vryspring.

dance ·

net nog “ana berig ” julle self al afgevra wie african news agency is?

jack daniel ·

Een ondersoek na die ander en niks kom van dit nie. Ons belasting betalers moet maar net opdok vir die nutelose ondersoeke. Hvl ondersoeke nog!!
Ek is geneig om met Agang-LP saam te stem – “Sy presidentskap is soos ʼn misdaad wat aan die gang is,”.

jaco ·

uiteindelik begin ware demokrasie sy gesig wys: rasgenote van Zuma beledig hom en hulle is, behalwe vir Maimane, nie van “wit” politieke partye nie. So geen beskuldigings van “tea boys” , rassisme en “wit monopolie kapitaal” kan dan teruggegooi word nie.

JA ·

Nee Jaco, jy is Heeltemal verkeerd. DA is laaaaankal nie meer ‘n Wit party nie!!!!!!

johnny_walker ·

hy kan bly wees ek was nie daar nie , beledigings is niks teenoor wat ek na hom sou slinger nie die __________________

Toppie ·

Johnny Walker hoe lekker lag edele heer Zuma nou vir jou, hy skrik vir niks en niemand nie , nie vandag, more of nooit nie

johnny_walker ·

toppie hy mag dalk nou lag , maar wie laaste lag lag altyd die lekkerste ….

Karma ·

Ekskuus – vingerfoutjie, maar ek dink almal weet wat ek bedoel het: “dubbel K, middel A” en “Ethiopië”

Jacques Venter ·

Die ondersoek na staatskaping is n minor in vergeleke met die dreigement dat staatsdiens amptenare se pensioen gebruik gaan word om sukkelende staatspartemente soos SAA, DENEL, SABC, PRASA EN PETROSA te red.

So staatsdiens amptenare sê maar goodbye vir julle pensioene

andrea van vuren ·

Stem saam oor ons staatspensioene. Waar is Gerrie Nel? Kan hy nie groot asseblief gereed staan om ons te beskerm en vir ons te veg nie?…

dirk L ·

Jacques, wat jy nou hier se is waar. mens staan in afgryse. Dit het nog nooit so erg gegaan nie. Die troos is dat alles oor tyd verander, en ook sal verbeter. Intussen moet mens kop omlaag hou en help werk aan oplossings , inkomstes en planne

Swart Piet ·

Terwyl Zuma en of die ANC aan bewind is sal daar absoluut geen kommisie wees wat die staatskaping sal ondersoek nie. Dis nou presies hoekom hy die regte maaitjies op die regte plekke het en daar is net mooi niks wat iemand daaraan kan doen nie.

Johanna Botha ·

Ag hy lag en koggel ons almal uit ….walglik ! Skaam vir die man en as suidafrikaner !

John ·

Opposisie-partye sal meer intelligente redenasies moet uitdink. Telkens word dieselfde sinsnedes herhaal en Mmusi bulder net harder. Die EFF veg dapper maar dan stap hulle uit en gaan teiken wit boere… Die onlangse geheime stemming het Zuma die versekering gegee dat sy mense nie teen hom sal draai nie; dieselfde taktiek soos destyds as MK-leier en dit werk soos ‘n bom. Grace 2 (nou uit die noorde) kan na oompie se vertrek ~ eendag ~ dalk die no soveelste wulpse rietdanser van ons prez word en… later ons eige prezzie… Daai soen se alles en die tannie het woena met ‘n sweep in die hand. Baie grappies wag op ons so saam met die troebel stroompies wat daagliks in ons ‘economically viable seawater’ drup…

AP ·

Hy het geweet bly aan die regte kant (Mandela) .. en blaf aanhoudend dieselfde deuntjie dan is hy beskerm verewig , so siek is die nuwe grondwet , hy kom weg met alles ..

afrikaans ·

Almal fokus op net op President Zuma, wat van die ministers onder die president. Wat hulle ook was, dis die rede hulle ook wegkom met mishandeling van vroue en kinders. Ons land is besig om ten gronde te gaan. Daar is geen meer respek vir mekaar, en ek praat oor alle grense heen. God word nooit eers genoem in hul gesprekke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.