Beleggers verloor geld aan ongeregistreerde agentskap

Argieffoto

Suid-Afrikaners is Dinsdag deur die Owerheid van die Finansiële Sektor (FSCA) gewaarsku om nie met ʼn onderneming van Ladybrand in die Vrystaat sake te doen nie. Die De Joint-agentskap doen hom voor as ʼn finansiële raadgewer.

In ʼn verklaring wat die FSCA Dinsdag uitgereik het, sê dié owerheid egter dat die De Joint-agentskap nie gemagtig is om enige finansiële of tussengangerdienste aan mense te verskaf nie.

“Die onderneming verkry beleggings van mense in die gebied en beloof opbrengste van sowat 40% vir ʼn belegging wat oor 12 maande strek. Mense wat in hierdie fonds belê het, het egter hul geld verloor en geen opbrengste vir hul beleggings ontvang nie,” lui die verklaring.

Verder het De Joint aan potensiële beleggers gesê dat hy onvermoeid te werk gegaan het om ʼn finansiëledienste-verskafferlisensie te bekom, en solank ʼn tussentydse lisensienommer toegedien is om dienste te verskaf. Dit, sê die FSCA, is egter nie die geval nie.

Die FSCA het ook die publiek gemaan om altyd seker te maak of ʼn entiteit, of individu, wel by die FSCA geregistreer is om finansiële dienste te verskaf en in watter kategorie dié dienste val. “In sekere gevalle is mense geregistreer om basiese raadgewende dienste te verskaf vir ʼn laerisiko-produk, maar dan bied hulle dienste aan wat baie meer ingewikkeld en riskant van aard is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bert ·

Mense ASSEBLIEF!
Luister nou mooi: as dit te goed klink om waar te wees dan ………………..!

Jannie van Niekerk ·

Mens vertrou geen finansiële adviseur nie al is hulle ook wêreldberoemd. (Of TV persoonlikhede) Al verdien jy baie minder rente, is jou geld veiliger in die bank. (Nie die VBS of onbekende banke nie, maar net die grotes.)

Msp ·

Jannie, geneig om met jou saam te stem. Nadat my belegging die jaar losgekom het en ek op my kapitaal geld verloor het het ek besluit om dit op ń 90 dae kennisgewing by ABSA te belê. Dit raak eenvoudig nou net te moeilik om om enige iemand met geld te vertrou. As daar weer ń probleem kom dan sal ek dit maar uittrek en in my trommeltjie wegsteek. Ek aanvaar eerder geen rente as wat ek my geld verloor.

SjN ·

Mag dit vir die geldgierige mense n les wees, hoe hoër die opbrengs, hoe hoër die risiko.

A Mac ·

Ja, as jy gierig is is jy gierig. Hoeveel kere oor die jare het hierdie borrel van hoë rentes en opbrengste mense al in die agterent kom byt, maar nee, elke nou en dan is die gierigstes maar weer daar. As jy nie wil hoor nie, voel dan maar. My belegginkie trek maar 6% rente maar dis heel voldoende vir my, dankie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.