Belfast-slaandood: Verdagtes weer vry

Pierre de Necker was 'n groot diereliefhebber. Foto: Verskaf

Pierre de Necker was ‘n groot diereliefhebber. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

Die vier verdagtes, wat Maandag in hegtenis geneem is weens die moord op Pierre de Necker (24) van Belfast in Mpumalanga, is later dieselfde dag weer vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig drie mans en ʼn vrou is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat ‘n groep mense, wat hom glo van diefstal beskuldig het,  De Necker Vrydagaand so erg aangerand het, dat hy Saterdag aan sy beserings beswyk het.

Sers. Kwapa Macdonald, polisiewoordvoerder van die Belfast-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die vier verdagtes is Maandag laat gaan nadat hulle verklarings afgelê het.

“Die verklarings is aan die senior staatsaanklaer verskaf, wat nou sal besluit watter verdere optrede teen die mense geneem moet word,” het Macdonald gesê. Dit is nie bekend hoe lank dié besluit gaan neem nie.

Pierre se pa, Lion, was verbaas toe Maroela Media hom oor dié verwikkelinge om kommentaar genader het. “Ek was self in die polisie en ek weet met ʼn moordsaak moet iemand ten minste 48 uur in aanhouding wees en in ʼn hof verskyn, voor hy laat gaan kan word,” het hy gesê.

Lion het ná sy seun se aanval self van die bewysstukke op die toneel opgetel om aan die polisie te verskaf. Hy het onderneem om senior beamptes in die polisie oor die kwessies te nader.

Maroela Media het Maandag berig ʼn groep van tussen 15 en 20 mense het glo die reg in eie hande geneem en Pierre aangerand. Die voorval hou glo verband met die diefstal van ʼn wit Volkswagen Golf, wat vroeër as gesteel by die polisie aangemeld is. Lees meer hier.

WAARSKUWING: Die foto is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

pierre de Necker 3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adele ·

Gaan statistieke na…..80% van moord, diefstal, verkragting word deur kriminele gepleeg wat of al in die tronk was vir dieselfde oortreding OF hulle was uit op borg….hierdie land is in sy ….. in!

tamboti ·

Mense sal nou begin agterkom hoe eenvoudig die keuse (verkeerde) was so 20+ jaar gelede.
Daar is nou egter nie omdraai kans nie, Afrika keer terug na SA.

Rykdom ·

As Pierre se aanvallers geld het hoef hulle net 6 jaar te kry vir moord. Wat goed is vir een is goed vir die ander. Hoe kan daar nou onderskeid getref word.

MariS ·

Kan jy enigsins n vergelyking tref..hierdie is veragtelik barbaarse mensslagting.. doelbewus..ag nee man wat geld hiermee te doen. 15 tot 20 tot een… klink amper of jy dit goedkeur

marianne ·

Die golf was daar. Hy was in hom. Selfs sy pa praat van sy wit golf.

Lou ·

Op Parys word boere aangekla omdat hulle na bewering die reg in eie hande geneem het. Die ondersoek en verrigtinge lyk na ‘n heksejag. In Belfast gebeur dieselfde, maar die verdagtes word vrygelaat?

sniefie ·

as Chris Hani se FAM kan besluit oir sy moordenaars se straf hoekom mag die slafoffer se FAM nie ook besluit oor hulle Seun se moordenaars se straf nie ?

Johann van Cullinan ·

Ai. Moord vir aardse besittings, wat dalk nie die waarheid was nie.

Johann Smith ·

As die wet bepaal dat ‘n moordenaar soos Oscar Pistorius wat nie met voor bedagte rade moord gepleeg het en 15 moet tronk toe gaan, hoe is dit moontlik dat die verdagtes net so vry gelaat kan word. Lyk my daar is nou verskillende reëls vir die verskillende rasse groepe.

Marietjie ·

Dis net hoe dit gaan in hierdie land van ons! Jy mag nie rook in openbare plekke ens nie maar jy kan maar moor na hartelus.

Gogga ·

Nou wat was die groot geraas oor Oscar dan? Hy mag ook mis dan nou vry loop?

Oja hy is verkeerde kleur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.