Belgiese sendeling in SA vermoor

Eerw. Joseph (Jeff) Hollanders (83) is die naweek vermoor.

ʼn 83-jarige Belgiese sendeling wat al sowat 50 jaar in Suid-Afrika onder veral landelike gemeenskappe werk, is in sy huis in Bodibe, naby Lichtenburg in Noordwes, vermoor.

Eerw. Joseph (Jeff) Hollanders is vermoedelik Sondagmiddag in sy huis oorrompel, kort nadat hy van ʼn kerkdiens teruggekeer het. Daar was onlangs ʼn vlaag inbrake by sy werkswinkel en Hollanders het die veiligheid by sy huis beduidend opgeskerp.

Biskop Victor Phalana, wat die bisdom in dié streek behartig en Hollanders in Desember gaan besoek het, het gesê Hollanders het hom verlede maand gewys watter veiligheidsmaatreëls hy ingestel het.

Hy is Sondag oënskynlik ingewag en oorval kort nadat hy tuisgekom het. “Hulle het geweet op ʼn Sondagmiddag is hy kwesbaar. Hy het net teruggekeer van die kerk. Dit is bose mense dié wat ʼn ou, weerlose man aangeval het. Hulle moes geweet het hy het nie geld nie, hy dien arm gemeenskappe. Elke sent wat hy gehad het, het hy vir sy mense gebruik; hy het alles weggegee,” het Phalana gesê.

ʼn Inwoner wat Maandagoggend met Hollanders ʼn afspraak gehad het, het op sy liggaam afgekom. “Die jong man het die deur oop aangetref. Hy het geklop en ingegaan en op die liggaam afgekom.”

Hollanders se hande en voete was vasgebind, maar daar was geen sigbare wonde aan sy liggaam nie. Hy het moontlik aan ʼn hartaanval of weens versmoring gesterf, het Phalana gesê.

Hy sal Hollanders se huis Woensdag self besoek en dan probeer vasstel wat uit die huis vermis word. Hy het gesê hulle vermoed dit is basiese items soos ʼn selfoon of beursie.

Volgens Phalana is die kerkgemeenskap gebroke. “Wow, wat ʼn groot hart het hy nie gehad nie. Hy was vol lewe, entoesiasme en toewyding. Hy het baie goed Afrikaans gepraat en Tswana dalk selfs beter as die Batswana-mense sélf.

“Hy was mal daaroor om op die platteland te werk en het van die een nedersetting na die volgende gegaan om te preek, ou mense te besoek en om kerke en huise te help bou. Hy was mal daaroor om met sy hande te werk,” het Phalana gesê.

Hy het gesê Hollanders het moontlik geglo hy is veilig omdat hy so nou betrokke in die gemeenskappe was. “Hy was deel van mense se lewe. Ons land het ʼn punt bereik waar daar geen respek meer is vir lewe, vir die kerk, of vir ʼn man van God wat oud en weerloos was nie.

“Hy het huwelike voltrek, kinders gedoop en begrafnisse behartig. ʼn Mens wil hê hy moes met meer waardigheid gesterf het.”

Phalana het gesê Hollanders het sy familie in Augustus in België besoek en was baie bly om dié geleentheid te kry.

“Sy familie is stukkend. Dít skets ʼn baie slegte prentjie. Wat moet die mense in België en Europa nou sê? ‘Ons stuur mense om julle te help, maar julle vermoor hulle.’ Hulle gaan almal van ons die skuld gee,” het Phalana bedroef gesê.

Hollanders se liggaam word Dinsdag na Bodibe geneem waar ʼn roudiens vir hom gehou sal word. ʼn Begrafnisdiens word die volgende dag by die Cathedral of Christ the Redeemer in Klerksdorp gehou. Hy sal ook daar begrawe word.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die motief vir die moord word nog ondersoek. ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van Hollanders se dood bepaal.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval as “gruwelik” veroordeel. Hy het ook by inwoners gepleit om saam met die polisie te werk om die aanvaller of aanvallers aan die pen te laat ry.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, AO Robert Moshwang, bel by 082 416 0763. Inligting kan ook by die Stop Misdaad-nommer, 08600 10111, aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sic? ·

Hy moes maar ne’ , by sy eie gehou het en sendeling Dr Albert Schweidzer se boek my African Journal lees

George in Bloem ·

Absolute stank vir dank. Niks meer wat in hierdie land gebeur kan my enigsins meer verbaas nie. RIV. Nog ‘n aanklag teen die land van ons. Ek kan nie vir een oomblik dink dat dit nodig was om hom te vermoor nie want ‘n bedreiging kon hy tog nie wees nie so dit moet dalk wees omdat hy die aanvaller(s) geken het. Hoekom anders? Tragies.

Daan ·

Nee Helga,hy het God se groot opdrag uitgevoer. Die ewigheid sal eendag wys wat ‘n verskil hy daar gemaak het.Hy is nou by die Here om sy kroon te kry.

Bert ·

Ja Daan, ons moet dankbaar wees Hy het hom tenmindste 81 jaar hom mooi oogepas nè!

Viss ·

Daan, jy is 100% reg in wat jy sê, hy het gedoen wat God vir hom gesê hy moet doen, soos met God se dissipels.

Anda le Roux ·

Mooi gestel Daan. Hy het sy lewe gegee om diensbaar te wees. Sy werk in God se wingerd sal ryklik beloon word met ‘n kroon. Dankie vir so ‘n wonderlike voorbeeld.

Cauin ·

@Werner
Moet bietjie kyk ne’ , wie daar was om wat te gaan doen vir wie . Mmmm .

Melanie ·

Stadig maar seker gaan die wêreld se oë oop. Wat ons al lankal weet moet hulle nog leer.

Geelonger ·

Hierdie soort nuus verskyn nie in oorsese media nie Ongelukkig is Maroela nuus nie ook in Engels nie Hier in Aus weet Baie mense nie eers van plaasmoorde nie As mens dit vir Hulle vertel is dit of Hulle dit nie glo nie Hulle vind dit vreemd dat iemand n plaasboer sou vermoor

Ja swaer ·

Lekker ne ons vir jou Suid Afrika. Res vd wereld moet wakker skrik. Moord en doodslag is geneties ingebou hier en in Afrika.

Heksie ·

As jy ‘n keuse het om in hierdie land te kom woon … vat jou goed en hol so ver en so vinnig as wat jou voete jou kan dra!

M ·

Tragies. Hy moes maar nie teruggekom het SA toe na sy vakansie nie.

ap ·

Dis belaglok dat jy nog mense kry wat arm gemeenskappe wil help , dis juis hulle wat opportunisties is en vat wat hulle kan kry , arme familie bid vir hulle asb

Gerrit ·

Iewers in die Bybel staan van “pêrels en swyne”. Los die spul dat hulle hel toe gaan. Hoekom hulle probeer bekeer?

A Mac ·

Dis jammer dat ‘n man wat sy lewe en tyd opgeoffer het vir sy medemens, en nog so ver van sy vaderland, hier vermoor mos word. Hoop regtig dat sy moordenaars gevang sal word.

Sam Brookes ·

So sal hulle alles tot hul eie skade vernietig. Afrika het sy moraliteit lankal vir ‘n blik batterysuurbier verpand.
My innige simpatie met mnr Hollanders se gesin en vriende. Hy is ten minste nie meer op ‘n plek wat hy hoef te vrees vir mense nie. Maar die lafaards moet kennis neem dat die dag van hul oordeel elke dag naderkruip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.