Bellair-aanval: ‘Rowers’ buit juwele, selfone

Rescue Care paramedici is na die voorval na die huis ontbied (Foto: Verskaf)

Die aanvallers wat ʼn pa en sy dogter Donderdagaand in hul huis in Bellair, Durban, aangerand het, het juweliersware, skootrekenaars en selfone gebuit.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê vyf mans het glo om 19:20 die huis betree.

Die mans het die pa en dogter in die badkamer toegesluit en toe die goedere gebuit.

Maroela Media het vroeër berig die Rescue Care Paramedics het die pa (in sy 50’s) en sy dogter (in haar 30’s) Donderdagaand ernstig beseer in hul huis in Seaglenweg in Bellair aangetref. Mbele sê die pa is erg beseer toe hy die verdagtes probeer afweer het.

Pa en dogter is albei op die toneel gestabiliseer voordat hulle per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

ʼn Saak van huisroof is by die Bellair-polisiestasie aanhangig gemaak en die polisie se ondersoek duur voort,” sê Mbele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Net n saak van huisroof? Ek begin nou baie ernstig keelvol raak van die twak…. en oor n jaar wil hulle weer vir ons kom lieg met hul statistieke en vertel misdaad neem af en hulle doen hulle werk. Twak man en ons is gatvol vir die liegery!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.