Bellville-pa verdwyn weens ‘persoonlike kwessies’

Ongedeerd: Jan Willem Fourie.

ʼn Pa van Bellville wat tien dae gelede spoorloos verdwyn het, is ongedeerd gevind.

Jan Willem Fourie (38) is verlede Dinsdag die laaste keer by die Karl Bremer-hospitaal in Kaapstad gesien, waar hy toetse vir ʼn maagsweer sou ondergaan.

Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wys hoe hy die perseel kort voor 09:00 verlaat, maar wys nie in watter rigting hy dan stap nie.

Sy vrou, Lucille, het hom dieselfde dag as vermis aangemeld en ʼn grootskaalse soektog is na hom van stapel gestuur.

“Hy is lewend, ongedeerd en veilig. Persoonlike kwessies,” het Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, op sy Facebook-blad geskryf.

Geen verdere besonderhede is in dié stadium bekend nie.

Die egpaar het ook ʼn tweejarige dogtertjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

HM ·

Seker jou eie persoonlike probleem.om net te verdwyn. Maar laat net n briefie om jou naaabestaandes in te lig. Dit is onregverdig teenoor jou gesin en familie.

Johanna ·

Dit is die hoeveelste person wat net “verdwyn” om hul kop skoon te maak, Dink hulle ooit aan hul ouers, vrou, kinders se bekommernis. Baie selfsugtig!

Gerda ·

Ag nee regtig, kan die mense net se as hulle alleen wil wees, dit is nou al die hoeveelste persoon wat ” verdwyn ” . Dink vir ‘n slag aan ander en nie net aan jouself nie. Baie tyd word onnodig gemors op iemand wat uit hulle eie ” verdwyn ” terwyl ander gedwing word en nie so gelukkig is om weer gevind te word nie

Blikke ·

Ja Gerda….100% in die kol..
..tyd wat baie meer doeltreffend gebruik kan word. ….om nie eers te praat van die kostes daaraan verbonde nie…..niks is verniet nie….

Elizna ·

Hoop pink ladies stuur n GROOT PINK REKEKENING..PERSOONLIK

Tante ·

Gee jou wederhelftes so een of 2 keer n jaar af om sy kop skoon te kry soms het perso e rerig n breuk nodig veral waar spanning deesdae mode is die goeie ou dae het die manne aan komandos aangesluit om weg en reg te kom vir n naweek en ander tye kry die mans weer beurt om kinders op te mas en m vroue saam ander vroue n lekke henne naweek te hou weg van die huis . Saam of sonder ander mense soos persoon verkies maar dat elkeen weet wat gaan aan sonder om Pienk ladies te pla hulle het baie werklike probleme om op te los soos vermiste kinders ens

ALR ·

Daar is deesdae n klomp mense wat “verdwyn”. Wat hul nie besef nie is dat daar baie geld en tyd gemors word om hul op te spoor terwyl daar mense & kinders is wat regtig hulp kort weens ontvoering of kapings….
As jy wil “rus”, los tenminste n brief sodat daar nie tyd of geld op jou gemors word nie.

Cherokee ·

Hoeveel van julle wat kritiek lewer het al dieselfde gevoel? Lus gekry om sommer net die pad te vat na die verste horison? In ‘n vreemde dorp gaan bly as onbekende. In die aande in ‘n stil kroeg ‘n bier te gaan drink en net die mense gade slaan. Met niemand te meng nie. Vir niemand te sê wie jy is nie. Dit is so soort van lus wat vele mense somtyds tref… om verskillende redes. Hetsy persoonlike redes, familie dramas of selfs soek na self. En as jy nog nooit so bevlieging ervaar het nie, is jy bietjie anderster.

Adam ·

Cherokee, jy is so reg. Daar is vandag groot getalle mense wat een of ander vorm van geestessiekte ervaar en nie toegang het tot behoorlike mediese hulp nie en letterlik net wil wegvlug van alles en almal.

Cherokee ·

Adam, terwyl jy absoluut reg is, is geestessiekte of gebrek aan toegang tot behoorlike mediese hulp nie werklik die enigste oorwegings faktor. Somtyds wens ek ek was ‘n psigiator en ander tye lag ek daaroor met die realisme oor hoe ons koppe werk. Ons is meer deurmekaar as wat jy en ek sal besef.

Dirk ·

Cherokee ek het al baie so gevoel.partykeer kry ek nog daai gevoel as alles teveel raak.Op die einde van die dag begewe my moed my en ek kyk maar vorentoe..

Karlahari ·

Ek het al sulke bevliegings ervaar met rede.
Maar die mense vir wie ek omgee en wat vir my omgee weet ek gaan kop skoonmaak.
Net wegraak in die land met al sy moord en doodslag is nie regverdig teenoor die wat oor jou moet worry nie.

Netso ·

Stem saam met jou. Mense is vinnig om op hulle perde te spring asof hulle tussen Jesus en God gaan sit eendag.

Dries du Toit ·

Stem Cherokee. Daar is ongelooflike druk op blanke mans in hierdie land. Moedeloosheid is ons almal se voorland

Cherokee ·

Dankie Dries vir jou saampraat. Jy laat my besef dat daai tafel in die stil kroeg kan dalk beset word deur ‘n naamlose pa, ma en kinders (met milkshakes).
Ons praat ligsinnig daaroor, maar dit is ernstiger as wat ons (teenoor self!)wil erken. Ek woon waar ek vir dekades begeer het om te woon. Op ‘n skiereiland met see-uitsig deur elke venster in die woonstel. Die see voor my en die see agter my. Ek stap net oor die straat na my kantoor met see-uitsig vanaf my lessenaar.
Maar in my onderbewussyn maan ek myself om aan realisme vas te klou en miskien dit wat ek het te verruil vir ‘n (selfs kleiner?) woon-kompleks in.. (Perth is selfs warmer as hier) Sydney, Melbourne? 100de meters verder weg van die see? Dries, ons Suid Afrikaners het nou Gypsies geword. Ek hoop jy word my buurman in Australië.

alwyn burger ·

Ek dink die “media” moet ophou om snert as nuuswaardig op te dis!!

PJC ·

Hierdie verdwynings is ń groot probleem. Mense is onder soveel druk. Nou verdwyn sommiges en ander pleeg selfmoord. Party mense is absoluut desperaat en dit alles oor hoe dinge in die land tans gaan.

Gesiggie ·

Wie is ons om te oordeel… almal het sy eie probleme, en kan dit nie self hanteer. Baie bly dat Jan veilig is hoop dat als van nou af net beter sal gaan.

Jozi ·

Laat ons nou maar eerder nie oordeel nie.
Daar is soveel waarmee ons almal moet deel – op persoonlike vlak asook al die eksterne gemors om ons.
Ek vat self baie gereeld die pad as ek voel dis tyd om kop skoon te maak.
Roadtrip op my eie, absolute stilte terwyl ek ry doen wondere vir my gemoed.
MAAR my mense weet altyd as dit “sulke tyd” is.
Wat onse Bellville -pa aanbetref…. hy het sy eie storie en sy eie pad wat hy stap.
Sterkte aan hulle.

Lollo ·

Die media moet ophou om sulke berigte te plaas. As die persoon net verdwyn het dan moet hy maar net weer self na die party toe kom. Pienk ladies moet ophou om almal altyd te betrek om iemand te soek wat net vir ‘n paar dae op hulle eie wil wees. Geen simpatie vir hulle nie.

Tor ·

Publieke bewusmaking is altyd n goeie ding. Die feit dat die man te voet in die middel van die week by die hospitaal was,laat my wonder of hy dalk werkloos kan wees. Sterkte mede Suid Afrikaners.

Jeremia ·

Bly man is gekry en hoop hy kry sake uitgesorteer.
Wonder net elke keer hoeveel mense al die afgelope meer as 24 jaar verdwyn het. Die verhaal oor Welkom man se verdwyning en treurigheid om hom te identifiseer stuur baie duidelike boodskap uit.
Daar is talle mense wat spoorloos verdwyn het. En weens die feit dat gewelddadige misdaad buite beheer is, vrees mens altyd vir die ergste.

Alida ·

Almal het n wegbreek nodig niks fout daarmee nie maar laat weet net elke 2de dag vir jou familie dat jy veilig is. Dit is min genoeg gevra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.