Bellville-polisiemanne vas vir korrupsie

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

Die ondersoekeenheid vir voertuigmisdaad in Bellville in die Wes-Kaap het Donderdagoggend sewe lede van die polisie in hegtenis geneem vir beweerde bedrog met betrekking tot voertuigregistrasies.

Die vyf polisiebeamptes en twee administratiewe klerke is na ʼn uitgerekte ondersoek in Langa en die Paarl in die Wes-Kaap vasgetrek. Drie ander verdagtes is verlede jaar in verband met dieselfde saak in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeamptes wat vasgetrek is, het met verloop van tyd op ’n bedrieglike wyse dokumentasie vir die goedkeuring van onwettige ingevoerde, gesteelde en gekaapte voertuie uitgereik.

Die verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 30 en 40 jaar, gaan Vrydag in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklagte van vervalsing, bedrog en korrupsie.

“Namate die polisieondersoek vorder, kan nog verdagtes in hegtenis geneem word,” sê Potelwa.

Lt.genl. Yolisa Matakata, provinsiale kommissaris van die Wes-Kaap, het gesê daar is geen plek vir korrupte polisiebeamptes in die polisie nie.

“Ek vertrou die inhegtenisnemings stuur ʼn waarskuwing uit aan lede dat sodanige  onvanpaste optrede met wortel en tak uitgeroei sal word. Diegene wat daarvoor verantwoordelik is, sal die volle mag van die wet in die gesig staar, ” het Matakata gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Die inhegtenis neming stuur ń waarskuwing uit? Moenie dom wees en gevang word nie, en as ons jou vang? Moenie slaap daaroor verloor nie, gou uit op borgtog en ń klein boete en/of opgeskorte vonnis. Lekker in lalla land.

Genis ·

Dis weereens n skande… nietemin dankbaar hulle is gevang..wys jou maar net die kaliber wat aangestel word… Hulle moet uiters swaar staf kry vir dwarsboming van die gereg

SomeOne ·

die ander wat dieselfde aanvang, worry nie eers oor die wat gevang word nie, strawwe is te ligtelik

Eugene ·

En hulle kwalifiseer nie vir Afriforum se ontsmettingsmiddel nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.