Beloftebos nou nie meer trouvenue

Beloftebos sal nie meer as trouvenue vir die publiek beskikbaar wees nie. (Foto: Facebook)

Die Beloftebos-venue gaan voortaan glad nie meer troues vir die publiek aanbied nie en die skakel op sy webwerf wat na troues verwys het, is reeds heeltemal verwyder.

In ʼn brief aan die Menseregtekommissie (MRK) sê die eienaars van Beloftebos dat hulle na verskeie jare van gebed en oordenking, asook die uitwerking van die Covid-19-pandemie wat bruilofte skaars en moeilik gemaak het om aan te bied, besluit dat dit nou ʼn nuwe seisoen vir hulle en hul plaas is.

Beloftebos sal dus nie meer as trouvenue vir die publiek beskikbaar wees nie.

Die prentjiemooi venue naby Stanford in die Wes-Kaap, is die afgelope paar jaar in ʼn stryd met MRK gewikkel. Die kommissie sleep die venue se eienaars, Andries en Coia de Villiers, hof toe oor hul weiering om pare van dieselfde geslag toe te laat om hul huwelikseremonies daar te hou. Gay mense is steeds welkom by enige geselligheid.

Die eienaars van Beloftebos voer aan huweliksbevestigings van mense van dieselfde geslag druis in teen hul geloofsoortuigings en om dié rede is gay-huweliksbevestigings nie daar toegelaat nie.

Hulle het nou aan die MRK geskryf en gevra vir ʼn vriendskaplike oplossing vir die kwessie wat nou al meer as twee jaar lank voortsleep. Die versoek volg ná ʼn vergadering tussen die venue se eienaars en die MRK verlede jaar om mekaar se posisie te probeer verstaan.

Beloftebos se eienaars stel onder meer voor dat enige ooreenkoms wat aangegaan word, spesifiek met dié saak verband sal hou en nie gebruik sal word as ʼn presedent in enige ander saak nie. Hulle vra ook die MRK om te aanvaar – sonder om daarmee saam te stem – dat die eienaars vas glo dat die huwelik ʼn sakrament tussen ʼn man en ʼn vrou is. Hulle sê voorts hul geloof en siening oor die huwelik is fundamenteel in hul verhouding met God en dié verhouding staan sentraal in alles wat hulle doen.

Die eienaars van Beloftebos erken dat die MRK ʼn verantwoordelikheid het om stappe te doen wanneer enigiemand hul geloof gebruik om die waardigheid van ander mense te ondermyn.

Hulle onderneem ook om hul webwerf en ander kommunikasie te fynkam vir enige inhoud wat gebruik kan word om die waardigheid van enigiemand wie se siening oor die huwelik sterk verskil van hul eie, te ondermyn.

Michael Swain, hoof van Freedom of Religion South Africa (FOR SA), sê die Grondwet moedig ʼn samelewing aan waar mense deur hul diversiteit verenig kan word.

“Die eienaars van Beloftebos het nog altyd duidelik en deurlopend volgehou dat die kwessie gaan oor hul opregte en diepe oortuigings oor die huweliksakrament. Dit was nooit oor die seksuele oriëntasie van enige mens nie en hulle het dit by elke geleentheid klokhelder gemaak dat hulle die grondwetlike regte van die LGBTIQ+-gemeenskap ten volle respekteer en erken,” sê Swain.

Uit die venue se webwerf blyk dit dat verskeie avontuuraktiwiteite deesdae daar aangebied word. Dit sluit in staptogte, drafroetes en bergfietsroetes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johann ·

Ongelooflik…letterlik ONGELOOFLIK!!!!!! As ek reg verstaan is die MRK se aksie agv EEN vroulike “couple” wat die samelewing aankla van “uitsluiting”?

Marius ·

Die eienaars van Belofte bos het die reg om hul geloof uit te leef en by hul beginsels te hou. Die huwelik is ‘n heilige sakrament tussen ‘n man en vrou, volgens die Woord van die Here en dit kan nie deur enige mens of wet verander word nie. Volgens hul geloofs oortuiging en die Woord doen hul niks verkeerd nie. Waaroor al die bohaai ?

Leeuwyfie ·

Ek is jammer dat julle deur soveel moeilikheid gesit is. Maar ek is trots dat julle sterk gestaan het met soveel teenkanting. Die Bybel wys uitdruklik wat ‘n huwelik is en wie in ‘n huwelik staan. Die wêreld mag maar anders besluit, maar ons as Christene moet by die Woord staan. Soveel teenkanting wat julle ervaar weet julle ook hoeveel vriende saam julle staan.

Mallie ·

Dankie dat daar nog mense is wat soos ek voel. Dit is nie aanvaar maar alles nie. Dit was en is en sal nooit rdg of aanvaarbaar wees nie.

Windhond ·

Sal die MRK dieselfde doen as n Muslim in sy slaghuis weier om varkvleis te verkoop,? – gaan hulle hom ook hof toe sleep omdat dit teen sy geloof is?

pompies ·

So wat die een wat kla eintlik se is dat daar net een perseel was wat bruilofte by gehou kon word en dit was Belofte Bos. Ek het absoluut geen probleem met gay of lesbiese vrouens nie ek hou nogal van hulle maar dit is nou regtig moeilikheid soek en maak. Ek is seker sy kon iewers anders regkom maar sy was uit om n punt te maak, nou ja sy het, arme ding.

Eclectus ·

Venue, venue, venue… die woord wat julle soek is lokaal.

Cobus ·

Grootste respek vir Beloftebos eienaars, hulle is aan God meer gehoorsaam as aan ‘n korrupte owerheid. MRK is die duiwel se instrument.

SjN ·

Die eienaars kan seker self besluit oor wat en wie wat funksies aanbetref. Hoekom word daar voorgeskryf.

Ettienne ·

Nee Atta, Beloftebos wen. Hulle hoef nie die gaypaartjie te trou nie en hulle kan voortgaan om besigheid te doen. Nou net nie vir troues nie. Dit is die gaypaartjie wat nie hulle troue het nie, en ook nie Beloftebos kon toemaak nie.

Gert ·

Maak nie saak hoeveel keer jy sê ‘n verkeerde ding is reg nie dit bly verkeerd. Ek is bly Belofte Bos bly by hulle oortuigings.

E ·

Wel ek dink besigheid gaan dalk makliker wes en meer, daar is definitief baie meer stappers en fietsryers as mense wat duur troues kan betaal. Ander funksies kan nog plaasvind soos verjaardag partytjies en dies meer. Ook net ‘n paar veranderings en ouers kan hulle kinders soontoe neem vir ‘n “bootcamp”dag of so iets.

fs ·

ek verskaf trou klere – onder andere trourokke… ek stem 100% saam met Beloftebos se standpunt. Ek dring daarop aan om die paartjie te ontmoet voor ek enigiets bevestig.. as dit ‘n selfde geslag paartjie is dan doen ek nie die troue – ek is doodeenvoudig vol bespreek. Punt en klaar.. my God gegewe talent en my verhouding met God is belangriker as daardie paar rand wat ek sou verdien uit ‘n troue

Veronica ·

Ek haal my hoed af vir Beloftebos se eienaars wat volhou en vasstaan by hul oortuiging! Dit wys net dat dit n saak van oortuiging en erns is nie ligtelik geneem nir!

Willie ·

Dit is bitter baie hartseer hoeveel mense geen kennis of verantwoordelikheid dra van hoeveel skade hulle woorde of dade kan veroorsaak nie. Ek lees die kommentare en kan nie glo wat ek sien nie. Elkeen hier behoort hulle self te skaam. Julle geliefdes lees die goed, en daar is dalk iemand wat rerig sukkel om vrede te vind met hulself en kom op die af….. dit mag dalk net die laaste hammer kap wees op die spyker se kop….en dai persoon neem sy eie lewe, want as hy/sy hier lees sal hulle nooit deur hulle eie mense aanvaar word nie…. En julle kan julle eie navorsing gaan doen rondom die sterftes. Dit gebeur daagliks . En ja , ons is vinnig om op te staan en te sê, “maar dit staan in die Bybel”, daar staan bitter baie goed in die Bybel, hoofstukke oor slawe of waar presies jy jou vrou mag slaan…. maar ons vergeet daarvan … ons sê “Jesus het vir ons sondes gesterf” …… Maar eintlik bedoel ons; Jesus het vir my sondes gesterf, nie vir joune nie…..skaam elkeen van julle

MakersMark ·

Seker daar is ander trou lokale wat die gay paartjie se besigheid sou aanvaar. Maar hoekom dit in mense se kele afdruk ? Dis hoekom die reaksie so is. Niks met aanvaar uit te waai.

Gert ·

Weet jy ons almal sondig want ons is mense. Maar ek kom druk nie my sonde in jou keel af en verwag jy moet dit aanvaar en sê dis reg nie, so verwag ek dieselfde van jou. Ek respekteer hulle sienswyse maar ek hoef nie daarmee saam te stem nie, dis my en hulle goeie reg. So as hulle na my toe kom en ek sê nee moenie my probeer vorseer om hulle sin te gee nie.

MakersMark ·

Eienaars kan besluit wie op hul plaas trou. Niks hoef in hul kele afgedruk te word. Ook nie kliënte se seksuele oriëntasie nie.

Swerwer ·

Wie gee die Regering die reg om hul wanuitkyke op die lewe af te dwing op landburgers. Die wiel sal draai, gee maar kans. Die “Gay” mense moet net weet dat hul nie verhewe is bo ander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.