Beloftebos reageer op MRK se hofaansoek

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Beloftebos het Maandag gesê hy verwelkom enige persoon na dié trouvenue in die Overberg en organiseer graag funksies soos verjaarsdagpartytjies en jaarafsluitings vir paartjies van dieselfde geslag. Die eienaars van Beloftebos hou egter voet by stuk dat hulle nié troues vir paartjies van dieselfde geslag organiseer nie.

Die eienaars van die venue het hulself verdedig nadat die Menseregtekommissie (MRK) glo talle klagtes ontvang het oor beweerde diskriminasie teen paartjies van dieselfde geslag. Dié paartjies word glo nie toegelaat om daar te trou nie weens die eienaars se geloofsoortuigings. Die MRK het gevolglik ʼn hofaansoek teen Beloftebos by die gelykheidshof ingedien.

“Beloftebos se besluit om nie troues van dieselfde geslag te organiseer en te hou nie, is as gevolg van die eienaars se geloofsoortuigings dat die huwelik ‘n heilige verbond is tussen ‘n man en ‘n vrou in die teenwoordigheid van God, sowel as ‘n simboliese beeld van die liefde en verbintenis tussen Christus as die Bruidegom en Sy Kerk as die Bruid,” lui ʼn verklaring wat die venue Maandag uitgereik het. Die eienaars sê hulle diskrimineer dus nie onbillik teen enigiemand wat betref wie hulle liefhet of hoe hulle liefhet nie.

Die MRK sê egter hy beskou Beloftebos se optrede as ongrondwetlik, aangesien daar nie op grond van geloofsoortuigings teen mense gediskrimineer kan word wat betref hul seksuele oriëntasie nie.

Luidens die verklaring het Beloftebos van dié hofaansoek deur die media te hore gekom en nog geen hofstukke ontvang nie.

Die eienaars van Beloftebos glo hulle behoort op grond van die grondwetlike reg op vryheid van godsdiens en geloof toegelaat te word om te onderskei tussen die gebeure en aktiwiteite wat hulle bereid is om op hul eiendom te fasiliteer. As gevolg van hul godsdienstige oortuigings sou hulle byvoorbeeld ook weier om ‘n Halloween-partytjie aan te bied, ongeag wie dit aanvra.

“As die hof teen Beloftebos beslis en hulle dwing om aan geleenthede deel te neem en dié geleenthede te vier wat teen hul gewete, godsdiens en geloof gaan, sal elke verskaffer van goedere en dienste in Suid-Afrika gedwing word om werk te aanvaar waarmee hulle in wese nie saamstem nie,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johan Venter ·

Daar is tog nog baie predikante van die NGK, dalk die meeste, wat ongeag die Algemene Sinode se besluit, dit verkies om ook nie paartjies van dieselfde geslag te trou nie.

SomeOne ·

beloftebos, ek staan saam met julle, dis teen my geloof beginsels dat mense van dieselfde geslag gemeenskap met mekaar het of in die eg verbind word
staan jul man en ek glo God gaan julle nie veroordeel nie

Frederik C ·

Tyd dat die MRK toemaak. Hulle beteken eintlik niks vir die samelewing nie.

Anel ·

Soos ek dit nou verstaan, die gay mense het die reg om vir jou te sê wat jou op jou perseel doen anders is dit diskrimenasie. Dis hulle reg. So eintlik diskrimineer hulle teen die Christene. As jy weet wat my beleid is tov wat ek aanbied en dit staan jou nie aan nie, staan dit jou vry om ander plek te kry. Jy kan my nie dwing om iets te doen wat ek nie wil nie. So gay mense het meer regte as Christene!

antieke antie ·

ek stem saam…. hulle respekteer nie die eienaars se regte oor hulle eie goed nie…. hulle mag dink dis n oorwinning oor die eienaars maar ek glo nie so nie… hoekom die krisis veroorsaak as julle net n ander plek te soek wat julle n gelukkige troue sal gee…

Nell ·

Mooi so Beloftebos dat julle die streep trek en nie die knie voor Baäl buig nie. Dis hoog tyd dat Christenne begin standpunt inneem teen instansies soos MRK wat ons van ons geloofsvryheid wil beroof.

Willem ·

Almal het “regte” behalwe Christene wat nie rede soek om die Bybel anders as volgens die gewone betekenis van woorde te verstaan nie en veral as jy Afrikaans is. Waarom kan die sg LGBQT spulletjie nie net stilletjies in hul spasie leef en die res van ons in vrede los nie?? Genugtig man – die land is ekonomies op sy knieë maar die spul van die MRK het tyd en geld vir nonsens.

antieke antie ·

ek dink dis eintlik laag om die regte te eis by howe…. kry net n ander plek

Elize ·

Beloftebos welgedaan. Staan op julle standpunt as Christene en moenie die knie buig nie. God sal julle deur hierdie tyd help en bystaan. My opinie oor die afwaartse duimpies wat gewys word is seker die wat daar wou trou en nou op hulle neuse kyk

Leon ·

Dan moet die Moslems ook selfde gaslag troues toelaat in hulle moskees.

Sarel ·

Net soos misdadigers in hierdie lsnd meer regte het as wetsgehoorsame burgers.

ES ·

Om na die MRK te hardloop om iemand te dwing om iets te doen wat teen hul beginsels is, is bloot moedswillig.

Ek het glad nie ‘n probleem met mense van dieselfde geslag wat wil trou of hul lewe saam wil spandeer nie – dit is hul keuse. Ek het ‘n probleem met mense wat dink hulle moet spesiale aandag kry omdat hulle toegang geweier word tot ‘n plek – wat die reg het om enigiemand toegang te weier – net soos enige restaurant, kuierplek of vakansieoord op hul eie diskresie.

As iemand jou nie wil toelaat om by hul venue te trou nie, dan gaan jy elders anders.

Vriendelike Frikkie ·

“mense wat dink hulle moet spesiale aandag kry ” – Ongelukkig is dit die standaard ding met millenials. Hulle kan dit nie hanteer as iemand vir hulle “Nee!” sê nie. Dan is hulle hele gestel in skok en moet hulle eers ‘n bietjie onttrek na hulle veilige plekkie toe. Dan moet hulle iemand verantwoordelik hou vir die skok en dis waar die MRK dan kom troos.

antieke antie ·

ja ek se dis dieselfde as die afrika manier….van al wil mense hulle plek selektief hou ..dan sal hulle op menseregte aandring om die mense te disrespekteer en aandring om daar te wees… maar nie almal doen dit nie…

Johan Venter ·

En Netwerk24 berig vanoggend: “’n Vrystaatse NG gemeente het uit protes teen die algemene sinode se standpunt om selfdegeslagverhoudings in die kerk te erken hul geldelike steun aan dié sinode, die Vrystaatse sinode en ook die ring van die Vaalrivier onttrek.”

PIETER ·

Daar is genoeg ander venues. Gun die eienaars die reg om volgens hul oortuiging op te tree. Dit is opdringerige optrede soos die wat mense skietgoed teen gays gee.

Alet ·

Ek sou so graag wou sien hoe lyk die “paartjie” wat so kommin is. My magtig man trek jou grootmens bootsies aan en kom oor dit. My seun van 15 verstaan dit. Dis soos hy sê – mamma as die een plak nie my onthaal wil doen nie gaan soek ek net ‘n ander plek. Wat kan nou so moeilik wees. En ag asb vir die ou diskriminasie storie. Hou op jammer voel vir julleself. Julle wil ander dwing om julle huwelik daar te voltrek – so wat doen julle. Julle forseer julle geloof op ander mense af. So is dit dan nou nie tit for tat nie. Ag nee hel g’n wonder ons land is in so gemors nie. Well done Beloftebos. Julle het my vote vir opstaan vir julle beginsels. Aan die ander twee gaan kruip onder ‘n bos in. Net nie beloftebos nie!!

Anoniem ·

Die regstelsel gebruik die MRK om “ongemaklike situasies” wat nie in ‘n hof bewys kan word nie te hanteer sodat hulle (regstelsel) nie ongewilde uitsprake hoef te lewer nie.

Jaco ·

Vreemd dat Beloftebos so moet deurloop, maar die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) word al jare lank uitgelos. Die APK en hulle opleidingsentrum, die AP Akademie, is oop NET vir wit mense. Dis mos ook diskriminasie.

lollapot ·

Beloftebos. . . stand up for what you believe! even if it means standing alone!

Ettienne ·

Die betekenis en gebruik (misbruik?) van die term “Diskriminasie” is so wyd soos die Heer se genade.

Soos die meeste ander “venues” waar huweliksfunksies aangebied word, is Beloftebos gelëe op privaatgrond, in privaat besit en (as ek reg onthou van toe ek laas daar was) is daar ‘n teken op wat lees “Reg van toegang word voorbehou”. Sover my kennis strek beteken dit dat die eienaars binne hulle regte opgetree het…

Christiaan Johannes ·

Matthews 5 v 11,12 Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê,
Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die Hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.

Gato ·

Die MRK se Kommunistiese onderrok hang darem ver uit. Hoe kan hulle iemand dwing om ‘n funksie op privaat eiendom aan te bied wat teen die eienaar se geloof en beginsels is?
Die staat (MRK) wil alles beheer en besluit wie mag wat doen.
Staan vas Beloftebos julle is nie verkeerd in julle besluit nie.

Daizee ·

Wat het geword van vryheid van spraak en geloof. Sal graag wil sien wat die reaksie sal wees as dieselfde mense daarop staan om in ‘n Moskee of ‘n heilige plek op traditionele grond wil trou…. Dis altyd interessant om te sien hoe mense wat so staan op respek van ander, dit maar weinig self uitdeel….

Hennie ·

Dit is deiselfde as wanneer ek by ‘n moslem plek ‘n vark op ‘n spit wil gaan braai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.