Beloftebos se standpunt ‘gevaarlik’ – MRK

(Argieffoto: pixabay)

Die Menseregtekommissie (MRK), wat die trou-venue Beloftebos na die gelykheidshof in Kaapstad sleep weens die eienaars se weiering om troues van mense van dieselfde geslag daar aan te bied, sê in hofstukke Beloftebos erken dat sy gedrag diskriminerend op grond van seksuele oriëntasie is.

Die saak duur nou al maande lank voort nadat die MRK in Maart vanjaar met regstappe teen Beloftebos, naby Stanford in die Wes-Kaap, begin het.

Die eienaars van die venue is Christene wat glo in die Bybelse beginsel dat ʼn huwelik tussen een man en een vrou is. Hulle het in vroeëre hofstukke aangevoer hulle glo die huwelik is ʼn heilige verbond tussen ʼn man en ʼn vrou in die teenwoordigheid van God en is ʼn simboliese beeld van die liefde en verbintenis tussen Christus as die Bruidegom en sy kerk as die bruid.

Die MRK voer nou in sy hofstukke aan Beloftebos se argument dat sy diskriminasie billik is, is deurspek met afleidings wat nie gestaaf kan word nie, dwaalbegrippe en aannames.

Adv. André Gaum, namens die MRK, sê in hofstukke onder meer die gevolg van Beloftebos se optrede belemmer die waardigheid van pare van dieselfde geslag wat toegang tot die venue en fasiliteite soek.

“Tweedens het hul gedrag ʼn ernstige en gevaarlike uitwerking op pare van dieselfde geslag wat uitgesluit word van toegang tot die venue en fasiliteite op grond van hul seksuele oriëntering.”

Die MRK voer ook aan daar word reeds jare lank gediskrimineer teen diegene in verhoudings van dié aard en dat hulle ʼn kwesbare groep is wat deur diepgesetelde diskriminasie en vooroordeel in die samelewing in die gesig gestaar is.

Die MRK voer aan die doel van die hofsaak is nie om te sê dat Beloftebos se eienaars nié mag glo soos hulle verkies nie, maar dat hulle ʼn diens aan die publiek lewer en as hulle dít doen, moet hulle persoonlike geloof ondergeskik wees aan grondwetlike voorskrifte.

Beloftebos sê hulle het geen beswaar daarteen om pare van dieselfde geslag by hul venue te verwelkom nie. Hulle is welkom om daar tuis te gaan, gesellighede by te woon of selfs hul wittebrood daar deur te bring.

Die MRK sê egter dié standpunt is onversoenbaar met Beloftebos se standpunt dat hy nie wil deelneem aan iets wat huwelike tussen mense van dieselfde geslag wil steun of aanmoedig nie.

Die kommissie sê Beloftebos kan dus in teorie ʼn gewilde vakansiebestemming vir getroude pare van dieselfde geslag word, terwyl pare van dieselfde geslag uitgesluit word van die gebruik van Beloftebos se bruilofdienste. “Dit kan nie rasioneel volhoubaar wees nie,” voer die MRK aan.

Beloftebos moet nou op die MRK se stukke reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Chris dupreez ·

Beloftebos, hou by julle Christelike beginsels en wat die Bybel sê.

Jakkie ·

Beloftebos, staan vas in geloof, Abba Vader is trots op julle

Salome ·

Maw as Christen moet jy maar jou beginsels onderdruk om die MRK tevrede te hou? Waar is ons regte dan?

Wakkerslaper ·

O werklik? So links-liberale en on-Christelike standpunte en waardes is aanvaarbaar, maar my Christelik-konserwatiewe standpunte en waardes is “gevaarlik”…? Kan ons dalk binnekort die vervolging van Christene in SA sien?

Suzette ·

Die MRK het nie ‘n clue nie…hoekom wil julle julle sienings afdwing? Het julle Beloftebos ontwikkel? – NEE!! Almal is kamtig in ‘n vry land en het vryheid van spraak. Ek is seker dit sluit vryheid van keuses en besluite ook in. Hoekom word Beloftebos se besluite en waarin hulle glo nie gerespekteer nie? Daar is BAIE ander venues wat gebruik kan word. LOS DIE MENSE UIT!!!

Misky ·

Hoe kan jy jou huwelik by n plek wil hou as jy weet jy is inderwaarheid nie “welkom” daar nie? Gaan kry n ander plek, daar is baie om van te kies. Goed vir julle Beloftebos, hou by jul christelike beginsels

Dries ·

Gaan kyk bietjie op Youtube. Daar is videos waar Moslem bakkerye in Amerika weier om gay troukoeke te bak (oor hulle geloofsbeginsels). Die media en howe het geensins bohaai daaroor gemaak nie.

Raakvatter ·

So jou persoonlike geloof moet ondergeskik wees aan grondwetlike voorskrifte? Ek sou eerder sê daai is die gevaarlike standpunt!!

Schalk ·

Die MRK is ongelukkig bekend dat dieselfde standaard nie gehandhaaf word nie. Dit is ‘n mens gevormde groep wat regverdigheid bepleit gebaseer op hulle opinie wat nie konsekwent is nie. Wie gee die mens reg om ander te oordeel? Wie gee die mens reg om ge-oordeel te word deur die ander mens? Net God mag oordeel want ons is geskape deur HOM. Die mense wat die eienaars van Beloftebos oordeel maak my stom! Hoekom sal enige iemand wil gaan moeilik raak op ‘n plek waar jy ander mense se morele beginsels nie aanvaar nie! Gaan soek ‘n ander venue en geniet jou daar! Die MRK is nie eers veronderstel om betrokke te raak nie!

Juls ·

Dis om aspris te wees, hulle soek juis ‘n instelling wat hulle weier op Christelike beginsels sodat hulle bohaai kan maak.

Drico ·

Daar is n verskil tussen selfdegeslag pare toelaat om Beloftebos as n vakansiebestemming te gebruik en om te weier om selfdegeslag pare te trou.
Deur n paartjie van dieselfde geslag in die huwelik te bevestig, beteken die ds/pastoor maak hom direk skuldig aan die verbreking van God se woord en wet, hy verbind hom persoonlik en direk met n daad wat God verafsku.
Wanneer die paartjies egter die perseel as vakansiebestemming gebruik, is dit persoonlik keuses of besluite wat die paartjie geneem het waarby die ds/pastoor nie direk verbind word in God en die Bybel se waardes en bepalings nie.

Andre ·

Ek stem nie met alles saam wat die MRK sê nie, maar wonder ook hoekom mag mense van selfde geslag nie daar trou nie, maar hulle mag daar kom Wittebrood hou? Klink vir my na dubbele standaarde.

Talia ·

Klink.vir my ook na n dubbele standaard. Dan wil ek weet of hulle mense vra aan watse kerk hulle behoort? Sekerlik mag ongelowiges en ander gelowe dan ook nie daar trou nie!?

Maggies ·

Aag MRK kom daaroor. Enige besigheid het die reg om toegang te weier.
In elk geval gaan lees die Bybel.
Of wil hulle nou hê daar moet by elke venue ‘n Budhiste tempel en ‘n Moslem moskee opgerig word?

Jakes ·

Beloftebos, doen so voort. Ek kannie glo dat Gaum sulke snert gebruik as n verweer in n hof nie. Niemand mag jou bybelse beginsels prysgee ten koste van die MRK nie. Mense kan trou met wie hulle ook al wil maar as dit teen n individu se geloofsbeginsels is dan is Gaum en die MRK se siening van geen belang nie. Die MRK se werkswyse is al vele maal in die spervuur.

Willempie ·

Plaas ‘n kennisgewing by die “venue” …….
“DIE REG VAN TOEGANG WORD VOORBEHOU EN STRENG TOEGEPAS”

Sarel ·

Sal vir almal in die bres tree en daar word teen almal gediskrimineer, maar sal nie vir regte van Christine in die bres tree nie. Die MRK is skuldig aan Didkriminasie en die grootste grap van dubbel standaarde

annie ·

Uitsluit is nie ‘n nuwe begrip nie. Eintlik is dit ‘n universele begrip: Party dinge pas bymekaar en ander nie; party dinge mag saam en ander nie; party dinge moet saam en ander nie. En einde der dae gaan die skape en bokke geskei word en tussen reg en verkeerd uitspraak gegee word en diegene op die breè weg en diè op die smal weg op verskillende plekke beland. Die Babelse verwarring was ‘n aanduiding dat die NWO op valse gronde berus maar party mense troef die Vader…

Mieke ·

Die MRK diskrimineer juis teen ons as Christelikes! Daar is hulle eerste fout! Geen respek vir God se Woord nie!! Hoekom moet ons voorgeskryf word deur die MRK wat in die eerste plek bevooroordeeld is en nie- Christelike waardes volg nie?

Linda ·

Die MRK is n klomp boewe, hulle wil nes ANC vir ander se wat om te doen met hulle eie besigheid.

Brenda ·

Kan die MRK hul asb besig hou met belangrike goed soos haatspraak, aanhitsing tot geweld en en en…
Los diè mense, dis hul plek en hulle is vry om te assosieer met wie hul wil. Die grondwet bepaal dit immers.

Jacobus ·

As Beloftebos se siening gevaarlik is, is die EFF se optrede bloedstollend – of het sommiges meer regte as ander. Jammer maar MRK het soos in VSA ‘n speelbal vir linkses geword. Maar nou ja hulle het die eerste trappie van ‘n belowende politieke loopbaan geword.

Rose ·

”Ernstige en gevaarlike uitwerking?” Hoe op dees aarde kom hy tot by daardie slotsom? Hy is ook een van die vals profete waarvan die Bybel praat. Ongelukkig is dit so dat die Mrk en hul trawante dit nie daar gaan los nie. Hulle wil ten alle koste wen om n punt te maak. Waar is die Mrk as vroue en kinders so mishandel word, nee wat kry julle prioriteite reg.

Fedup ·

I never judge people. Not my job.
But, as i was raised with values, morals and integrity, i feel the hrc should be unbanned.
Apparently something went wrong in their child hood education.

Helizna ·

I do not understands your commentares over the unbanning. Please can youse explains youselfs?
HRC is not banned. So why should they be unbanned? Afrikaanses darem hahahaha

DieKriek ·

Fedup, do you mean “disbanded”? They have not been banned.

But, I agree that the HRC serves no useful purpose as it is in itself discriminatory.

Tanja ·

Beloftebos hulle is amazing, daar is so min mense in die wêreld wat sal opstaan vir wat God sê is reg, ek wens julle alle sterkte toe en ek weet God sal julle en julle besigheid seën soos net Hy kan!!

Dr. Rhoshe ·

Ek verstaan die MRK-siening oor gelykheid. En daarmee verstaan ek dat die eienaars van Belofte Bos die reg het om hul geloof te beoefen. Dit is egter onwettig om te diskrimineer op grond van iemand se seksuele oriëntasie. Belofte Bos is ‘n geregistreerde onderneming en kan dus nie hul persoonlike geloofsoortuigings hierin inbring nie.
As ek egter in die situasie was, sou ek net weggestap het en ‘n minder homofobiese troulokaal gevind het. Nie een van ons is in staat om ander te beoordeel of ander minder waardig te ag op grond van hul seksuele oriëntasie nie, wat per definisie oordeelkundig is en deur die Here veroordeel word.
“Therefore let us stop passing judgment on one another. Instead, make up your mind not to put any stumbling block or obstacle in the way of a brother or sister.”
Romans 14:13

Rose ·

Die regering diskrimineer dan teen die minderhede oor hul velkleur en taal. Onthou daar is n verskil tussen diskrimineer en glo in jou beginsels. Die venue se reels was reeds uiteengesit op hulle webblad, so die meisies het eintlik maar net gaan skoorsoek. Hulle was bewus daarvan dat die versoek afgekeur gaan word. Hul kon hulself die hartseer gespaar het.

Bosvelder ·

Stem ongelukkig nie saam met jou nie. Christen mag nie veroordeel nie, maar wel in liefde oordeel oor iets wat verkeerd is. As ek iemand ‘n moord sien pleeg, moet ek omdraai en wegloop omdat ek nie mag oordeel nie? As God Sodom verwoes oor sodomie, mag ek as Christen nie stilbly daaroor en dit goedmoeds aanvaar nie. Die sonde is verkeerd, maar die mens moet op die regte weg gehelp word. Ek stem saam met jou aanhaling, maar intrepeteer dit anders: jy sit juis ‘n stumbling block in iemand se pad as jy stilbly wanneer hy iets verkeerd doen.

Alexander ·

Die MRK se siening van gelykheid is self gegrond op ‘n bepaalde geloofsoortuiging van die waarheid. Daar is nie iets soos ‘n neutrale beskouing hieroor nie. Die MRK maak net asof hulle beskouing beter is.

Tweedens, wie veroordeel vir wie en wie is onverdraagsaam en vol haat? Beloftebos forseer niemand nie, maar die MRK en Gaum sal Beloftebos forseer om soos hulle te dink en te glo. Dit is die ergste vorm van beheer en tirannie denkbaar. Moenie onder die dekmantel van verdraagsaamheid ander se geloofsvryheid vertrap nie.

Johnny ·

Beloftebos is nie homofobies nie. Die woord “fobie” impliseer ‘n vrees.
Nee – nes die meeste mense, is hulle gekant teen die verheerliking van homoseksualiteit. Ongelukkig word die stille meerderheid deur die polities-korrekte brigade se militante onverdraagsaamheid tot stilte gedwing.

Sêmaarnet ·

Ek is seker Beloftebos is ontwikkel sonder ‘n sent van die staat. Die eienaars kan tog seker hulle waardes uitleef. As ek nie my deur wil oopmaak vir iemand nie dan maak ek dit nie oop nie. Ek bid dat die eienaars nie sal afsien van hul standpunt nie. O ja… ek het niks teen gays nie… genoeg in my eie familie. Die paartjie kan mos maar op ‘n plek gaan trou waar hulle welkom is en hulle terdeë kan geniet.

Marius ·

Ek sien nie dat die MRK enige iemand hof toe sleep omrede ‘n blanke person nie in aanmerking geneem kan word vir ‘n werk gebaseer op sy velkleur… Waar is die uitsluiting en verwerping daar?

Andre ·

Lewer Beloftebos dan ‘n gratis diens aan die publiek, of verkoop hulle hul diens? Of is die vryheid van assosiasie dan ietwat van ‘n dwaling.

JM ·

Die MRK beskou hul siening bo God se Woord. Hoe uiters arrogant! Hulle het niks verloor by Geloftebos nie, maar wil moeilikheid uitlok op EFF-styl.

Riaan ·

Trots op die mense van Beloftebos! Bybelse beginsels word so maklik by die deur uitgesmyt ter will van geld of heidense wette. Staan vas! Die Waarheid sal oorwin!

JGE ·

Staan jul man Beloftebos. Beskerm Christelike waardes. Mooi so!!!

JohanR ·

Wie is die MRK nou weer? Staan daar nie ‘n bordjie boekant die voordeur wat se “right of admission reserved?”

Hans-Peter ·

Mag heteroseksuele paartjies van ander geloofsoortuigings dan daar trou? Siende nou dat dit in die teenwoordigheid van god moet wees?

Ou bees ·

Jy kan mos self besluit wat reg is in jou geloof of gaan die MRK nou die bybel ook herskryf? Dan moet almal hulle bybel aanvaar en volgens dit lewe

Tanniepetoors ·

In my opinie is die eienaars bloot homofobies en boonop skynheilig, met nadruk op skyn. Hulle is maar te gretig om gay-paartjies se geld te aanvaar vir al hul geriewe, maar hul moet asseblief net nie daar wil kom trou nie. Die eienaars voltrek nie die huwelik nie. Wat is hul probleem?
Terloops, my familie en vriende wat in die Stanford omgewing woon deel my siening en weier om enige funksie by die venue by te woon as gevolg van die eienaars se homofobia.

Dries ·

Tante Petoors ek hoop jy en jou familie en vriende voel net so sterk oor die homofobiese diskriminasie wat baie ander Gelowe ook toepas.

Dr. Rhoshe ·

Tanniepertoors you are definitively correct.
Belofte bos more than happy to let a gay couple defile their rooms with sexual acts which is an abomination in God’s eyes but don’t agree with couples getting married there.
Hoe werk dit nou regtig?
Ek will oor graag hy Belofte Bos weet, of hulle toelaat at Moslim paartjies daar trou aangesien dit een van die tien gebooie is om geen god te dien ander as die Here, Onse Vader nie. Of kies hulle net sekere gedeeltes uit die Bybel

Adam Adriaan ·

As Beloftebos jou troue nie kan aanbied nie, weens hulle Christelike beginsels. Kry dan vir jou ‘n ander venue waar jy jou troue kan gaan hou. Maar moet nie weens jou eiesinnige vereistes ander se beginsels aanval en verkrag nie

Frans Hendrik ·

Beloftebos sê regte moet nou geskend word ten gunste van ander se regte. Hoe swak? Nee man hierdie is twak. Daar is mos ander venues na wie diesulkes kan gaan .

Boris ·

Die Menseregtekommissie het duidelik dubbele standaarde. Adv. André Gaum en sy MRK kollegas neem duidelik nie Art.15.1 van die Grondwet van Suid-Afrika ingedagte nie. Dit bepaal dat elkeen die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en opinie het.

“15. Freedom of religion, belief and opinion
1. Everyone has the right to freedom of conscience, religion, thought, belief and opinion.”

Frans Hendrik ·

Vandat kamstige menseregte hulle verskyning gemaak het is alles deurmekaar. Hierdie menseregte kommissie is die mees patetiese instelling wat ooit die lig gesien het.

My siening ·

MRK “Dwael begrippe” SO JUL BEWEER DIE BYBEL IS N DWAAL BEGRIP, SORRY DIS n belediging vir my godsdiens en my bybel is vir my hoër as die land se grond wet.
Waars die vryheid van geloof en denke. Ander gelowe mag hul bybels uit leef maar nie die christene nie, ooo want om hulle wit is GO julle hulle!

DieKriek ·

As Beloftebos die enigste trou venue in die land is en met openbare geld ontwikkel is, dan kan die “MRK” hulle maar gerus aanvat. So nie…

En verder, daar is ander mense met regte ook. Dis níé jou reg om jou sienswyse in almal se kele af te druk nie. Die wêreld is baie agterstevoor.

LIEZL ·

Die Bybel is ons riglyn …. hou daarby. Wie ookal afdwaal, sal eendag voor ons Vader sy knie moet buig. En los die mense uit wat kies om God te dien en te loof en te eer. Net soos wat dieselfde geslag wil erken dat hulle reg is, hoekom mag ons as Christene dan nie die keuse uitoefen om vas te staan in ons geloof nie

Genis ·

Wat verkeerd is verkeerd, Christene het n reg op hulle geloof, beginsels en keuses wie jou plek mag gebruik… Dis nou weer aandag soek…

Fritz ·

Al wat ek raak lees, is n spul mense wat trou behep is. Lyk my dit bly maar n gewilde (en duur) tydverdryf vir n Saterdag, ten spyte van die hemelhoë egskeidingsyfer.

popsa ·

Al word alle venues op aarde ook gedwing om sogenaamde “huwelike” tussen persone van dieselfde geslag te voltrek, sal dit steeds nie waarlik huwelike wees in die oë die Skepper van hemel en aarde nie. Hy het vir Adam ‘n vrou geskape en nie ‘n man nie. Vir Eva het God ‘n man geskape en nie ‘n ander vrou nie. Almal weet dit. Beloftebos hou slegs by die normale, voor-die-hand-liggende feite wat duidelik soos daglig is. Dis die pad wat die Skepper vir die skepping aangedui het, selfs in die natuur. Maar die mens wil sy eie paaie maak, en mis die wonderbare seën wat God vir hulle bepaal het.

Casper ·

As ek reg kan onthou was daar ‘n Gaum predikant en sy seun wat die N G kerk hof toe gesleep het oor sulke huwelike nie in die N G kerk voltrek is nie.Oral waar die MRK hulle neuse insteek is daar chaos.Skoenmaker hou jou by jou leuse.Beloftebos is op privaat grond.Vat die “kommisie”na regte weg dan gee dit ware betekenis nl menseregte.

Dr. Rhoshe ·

Jesus het niks eksplisiet gesê oor verhoudings van dieselfde geslag of transgender mense nie. In die Nuwe Testament is dit Paulus wat leer oor seksuele moraliteit, nie Jesus nie. In 1 Korintiërs 6: 9 – 10 het hy gesê:

Moenie mislei word nie: nie seksueel onsedelik of afgodedienaars of egbrekers of mans wat homoseksualiteit beoefen nie, of diewe of hebsugtiges of dronkaards of kwaaddoeners of swendelaars sal die koninkryk van God beërwe nie.
Konserwatiewe Christene volg ‘n kieskeurige benadering tot die Skrif, en kies wat die beste by hul vooroordele pas, terwyl hulle ander tekste ignoreer. Die uittreksel uit Korintiërs hierbo bevat ‘n lys saam met homoseksuele, egbrekers, hebsugtiges en dronkaards om maar net ‘n paar te noem. Gelukkig is hierdie en ander aanbiedinge op die Bybelse buffet, soos egskeiding, slawe besit en die rol van die vrou in die kerk, tot ‘n mate simpatiek deur die kerk geïnterpreteer.

Juls ·

Paulus is deur die Heilige Gees geinspireer om te skryf……God se Woord is onfaalbaar in sy totaliteit

Jr ·

Ooh ja dis al weer Guam wat vir die SA govt werk en ja maak jou eie gevolg trekking. Christians have no rights to their values but non -christians have rights. Criminals have rights but wetsgehoorsame het nie regte. Dit beteken daar is teen Belofte gediskrimineer met godsdiens as hulle vir die self paar vind. Staan by jou punt. Dis jou perseël nie die MRK’s of die cANCer party

Anton ·

Sterkte Beloftebos die MRK is n klomp papbroek boelies wat self rasisties ook is met baie vooroordele. Staan sterk in julle geloof en GOD sal jul ryklik seën.

Toktokkie ·

Christene is nie die enigste geloof wat gekant is teen selfde geslag huwelike nie. Chritene het egter hulself in twee gedeel. Waardes en normes en geloofsoortuigings is ongelukkig verdeeld in die christendom. Daarom voel party dis reg en ander dis verkeerd. Ek dink die christene is naby aan ‘n skeur. Mens kan nie dieselfde geloof hê as jou oortuigings verskil nie. Daar moet duidelikheid wees oor waarvoor ‘n sekere geloof staan. Anders kan elkeen sy eie opinie vorm en sal daar beslis konflik wees.

Willem ·

Demokrasie? Vrye mark ekonomie? Sekerlik kan ek besluit oor my produk en my mark daarvoor. Sterkte aan besighede wat nog integriteit en chritelike waardes het!!

Talia ·

Tog word daar op verskeie maniere in die Bybel ook gesê dat jy moet jou medemens liefhê. Dat jy met liefde ander moet verdra ens. So hulle ignoreer alles anders wat die Bybel sê, hulle kies en keur watse reël in die Bybel hulle gaan volg. Akkomodeer die mense, dit beteken nie jy stem saam met dit nie.

christo ·

Dis ‘n private instansie en nie ‘n staatsinstelling nie. Is ‘n gastehuis of vakansieoorde dan nie netso skuldig omdat hulle nie troeteldiere toelaat nie, want hulle diskrimineer mos dan teen troeteldiereienaars? Die MRK onderdruk die grondwet se reg tot vrye assosiasie. Die MRK word deur die belastingbetaler befonds maar is lekker partydig as dit by sekere sakke kom, ook sgde. rassistiese sake wanneer dit by wit teenoor and bevolkingsgroepe kom.

Maria M S ·

Wil iemand nie asb n Bybel skenk aan die MRK!!
My Bybel sê dis n sonde en n gruwel in God se oë om gemeenskap met iemand van dieselfde geslag te hê en die Bybel veroordeel nie, want dit is God se Woord. Dit wat die MRK doen, aan die anderkant, is die eintlike veroordeling deur mense en nie Beloftebos se mense nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.