Beloftes lei tot sterker rand

Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC (Foto: ANA)

Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, het gesê die nuwe politieke leierskap en die belofte “om dinge reg te stel” het daartoe gelei dat die rand Woensdag teen die dollar verstewig het.

Die wisselkoers het vir die eerste keer sedert 2015 deur die R12-grens gebreek en analiste beskryf die marksentiment toe aan die ANC-regering se strewe om Suid-Afrika se beleggingsbeeld te herstel ná verskeie korrupsie-skandale.

Mashatile, wat tans in Davos, Switserland die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF)-beraad bywoon, het aan African News Agency (ANA) gesê gemoedere is baie positief in die land sedert die nuwe leierskap aangestel is. “Dis selfs in die res van die wêreld duidelik, want dit lyk of daar vertroue is dat die nuwe leierskap dinge gaan verander,” het hy gesê.

“Ons [ANC]-president is streng oor korrupsie, staatskaping en om regtig dinge uit te sorteer, so ek dink die verwagting vir die nuwe leierskap is dat ons dinge gaan regkry, veral wat goeie regering betref, om seker te maak dat staatsbeheerde ondernemings en staatsdepartemente behoorlik bestuur word.”

Mashatile is deel van die topses-leierskapstruktuur wat in Desember tydens die ANC-konferensie verkies is.

“Ek skryf die sterk rand hieraan toe.”

Oor toenemende beleggersvertroue, het Mashatile bygevoeg: “Ons sal waarskynlik oor die volgende paar weke en maande al hoe meer beleggings in Suid-Afrika sien, en uiteraard gaan mense verwag om verandering te sien.”

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het vroeër aan ANA gesê daar is ʼn optimisme oor die land se groeivooruitsigte danksy ʼn meer stabiele politieke vooruitsig ná die ANC se Desember-konferensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Werner ·

Net voor almal te bly raak die dollar het erg stoom verloor op internationale markte ek glo nie enige beloftes van wie ook al het iets met n sterk rand te doen nie ons sit eerder met n swak dollar wanneer hy herstel val die rand weer

Afrikaanse Knaap ·

Goeie begin, maar sien is glo.
In 1995 was die Rand R5 vir ‘n dollar. Niemand moet fees vier oor R12 nie. Daar is nog baie werk te doen om ons net te kry waar ons was.

Ja-nee ·

Moet asb net nie jull asems ophou vir die ou nie , dit gaan groot winde van verandering neem om die skade wat die anc en sy comrades gedoen het reg te stel.

Vermeende ·

Die Rand het nie verstewig teen oor die Dollar nie, die Dollar het verswak teen oor al die handels eenhede.

Die Skim ·

jip en toe ek klein was, – nie honderd jaar terug nie – was dit 75 sent vir 1 US dollar….. en een rand was papiergeld.

martin ·

Maar gister sê hulle dis a.g.v. die $ wat verswak het. Iemand is besig om te lieg, of dink hulle mense let nie op wat aangaan nie!!!!

Johann Marx ·

Spoeg in jou een hand en “belofte” in jou ander hand, en kyk in watter hand het jy die meeste. Tipies A&C….hulle dink hulle geld-eenheid verstewig as die maatstaf verswak….shame man. Jou randjie koop nog steeds niks in ander eerste wêreld lande nie, ou bul. Toe my buurman in 2000 Aus toe is, het hy sy huis hier verkoop, en ‘n bietjie kleiner een daai kant gekoop…..17 jaar later moet ek SES huise soos syne verkoop, om EEN huis in Aus te kan koop. Verstaan jy nou??

Vermeende ·

Skim, en dit was rondom die tyd van die Sharpvill optogte gewees, vroeg 70’s.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.