Beloning aangebied ná Oos-Kaap-plaasaanval

Riaan Scheepers by sy drie kinders, Bianca, Simone en Christo. Foto: Verskaf

Die Alexandria-landbouvereniging het ʼn beloning van R50 000 aangebied vir die opsporing van ʼn handwapen en vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die persoon/persone wat verantwoordelik was vir die aanval Saterdag op Riaan Scheepers.

Maroela Media het vroeër berig Scheepers is steeds in ʼn ernstige, maar stabiele toestand in die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth nadat hy Saterdagoggend wreed op ʼn plaas in die Alexandria-omgewing aangerand is.

Scheepers, vermoedelik in sy 60’s, is omstreeks 09:00 die oggend na ʼn hospitaal in Port Alfred gehaas voordat hy na die hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas is. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het vroeër gesê Scheepers is erg aangerand, vasgebind en “vir die dood agtergelaat”.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Kontak kapt. Leon Els by 083 387 0749 of 046 653 0248.

Lees alle vorige berigte oor Riaan Scheepers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gerhard ·

Liewe Redakteur
Ek let op dat jy nie my kommentaar wil plaas nie. Dit is so tipies van die joernalistiek. So bang om uit die kassie te berig.
Hierdie is weereens n voorbeeld van die hoë vlak klandistiene aanval op die gemeenskap. Weereens n gewilde lid van die gemeenskap getref. Die stilswye oor die werklikheid wat daar agter is skree ten hemele.
Niemand is so lam en pateties as die wat nie hulle self wil help nie. Julle is deel van die verloorspan. Ek haat dit om deel van n verloorspan te wees.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerhard

Ons kan nie sien dat ons enige van jou kommentare afgekeur het nie.
Maak seker jy klik op die “Ek aanvaar die bepalings en voorwaardes”-blokkie wanneer jy kommentaar lewer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Amanda ·

Ek sal ook bydrae – ek dink daar moet ‘n permanente fonds gestig word vir belonings vir plaasmoorde. Ons maak gebruik van hierdie metode in rhino counter-poaching en dit WERK BAIE GOED!

Dirk01 ·

Amanda ek sal dit verwelkom ek het so stelsel maande terug voor gestel op maroela .Dit moet egter nie deur polisie beheer word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.