Beloning aangebied ná worshond se mishandeling

Argieffoto ter illustrasie (Foto: IanZA, Pixabay)

ʼn Beloning van R25 000 word aangebied vir enige inligting wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging kan lei van ‘n persoon wat ʼn worshond mishandel het.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het gesê ʼn besorgde lid van die publiek van Rocklands in Bloemfontein het die organisasie gekontak oor ʼn worshond met erge beserings. “Die vrou het verduidelik dat die hond agter ʼn wit motor aan gesleep is. Die hond het losgekom en het op die sypaadjie beland.”

Die vrou wou nie verder betrokke wees nie en het ook nie haar kontakbesonderhede vir die DBV gegee nie.

“Die Bloemfontein-DBV het die arme worshond in die straat gaan oplaai. Uit sy beserings kan ons aflei dat iemand hom aan die motor vasgemaak en daarna gesleep het. Dit is ʼn absolute skande om ʼn dier só te hanteer.”

Die hond is na ʼn veearts geneem en sy een been en heup was gebreek. Hy het ook erge beserings aan sy lyf en skaafplekke op sy pels gehad. “Weens die erge beserings wat hy opgedoen het, is die besluit geneem om hom uit te sit.”

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om Reinet Meyer te kontak by 082 923 2639.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Antionette Malan ·

Dis asoluut BOOS. Mag hierdie mens GESTRAF word.

Johanna Botha ·

As jy dit aan n dier kan doen wat doen jy nie aan n mens …ons sit met n GROOT probleem in die siek land met onopgevoede massas met geen normes of waardes …dalk is Trump tog reg oor Afrika lande !

HPV ·

Johanna, Trump is nie dalk reg nie, hy is reg. Begin by die president, hierdie land IS siek!

Ronel ·

Nog ‘n rede hoekom ek mense haat. Die daad is uit die bose. Een van my honde is self ‘n hond wat ek uit die kloue van sulke mense gered het. Dit het my bitter lank gevat om sy vertroue te wen. Nou is hy die liefdevolste bullterriër op 4 bene.

Sandra ·

As jy dit aan ‘n dier kan doen, kan jy dit ook aan ‘n mens doen. Totaal harteloos. Verdien die ergste straf wat daar is.

Charel ·

Geen persoon wat so iets doen kan as ‘normaal’ beskryf word nie. Hulle kort ernstig hulp!!

Haan ·

Nee Pop, jy doen nie. Die oordeel kom ons nie toe nie. Ons is almal vol sonde in die oë van die Here.

Piet Pille ·

Daar is al genoem: “Wys my hoe ‘n land sy diere behandel en dit sal ‘n bewys wees van die mense van so land”

Regtig ·

Hkm mense sulke goed doen gaan my te bowe…. pit hul plesier uit dit uit? Wat kan n dier doen dat iemand besluit hul sleep hom agter n kar aan…..

Wendy van Zyl ·

Ek weet nie hoe waar dit is nie maar die foto is op fb geshare by die post.
Julle kan my kontak om die foto te kry. Daar is n bakkie wat n bruin worshond sleep. Ek kan dit nie hier post nie. Asb kontak my en gaan volg dit op asb.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wendy

Maroela Media beskik ook oor die foto’s, maar die redaksie het gekies om nie die foto’s van die beseerde worshond te publiseer nie.
Dankie, ons het ook die foto van die bakkie ontvang en reël dat dit na die DBV aangestuur word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Cins ·

Die bakkie foto is blykbaar ‘n ou post. Die vrou het glo daarmee weggekom. (Herhaal wat ek gelees het)

Kyk op FB ·

Daar is op Facebook ñ foto/video wat rondgaan waar die person se registrasienommer van die bakkie gesien kan word

Sann ·

Ek het ook sopas daardie foto gesien van die donkerkleurige bakkie wat die worshondjie sleep. Maar blykbaar, volgens die datum wat dit oorspronklik op FB geplaas is, het dit in 2013 in Rustenburg gebeur. Dit wil my voorkom uit hierdie berig dat dit weereens ‘n soortgelyke geval is, maar in Bloemfontein, en met ‘n wit voertuig wat betrokke was. Oor my skok en totale walging van soiets sal ek my liewer nie verder uitspreek nie, maar ek kan maar net hoop dat elke geringste stukkie inligting kan help om sulke mense aan die pen te laat ry.

Toy ·

Ek het amper ni woorde ni. Nooit in my dagtes lewe het ek gedink dat hierdie land van ons in so n erg kriminele land gaan verander ni. Hier is SIEK SIEK mense in hierdie land as mens so iemand n mens kan noem wat so iets doen.

Monique ·

Die woef verskyn wel op Fb met drie fotos van sy beserings. Fb groepe wat met diere welsyn te doen het,het begin kommentaar lewer daaroor, maar wou nie foto’s plaas nie. Nadat Bloemfontein SPCA ‘n beloning uitgereik het, het mense dit begin aanstuur na verskeie groepe op Fb. Glo my, mense is verskriklik omgekrap oor die manier waarop die daschund behandel is en baie vra dat geregtigheid seëvier.

Michael Barnard ·

Hul moet die persoon wat gebel het en nie betrokke wil wees ook opspoor en haar\hom ook aankla vir regs vereideling.

CFS ·

Dit is vreeslik wreed en onmenslik en almal wil die wreedaards laat boet en die DBV reik ń beloning van R25 000 uit,ń man en vrou word op pad kafee toe in Ermelo aangerand en omtrent al haar tone wofd afgesny.Elke tweede persoon wil iets oorkom oor die renoster stropery maar maak swart Maandag af as onnodig en die plaasmoorde is eintlik die boere se eie skuld.DIT is om van siek te word.

Rus in Vrede Wors hondjie ·

Gister het ek foto’s op FB gesien van hierdie arme woefie, so gehuil toe ek dit sien, dit is so wreed. Hierdie lawaard verdien dieselfde behandeling, sleep hom etlike kilometers agter ‘n bakkie, dit is so wreed. SIEK.

Peter ·

Ek is bekommerd oor ons mense. Ek sien hulle bied so ‘n groot bedrag aan vir die hond maar niks vir ons boere en mense wat aangeval en vermoor word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.