Beloning aangebied vir inligting oor moorde in Philippi-Oos

Onke Thafu (Foto: SAPD)

Die polisie in die Wes-Kaap bied ʼn beloning van R70 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die mans wat verantwoordelik is vir die rits moorde onlangs in Philippi-Oos in Kaapstad.

“Ondersoekbeamptes versoek die hulp van die publiek om die verdagtes aan te keer,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, Saterdag gesê.

Die polisie is onder andere op soek na Siphenkosi Gwazekhaya (ook bekend as Bhoyoyo), Shane Madolo, Thamsanqa Lande, Lubabalo Phethelo, Onke Thafu en Oyam Hlamu (ook bekend as Mashesha).

“Die Wes-Kaapse polisie bied ʼn beloning van R70 000 aan vir enigiemand wat weer waar dié persone hulself bevind. Die beloning word aangebied per persoon wat suksesvol opgespoor word. Enigiemand met inligting kan brig. Bhekie Khumalo kontak by 082 556 8642 of 021 467 6140,” het Rwexana bygevoeg.

Die liggame van ses jong vroue, tussen 18 en 26 jaar oud, is verlede Vrydagaand in ʼn huis in Marcus Garvey gevind. Hulle is doodgeskiet. Die liggame van drie mans is die volgende middag, 6 Julie 2019, in ʼn huis in Lower Crossroads gevind. ʼn Paar uur later is drie mans by ʼn kroeg in Crossroads geskiet. Twee van die mans het gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hanna Hoekom ·

En wat van ons boere wat so uitgemoor word? Loof n slag belonings vir hul moordenaars ook uit asb! Of tel hulle nie?

What a joke. ·

N wapen in hand is nie die probleem nie maar die persoon met die wapen in hand! Kinders jy reken..eerder jong monsters!

Linda ·

Ek was altyd onder die indruk dat Phillipi meestal n kleurling gebied is, nou wat soek hierdie swart mans daar ? Hopenlik word hulle vas getrek en gou ook !!!!

Koos de Meyer. ·

Die Kaap is oorgeneem deur ons mede landsburgers uit die Siskei en Transkei. Die Kaap is so beplak en hulle stroom nog steeds in en dan demand hulle ook nog.

Hanna Hoekom ·

Moenie die Zimbabweans, Somalis, Malawiers en Nigiriers vergeet nie. Ek sweer daar is miljoene van hulle in die Kaap!

Wonder net... ·

Daardie wysvinger in die lug houery mag dalk toonaangewend van bendegedrag wees? Maw bendegeweld het hul uit die lewe geneem?

Veronica ·

Stem, Hanna Hoekom! Groot bohaai plus n beloning vir hierdie moorde en besoeke aan die families! maar swyg soos die graf oor plaasmoorde! En nie n enkele woord van simpatie of besoek aan die naasbestaandes!!??? Weereens: 2 stelle rëels, maar die dag dat sy pens begin gor agv geen pap nie, dan is dit te laat!!

Anne ·

Dieselfde moet geld vir plaasmoorde. Kry die weermag, gee belonings of doen net iets. Honderde duisende boere en hulle families is al wreed vermoor! Skeer almal se lewens oor dieselfde kam asseblief.

Strandloper ·

Hallllloooooo die meerderheid plaasboere is wit so iets sal nooit gebeur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.