Beloning aangebied vir inligting oor PMB-dubbelmoord

Susanna en Melvin Lawson. Foto: Verskaf

Susanna en Melvin Lawson. Foto: Verskaf

Die polisie het ʼn beloning van R100 000 aangebied vir enige persoon met inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van die moordenaars van Melvin en Susanna Lawson, ʼn bejaarde egpaar van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die egpaar, albei 72 jaar oud, is in die vroeë oggendure van 26 Februarie in hul huis in die Oribi-gebied deur ʼn onbekende getal verdagtes aangeval en vermoor. Albei slagoffers is met ʼn skerp voorwerp in hul nekke gesteek en hul televisiestel word vermis. Die aanvallers het die egpaar se huis aan die brand gesteek voordat hulle van die toneel gevlug het.

Maroela Media het vroeër berig Malcolm se liggaam is in die spaarkamer aangetref met sowat vyf steekwonde aan sy nek. Susan se liggaam het in die gang gelê. Die verdagtes het glo petrol of paraffien oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek.

Die polisie ondersoek twee sake van moord, ʼn saak van huisroof en ʼn saak van brandstigting.

Enigiemand met inligting wat verband hou met die moorde word versoek om ao. Vusi Shabangu op 076 7403091 te kontak of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sonnie ·

Geen geld in die wereld sal hulle weer terug bring nie, die boosgewigte moet hang.

CHRISTA ·

Ek dink hang is te vining – vir hulle wrede moordmetodes moet hulle GESTENIG WORD.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.