Beloning aangebied vir inligting oor polisiemoorde

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die name van die twee polisiebeamptes wat Saterdag in twee afsonderlike voorvalle in Kaapstad doodgeskiet is, is bekend gemaak.

Konst. Thanduxolo Ndiki (30), verbonde aan die Mitchells Plain-polisiestasie, was nie aan diens nie toe hy in ʼn beweerde kapingspoging in Bloekombos in Kraaifontein doodgeskiet is.

Die ander beampte is konst. Mabhuti Nqwaba (33), verbonde aan die Athlone-polisiestasie. Nqwaba is in Owen Madikanestraat in Delft in sy skouer geskiet. Hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke (DPCI) ondersoek die voorvalle.

ʼn Beloning van R100 000 is uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die skuldiges kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jan ·

Genadige Vader, dit wat jy sê was die eerste wat deur my kop geflits het, toe ek die opskrif lees. Ek het nou nog nie eens die berig gelees nie!

Dirk ·

Ja presies wayse beloning word gegee vir plaas moorde? Dis after all DIE MENSE WAT SORG DAT ONS KOS OPI TAFELS KRY.

Drieks ·

Watse beloning word aangebied vir enige moored in Suid Afrika. Hoe kan een moord of aanval meer belangrik wees.En waste belonging word aangebied vir die oumas wat verkrag word. Wie gaan hierdie land kom reg ruk tot dit wat die grootste deel van die bevolking wil hé.

Lance ·

Presies wat van plaasmoorde ? En as die polisie skrik moet hulle dalk net wakkerskrik want bitter min mense het nog respek vir die mense en hulle dwing geen gesag af nie omdat hulle self so vrot is en byne elke week in die nuus is agv. onbevoegtheid of skelmstreke …onlangse voorbeeld is waar hulle in n brief vir die publiek se waar kaapings gebeur ….maar self niks daaraan doen veral as mens nou weet dat hulle daarvan weet ….een woord… useless !

Rina ·

Hierdie land se mense of liewer die regering is siek. Kinders, vrouens oumense en self mans word lings en regs vermoor, gehijack, huis inbraake met die wreedste aanrandings en hulle is net bekommerd oor die polisiemanne. As `n sapd lid iets oorkom word daar iemand in hegtenis geneem en gestraf. As daar ander moorde of verkragtings en of ander misdade hoor ons baie selde daarvan.

Johanna ·

Plaas Moorde?? Daagliks?? Wanir gan daar intensiewe onder siele geloots word? Die Regering gee ni om nie!!

Thyskotze ·

Hoekom is polisie meer werd as n boer wat vir die land kos gee ek verstik in my WOEDE

Rupert Ashford ·

Ai mense stadig met die bitterheid. Ek hoor wat julle se maar die volgende oor die onderwerp. Polisie wat aan diens aangeval word is ‘n onding wat wortel en tak uitgeroei moet word. As dit aanvaarbaar raak kry jy die tipe nonsens van “blacklivesmatter” in die VSA waar ‘n krimineel meer werd raak as ‘n polisieman en dan is jou samelewing op die afdraande paadjie. So ek stem saam oor die ou wat aan diens beseer is. Die ander ou is net deel van die statistieke.

JOHN COX ·

Wat van ons stig n fonds en beloon mense wat inigting verskaf rondom plaasmoorde.
n Betroubare instansie kan die fonds bestuur.
DIE VRAAG IS :

Is dit wettig ? Indien Ja ,
Wie sal bydrae , of is ons dalk te inhalig en suinig ?

Jean ·

Sal baie goed wees as daar ook ‘n beloning aangebied word vir die tientalle vroue wat die afgelope weke aan die hand van moordenaars gesterf het. Almal skreeu teen abuse teen vroue en kinders, maar daar staan daar twee vroue met pienk T-hemde voor die howe, geen politieke party of menseregte organisasie in sig nie.

Natuurlik voel ek presies dieselfde oor mans/boere/sakemanne wat voor die voet vermoor of gekaap word, maar dit is oplettend hoeveel alleenlopende vroue in hulle huise die afgelope tyd vermoor is. Hoekom is ‘n polisieman se lewe meer werd as die mense wat hulle moet ‘serve and protect’? ALLLIVESMATTER

CAROL ·

HOEKOM KRY POLISIE BELONINGS???? WAT VAN DIE ANDER MENSE WAT VERMOOR IS OF WORD????

Uvonka ·

Sonder enige wetgewing in SA, sal moorde op geen mens ophou nie. Moordenaars word beskerm en selfs baie keer kom hulle skotvry af. Die moordenaars weet mos daar is geen straf wat toegepas word nie so hulle gaan maar net aan. Noudat polisie lede vermoor word, word belonings aangebied. Wat van plaasmoorde?

charmaine ·

Verskil is dat was n swart polisie beampte, die ander 4 mense wat verlede week vermoor is was wit.

Geen Simpatie ·

Hulle het GEEN simpatie met plaas moorde nie = wel dan het ek beslis geen simpatie vir die polisie nie!

Johannes Meintjes ·

Die SAPD is na mening in ‘n baie onbenydenswaardige situasie om beide die karige belastingpligtige ekonomie (geregtigheid) en die mafia ekonomie (ongeregtigheid) te probeer polisieer. As die mafia ondersoek word moet die SAPD lid uitgehaal word. Ons kan tog nie kop-in-die-sand aanhou maak asof ons nie weet wat rondom ons in SA en verder aangaan nie? Die hongeres word tans onvolhoubaar d.m.v. ge-organiseerde misdaad op massiewe skale, van kos voorsien!

Annalet van der Merwe ·

As die moorde op die mense wat die land moet voer ook maar soveel aandag ens gekry het. Jammer aan die gesinne van die oorledenes, net omdat my ma my geleer het jy simpatiseer, maar of ek dit bedoel is ‘n ander saak. So ek los maar eerder. My simpatie le by ons boere

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.