Beloning aangebied vir inligting oor renosterstropers

'n Renoster wat in Maart by die Sibuya-wildreservaat deur stropers doodgemaak is. Foto: Facebook via Sibuya Rhino Foundation

‘n Renoster wat in Maart by die Sibuya-wildreservaat deur stropers doodgemaak is. Foto: Facebook via Sibuya Rhino Foundation

ʼn Natuurbewaringsgroep in die Oos-Kaap bied ʼn R100 000 beloning aan vir inligting wat tot die inhegtenisneming kan lei van die persone agter ʼn vlaag renosterstropings in dié provinsie.

Wilderness Foundation Africa het Vrydag in ʼn verklaring gesê 2016 is tot dusver ʼn donker jaar vir renosters in die provinsie met talle gru-stropings wat reeds plaasgevind het. Volgens die groep is die Forever Wild-natuurbewaringsprogram op die been gebring om stropings in die provinsie hok te slaan.

Die inisiatief voorsien hoofsaaklik logistieke en operasionele ondersteuning aan natuurbewarings- en wetstoepassingsagentskappe wat vir renosterveiligheid verantwoordelik is.

Daar is na raming sowat 20 000 witrenosters in die wêreld oor, waarvan die meeste in Suid-Afrika voorkom. Stropingsgetalle het egter oor die afgelope paar jaar drasties toegeneem. In 2007 is 13 renosters in Suid-Afrika gestroop. In 2015 is 1 175 renosters aan die hand van stropers dood.

Enigiemand met inligting wat kan help om die stropers vas te trek, kan die natuurlewe-wenkhulplyn by 078 696 9494 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.