Beloning as gronddiefstal kan bewys

Argieffoto: Reint Dykema

TLU SA het ʼn beloning uitgeloof vir enigiemand wat kan bewys dat enige boer sy of haar grond gesteel of wederregtelik bekom het.

Louis Meintjes, president van TLU SA, het gesê hulle is moeg vir beskuldigings dat boere die land se grond gesteel het en dat dit die rede is waarom al meer stemme opgaan vir die onteiening van grond sonder vergoeding.

“Daar word alewig allerhande vae beskuldigings gemaak in dié verband, maar nog niemand kon met enige konkrete bewyse van gronddiefstal vorendag kom nie.

“Daarom het TLU SA besluit om ʼn beloning van R100 000 aan te bied aan enigiemand wat bo redelike twyfel kan bewys dat enige kommersiële boer of lid van TLU SA sy grond wederregtelik bekom het, wat diefstal sou kon uitmaak.”

Meintjes het bygevoeg dat eiendomsreg stabiliteit verskaf en die basis is vir ekonomiese groei.

“Sonder gesonde eiendomsreg sal alle ander regte ook bloot verval. Tog word ons eiendomsreg met ’n leuen van ‘diefstal’ ernstig bedreig, terwyl daar geen bewyse bestaan dat enige grond ‘gesteel’ is nie. Almal wat glo in ekonomiese groei, werkskepping en armoedeverligting, moet nou daadwerklik saamstaan en die ernstige bedreiging van populêre leuens weerstaan. Moenie toelaat dat die leuen aanhou om die rigting te bepaal nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Lee ·

Dis great. Hulle dink mos boere het net grond gevat. Plaas hulle hulle huiswerk doen en bietjie check hoeveel party boere per maand betaal op grond en huis en als.

Maria Van Dieweeck ·

Boer wat n plan het! Dankie, ook oormoeg van valse dreuninge!

Elsa ·

ah nou kan obs iewer kom…grobd ..plase en huise het harde werk gekos en was betaal….dankie vir dié stap kn die regte rigting

Versprei die nuus ·

Slim skuif! Laat ons almal hierdie nuus versprei aan ANC en EFF ondersteuners in ons gemeenskappe…

al ·

Mooi so! Die EFF en van die ANC en BFLF moet dan die swartes internasionaal oor Westerse grense en Europese grense ook beskuldig dat hul grond gesteel het wat hul besit op ander kontinente.
Die wêreld is ñ GLOBAL VILLAGE waarin ALLE rasse grond besit in lande wat nie oorspronklik hul historiese herkoms land is nie.
Die beskuldigings is belaglik van bogenoemde partye!

Estelle ·

Dit was nou ñ uitstekende idee!! Kom ons kyk wie gaan dit reg kry om die R100,000 te eis. Ons betaal jare en jare aan Land bank lenings en rente ( waarmee ons terloops ook nog ingedoen is) Boere sukkel met misoeste en plaadmoorde!! Maar die liefde vir ons plase laat ons uithou en aanhou. Hoop julle bereik iets hiermee.

Scalla ·

TLU Sa, puik idee, laat elke “aansoeker” n terugbetaalbare registrasie fooi betaal indien dit slaag, indien nie word dit verbeurd verklaar. Daar gaan n klomp valse geldhonger eise wees.

arie ·

Maak duisende plakate en hang dit op teen pale en bome soos wat met verkiesings gebeur, die meeste van die plakate daar waar die meeste beskuldigings vandaan kom.
Uitstekende plan.
Soortgelyke stappe.moet.geneem word ooreenkomstig uitsprake van veiligheidsberaad van afgelope Saterdag in Pretoria.

SO ·

Kry die artikel op al die nuus en radio kanale uit gesaai sodat almal kan kennis dra hiervan. Dis feite wat saak maak vir almal se oorlewing in hierdie land. Dit moet in al 11 landstale gepubliseer word en op TV

Koos1 ·

Kan ek die geld eis?
Die hof het mos reeds bewys dat Nkandla wederegtelik verkry en opgegradeer is. Zuma het mos net R8mij. betaal, wat van die ander R200mil+ wat die grond nou werd is?
O, ja, skuus dis mos net landbou grond en boere wat grond gesteel het!

Charles ·

Alles wat hulle besit, moet terug gegee word, hulle het nog nooit iets werklik besit in Suid Afrika nie.

Johann ·

Probleem is die “slim” geskiedenis spesialiste het bloot die gedagte van n verintregting noduf im te DEMAND. En brand en breek en verwoes en moor en steel…want hulle KAN. Daars nie sprake van wette of howe of bewyse of logika nie! Julle praat met n hoogs beinvloed bare massa ongeskoolde onge repte toi toiende wapen draers van hulle weerga van die geskiedenis. Kon netsowel die bedrag EEN RAND gemaak het.

MCH ·

Daar is n beginsel in die stafreg dat wanneer ek gesteelde goedere koop, ek verseker n sanksie kan verwag, aangesien die wet dit verbied.Ek sal die goedere moet teruggee en ek kan dan nog n boete of tronkstraf op die lyf loop.Spreekwoord se die deler is so goed as die steler. Dus, indien die oorspronklike grond wettiglik bekom is, sal daar mos kaart en transport wees met besonderhede van koper en verkoper ens. Ek dink dit sal n goeie idee wees om die dokumentasie op te diep en as bewys voor te le. Net soos wanneer jy n defekte artikel terugneem wat nog onder waarborg is. Jou aankoopstrokie bewys jou aankoop by die onderneming, datum van transaksie ten einde waarborg te aktiveer en bedrag betaal. Dit verbaas my dat ons dit nie lankal gedoen het nie. Verskaf die bewyse dan is daar mos nie n probleem nie. Anders sit jy met dieselfde probleem as Israel met die Wesbank. Dis deur Jordanie verower in die 60’s as ek reg onthou. Maar ons weet uit bronne soos die Bybel dis Israel se grondgebied. Dis Judea en Samaria. Meer as 3000 jaar reeds. Gebrek aan eerste kaart en transport gaan dit bemoeilik want dan is daar geen bewys van n wettig transaksie nie. Jare terug het ons in Geskiedenis geleer dat anneksasie n wyse is om grondgebied te bekom. Indien ons voorouers die ander party se instemming tot verkoop gekry het deur die loop van n geweer, sien ek swarigheid. Sterkte boere!

al ·

Ons het die Bybel as bewys van Israel se grondgebied. Wie gaan meer as 300 jaar gelede bewys dat dit onder dwang was?
En op ander kontinente?
Alle grondtransaksies is tog gedokumenteer. In die geval is ñ papierspoor van kardinale belang.
So ook eiendomsreg wat wettig bekom is deur betaal vir dit.

Leendert ·

Vryf hierdie aanbod ook deeglik onder Cyril Ramaphosa se neus. Maroela, wil julle nie dalk by Cyril uitvind wat sy reaksie hierop is nie? Hy is een van die mense wat die storie oor grond wat aan die swart mense teruggegee moet word wyd en syd verkondig. Nou het hy mos geleentheid om dit in sy toesprake aan sy volgelinge bekend te maak hoe hulle tjop-tjop ‘n klomp geld in die sak kan steek, hulle moet net die bewyse bring. Ek het egter ‘n idee dit gaan makliker wees as hulle eerder na die Kruger miloene begin soek, as om TLU SA aan te vat.

Tammy ·

Ja en die persoon wat die nonsies kwytraak moet tronkstraf kry omdat hy mense beskuldig wat nie skuldig is nie. Geen ander straf nie asseblief , sluit die blikskottel toe…vir ewig!!!!!!!!!!!!!!

pieterdp ·

Klaar versprui f book en twit. Ai gaan die ANC besig bly. En ou Zuma kort geld vir sy regs geding vir al die bedrog en omkopery.
Sterkte ANC ons wag vir jul bewys.

JC ·

Hehe, lekker man!!!!!
Mooi julle! “You got to luv the TAU!”
Moenie nonsens vat nie.
TLU= bevonk!

Dup du Plessis ·

……het al ‘n paar keer genoem dat alle kommersieële plase gelys moet word en dan kan daar gekyk word hoeveel keer elke plaas al gekoop/verkoop is (die akte kantoor behoort die data by te hou) …..en dis nie een keer per plaas nie!…..en met elke transaksie het die staat geld (belasting) verdien….SA se plase is al ‘n paar keer gekoop en verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.