Beloning ná diewe 98 kalwers buit

Lourens de Jager se kalwers wat gesteel is. (Foto: Verskaf)

“Jy is teen die grond. Jy is moedeloos verby.”

Só vertel ’n boer van Noordwes nadat hy Maandagoggend tot sy skok besef het dat 98 van sy kalwers op sy plaas buite Vryburg gesteel is. Die kalwers is sowat R1 miljoen werd en sou Vrydag op ʼn veiling verkoop word. “Daar is nou net twee wat môre veiling toe gaan.”

Lourens de Jager het nou ’n beloning van R150 000 uitgereik vir enige persoon wat sy kalwers kan opspoor. “Ek móét die kalwers opspoor. As ons hulle opspoor, sal ons die verdagtes ook opspoor maar ek móét die kalwers terugkry.”

De Jager het intussen ’n helikopter ingespan om in die omgewing na sy trop te soek en werk nou saam met ’n private speurder en die polisie. Die soektog na die kalwers het egter nog niks opgelewer nie.

Daar word vermoed dat die kalwers Sondagnag gesteel is. De Jager vertel dat die diere die Vrydagmiddag nog bymekaargemaak en getel is. “Dit was die laaste wat ons hulle gesien het.”

’n Hek teen die teerpad (tussen Vryburg en Schweizer-Reneke) is losgeskroef en voertuigspore is hier aangetref.

Daar word vermoed dat ’n mobiele laaiplek – wat met ’n voertuig gesleep word – gebruik is om die kalwers op die plaas te laai.

De Jager sê die veediewe is uitgeslape. “Hulle het geweet waar die kalwers is en hulle het geweet hulle sou môre veiling toe gegaan.”

De Jager vertel dat boere in die omgewing gereeld onder veediefstal deurloop.

“Dit is ’n geweldige uitdaging. Jy stel jou begroting op. Jy het jou uitgawes en jy beraam hoeveel jy kan verkoop om jou verpligtinge na te kom…”

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die polisie ondersoek ’n saak van veediefstal.

Enige inligting rakende die gesteelde kalwers kan by Lourens de Jager by 083 285 2585 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Ons so maak ouer people nes hulle wil hulle is mos n beskermde spesie

Kokerboom

Opsporingselektronika blyk nou die enigste oplossing te wees(“chips”) maar teen watter koste?
Dki ANC vir vernietiging van landbousektor

George

Duidelik soos daglig, inside info.

Miskruier

Inside job

Persheks Adri

Hel dis baie skade! Beslis iemand wat vir die boer werk dis al wie gewoonlik weet wat aangaan die gemors