Beloning ná gruvonds langs stadion

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Limpopo bied ʼn beloning van tot R50 000 aan vir inligting wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die verdagtes kan lei wat verantwoordelik was vir die moord op ʼn staatsamptenaar wie se liggaam Dinsdagaand langs die Peter Mokaba-stadion in Polokwane afgelaai is.

“Die oorledene is geïdentifiseer as die 48-jarige Marks Rambau, adjunkdirekteur in Limpopo se departement van vervoer,” sê brig. Motlafela Mojapelo. “Hy kom van Ha-Masia in die distrik Vhembe en het [ten tyde van sy dood] in Ivy Park in Polokwane gewoon.”

Mojapelo sê Rambau se liggaam is afgelaai en aan die brand gesteek deur wat gelyk het na twee mense wat met ʼn blou Volkswagen Polo gery het. Die polisie het op sy deels verkoolde oorskot afgekom kort nadat ʼn veiligheidswag, wat aan diens was in die munisipale kantoor langs die stadion, hulle van die vonds in kennis gestel het.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

Enigeen met inligting word gevra om kapt. Sekhwela by 072 717 8344 of kapt. Ntini by 073 149 0140 te bel. So nie kan Stop Misdaad by 08600 10111 gebel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

PJ ·

Sover ek weet is daar n ondersoek in dai departement .Miskien het hy te veel geweet?

Hennie ·

Ek het nie inligting nie, maar hier is ‘n tip: Dis nie ‘n blanke persoon wat julle soek nie. Hoop dit help!

In diepte ·

Gedurig, blank wit, swart pers, groen. Wat gaan aan met julle. Almal se bloed is rooi. Julle is so voorspelbaar. In God se oë is almal sy kinders. Kan nie glo dat daar steeds na velkleur gekyk word nie. Grow up

Lynette ·

Hy is blykbaar deur n veiligheidswag gevind reeds half verkoop. Nou will ek weet, wie het gesien dat hy aan brand gesteek is deur mense wat in n blou VW Polo gery jet, en hoekom het hulle nie die polisie onmiddelik gebel nie??

Mitzi Kellerman ·

‘n Menselewe is nie meer’ n duit werd in SA nie. Hoe kan mens moor en dan nog snags lekker slaap? Mense het so gewetenloos geword omdat hulle nie meer God in hul lewens het nie. Ons as Christene moet saamstaan en bid dat hulle siele na Jesus gelei word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.