Beloning ná kunswerke tydens kaping verdwyn

Een van die kunswerke wat tydens die kaping gebuit is (Foto: SAPS)

ʼn Beloning van R10 000 is uitgeloof vir enige inligting rakende kunswerke wat verlede maand tydens ʼn kaping in die ooste van Pretoria gebuit is.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die Lyttelton-polisie, sê die kaping het op 15 April omstreeks 11:30 langs die N1-snelweg naby die Solomon Mahlangu-brug in Pretoria plaasgevind.

Daar was kunswerke van bekende kunstenaars – onder wie WH Coetzer, Ignatius Marx, Helene Kapp, Margaret Gradwell en Gerhard Smit – in die gekaapte voertuig. Die motor was van ʼn kunsveiling onderweg na ʼn kunsgalery waar die werk uitgestal sou word.

Miller sê die motor is na die kaping teruggevind, maar die skilderye was spoorloos.

Die betrokke partye bied nou ’n beloning van R10 000 vir inligting om die vermeende diewe op te spoor en die kunswerke terug te vind.

  • Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, kapt. Strijdom, by 082 419 9737 bel

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
FM

Dis onberekenbare skade.

‘n Skildery het jare gelede by Menlyn in ‘n ontvangs lokaal so verdwyn. Onvervangbaar

Magda G

Seker weer op swartmark verkoop. Hoe het die kapers vd skilderye in die voertuig geweet. Wonder maar net

Nico

Die kaping het die 15de April plaas gevind, sal die skulderye gevind word, dalk al klaar in die buiteland en verkoop op die swart mark.