Beloning ná metropolisieman se skietdood

Argieffoto

Die 47-jarige beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) wat Dinsdag in die vroeë oggendure geskiet is toe hy die slagoffer van ʼn kaping probeer help het, het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het Dinsdag gesê die voorval het omstreeks 04:45 in Old Trueweg in Booysens plaasgevind.

“Die beampte was alleen in daardie stadium en het tussenbeide probeer tree toe ʼn minibustaxi gekaap is. Die verdagtes het sowat vyf keer op die beampte geskiet en een koeël het hom teen die kant van sy kop getref,” het Minnaar gesê.

Maroela Media het vroeër berig die beampte is na die Milpark-hospitaal gehaas vir mediese behandeling. Hy is Woensdag om 03:00 dood verklaar.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. David Tembe, hoof van die JMPD, het die skietery streng veroordeel en gesê alle pogings sal aangewend word om die verdagtes aan te keer. Die beampte is as D.A. Ratshikhopha geïdentifiseer.

Intussen het Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir enige inligting wat tot die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van die verdagtes wat in die skietery betrokke was kan lei.

Enigiemand wat die metropolisie met hul ondersoek kan bystaan, kan Tembe by 074 534 9883 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Linda Gouws ·

Dié optrede is heeltemal onaanvaarbaar en ek bid dat die moordenaar/s gou vasgetrek word. Sterkte aan die beampte se familie, kollegas en vriende.

Vra Net ·

Hoekom dra ons polisie en beamptes ook nie helmet soos oorsee nie. Ek weet koelvaste baadjies en helmette is ongemaklik en warm maar as jou dit jou lewe kan red is dit die beste.
Sterkte aan sy familie so onnodig gewees.

Maggie ·

So jammer om te hoor hy is oorlede en dit net omdat hy wou help.Sterkte aan die familie in di hartseer tyd.Hy het as n held gesterf

Stefan ·

Hoekom word daar ook nie belonings uitgeloof om plaas aanvallers vas te trek nie?
Vra maar net.

Piet Pompies ·

Geen persoon hoef te sterf gedurende die uitvoering van sy pligte.

Pop ·

Stefan, omdat Herman Mashaba dit uitloof. Nie die regering nie. Enigeen is welkom om belonings uit te loof om kriminele uit te rook. So kom nou Stefan. Hoeveel wil jy in die pot sit.

GM ·

@Pop, het die burgermeester sy salarisgeld gebruik vir die beloning? Indien wel, awesome mens. Indien nie, kom dit indirek van belastinggeld. Dus is Stefan se vraag geldig. Hoekom kan daar miljoene aan staatsredes en partytjies spandeer word, maar niks word omtrent plaasaanvalle gedoen nie? Hulle sou baie misdadigers kon vastrek as hul meer belonings aangebied het.

GM ·

Dis vreeslik hartseer dat iemand wat goed probeer doen het moet sterf, en die misdadigers loop vry rond. En hoekom nie sulke belonings aanbied om misdadigers vas te trek wat boere vermoor nie? Of verkragters en pedofiele?

Meegevoel ·

Sterkte aan sy geliefdes so onnodig. Stem saam met “vra net”, helmit moet opgesit word wanneer dienaar gevaarlike wettig-en Ónwettige burgers, wil nader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.