Beloning om moordsaak op te los

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie het ʼn beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die skuldiges wat in 2009 ʼn man van Pretoria vermoor en sy liggaam aan die brand probeer steek het.

Lt.genl. Solomon Makgale, Gautengse polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die man, Adonis Elphus Motha (46), het op 3 Junie 2009 verdwyn en is die dag daarna as vermis by die Akasia-polisiestasie aangemeld.

“Toe hy sy huis op die dag van sy verdwyning verlaat het, het hy vir sy vrou gesê hy gaan ʼn vriend in Soshanguve, noord van Pretoria, besoek,” het Makgale gesê.

Motha se liggaam is op 5 Junie in ʼn veld langs Skietfonteinweg in GaRankuwa opgespoor. Hy het verskeie steekwonde aan sy bors gehad en sy klere was gedeeltelik verbrand in ʼn mislukte poging om sy liggaam te verbrand.

Verdere ondersoek het bepaal dat Motha op ʼn ander plek vermoor is, waarna sy liggaam in die veld gestort is. Die veld is aan die brand gesteek in ʼn poging om bewysstukke te vernietig.

Sy motor is later verlate in Arcadia net buite die middestad opgespoor.

“Motha het voor sy dood vir Eskom gewerk. Niemand is nog in verband met sy moord in hegtenis geneem nie en die moorddossier is aan die nasionale ondersoekeenheid vir verdere ondersoek oorhandig,” het Makgale bygevoeg.

Die beloning is beskikbaar gestel vir enigiemand wat die polisie kan bystaan met die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die skuldiges. Mense met inligting kan die ondersoekbeampte, lt. Malesela Sema, bel by 079 691 4022.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Tragiese gebeurtenis, Verstaan nie die beloning van R50000 nie aangesien die sabc manne geroof is op kamera en dit was R100000, Hoe en deur wie word dit bepaal?

anna ·

Sal ons ooit antw op al ons vrae kry? Wat van al die plaas moorde?

Jan ·

Hoekom word daar belonings aangebied net vir “sekere” misdade. As daar belonings op alle misdaad aangebied word, hoort daar mos baie meer inhegtenisnemings tewees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.