Beloning twee jaar na skokmoord uitgeloof

Matthew en Karen Turner. (Foto: Facebook)

’n Beloning van R100 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die verdagte(s) wat verantwoordelik is vir die moord op ’n swanger vrou.

Karen Turner (33) is op 17 September 2019 dood en haar man, Matthew, is ernstig beseer nadat hulle in die Hluleka-natuurreservaat in die Oos-Kaap in hul chalet aangeval is.

Destyds is beweer dat twee aanvallers die Turners se chalet in die reservaat omstreeks middernag binnegekom en hulle met skerp voorwerpe aangeval het. Matthew het die aanvallers glo probeer verwilder selfs nadat die paartjie aangeval is. Die aanvallers het met leë hande gevlug.

Karen was drie maande swanger tydens die aanval en het die dag voor die moord haar 33ste verjaardag gevier. Die egpaar se seuntjie, toe 23 maande oud, het ongedeerd van die aanval afgekom.

“Die ondersoekspan het getuienis ingesamel en verklarings van alle getuies afgeneem oor die gebeure wat die aand plaasgevind het, maar pogings om die verdagtes op te spoor, het nog geen positiewe resultate opgelewer nie,” het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

“Dit is om die rede dat ’n kontantbeloning aangebied word aan enige persoon wat inligting kan verskaf wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die verdagtes kan lei.”

Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Ntsikelelo Sambudla, by 082 442 0615 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

Die egpaar en hul seuntjie sou ʼn paar dae in die reservaat deurbring, voordat hulle verder sou reis na ʼn troue die naweek. Matthew is ʼn suiwelboer en Karen was ʼn onderwyseres by ʼn laerskool in Underberg, KwaZulu-Natal.

Die moord het destyds skokgolwe deur die land gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blikkies

Ek hoop hierdie beloning word wyd en suid gepubliseer en vertolk in die Oos Kaap en informele areas in die omgewing, ek twyfel of die plaaslike bevolking in daardie areas eers weet van hoofstroom media?

Linx

NES destyds,klink hierie storie nog netso snaaks&verdag.

Sarel

Word daar rehtig gesoek???? Aanvallers in.
NatuurcReservaat ksn nie net verdwyn nie

Diline

Sjoe, hoop regtig iemand kom na vore en hierdie misdadigers word gevang. So tragies, hele familie se lewens is verwoes agv hartelose kriminele wat nou nog op vrye voet is.

Swerwer

Dit is en bly verskriklik. Hoe op aarde kan daar tot vandag geen vordering gemaak geword het nie.
Die Personeel moes tog seker iets gewaar het. Hoe moet daar berusting geskied by die familie.