Beloning uitgeloof drie jaar ná meisie verdwyn

Amahle Michel Thabethe (Foto: SAPD Gauteng)

Die polisie in Gauteng het ʼn beloning van R50 000 uitgeloof vir enige inligting wat kan lei om ʼn vermiste meisie, Amahle Michel Thabethe, op te spoor.

Kol. Dimakatso Sello, woordvoerder van die polisie, sê Thabethe was agt jaar oud toe sy op 6 April 2019 as vermis aangemeld is by die Tsakane-polisiestasie.

“Sy het saam met ander kinders in die straat gespeel toe ʼn onbekende man hulle genader het. Hy het aanwysings na ʼn sekere huis gevra. Thabethe het aangebied om vir die man te wys waar die huis geleë is en dit is die laaste keer wat sy gesien is.”

Sy het ʼn blou en wit T-hemp en ʼn swart denim met hartjies op die sakke, aangehad.

ʼn Taakspan is intussen aangestel om ondersoek in te stel en enige leidrade op te volg. “Enigiemand met inligting oor Thabethe of die onbekende man word versoek om sers. Theo Jacobs te kontak by 082 319 9865 of 081 442 4258.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swerwer ·

Sò sò harsteer. Hoekom na 3 jaar eers? Die onsekerheid vreet aan die ouers en hoe gaan jy met jou lewe aan teryl jy weet jou kind is iewers daar buite in hierdie wrede samelewing. My hart gaan uit na die ouers.

BARNEY ·

Na so lang tyd eers. Wat wil hulle nou uitvind, sy is of lankal weg of lankal dood. Maar ons moet hoop dat ek verkeerd is en dat iemand wat iets weet sal uitkom en dat sy nog ongedeerd lewe.
“Human trafficking” is n groot werklikheid in ons land, en gewoonlik is die slagoffers binne n baie kort tyd weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.